Ek wil!

Ek’s vandag so jeukerig om iets te doen. Iets lekker. Iets thrilling. Iets exciting. Ek het geen idee wat die iets is nie en ek twyfel of ek vandag enige iets gaan doen, om nie eens te praat van “die iets” nie…

Ek wil in my kar klim en ver ry. Ek wil halfpad soontoe van gedagte verander en afdraai. Ek wil iets ontdek. Ek wil cocktails drink op ‘n tropiese eiland waarvan niemand die naam ken nie. Ek wil al die antwoorde ken. Ek wil 24 uur sonskyn hê. Ek wil ‘n ysbeer sien. Ek wil ‘n nuwe liedjie hoor. Ek wil ‘n balrok dra. Ek wil ‘n Oscar wen. Ek wil weer 19 wees. Ek wil hare soos ‘n Pantene model hê. Ek wil ‘n heldin in ‘n roman wees.

Ek wil nie die skottelgoedwasser uitpak nie. Ek wil nie die bed opmaak nie. Ek wil nie in die reën stap nie. Ek wil nie lysies afmerk nie. Ek wil nie altyd droom nie.

Ek wil meer doen.

Advertisements

9 thoughts on “Ek wil!

  1. sonkind Maart 10, 2008 / 8:31 nm

    Ek sal jou join vir die ysbeer sien en dan gaan cocktails drink op die tropiese eiland!

  2. mykopop Maart 10, 2008 / 9:08 nm

    Eh eh wat van die skottelgoedwasser en die bed opmaak? Ek dog jy sê jy WIL? Nee ek was liewer die potte en panne as om die skottelgoedwasser uit te pak, dis meer breinloos en ek hou van droom.

  3. hanlie Maart 10, 2008 / 10:19 nm

    Ek noem dit ‘n Aspoesterdag. Ek’s met jou!

  4. Da Mario Maart 11, 2008 / 6:26 vm

    Wat van nuwe resepte probeer? Of ysskaats? Of uitkyk na haastige mense wat skarrel in die reën terwyl jy vanuit ‘n koffieshop vir hulle loer?
    Ek kry ook soms daardie gevoel… dissie lekke nie.

  5. Dellie Maart 11, 2008 / 3:49 nm

    Ek wil ook hare hê soos ‘n Pantene model. Tog snaaks dat mens nie dames met sulke mooi hare in die strate sien nie?

  6. rosalindfranklin Maart 11, 2008 / 8:44 nm

    Ek wil ook ‘n ysbeer sien. Ek wil my droom kan opneem soos in ‘n video en dit weer kan speel of dit vir my geliefde speel.

  7. boendoe Maart 12, 2008 / 7:56 vm

    Ek sal dit ook laaik om ‘n Oscar te wen!

  8. René Maart 12, 2008 / 10:10 vm

    Ek wil cocktails drink op ‘n tropiese eiland…!!

  9. vygie Maart 12, 2008 / 11:00 vm

    O ja, al die bogenoemde! En ‘n rit deur die Karoo met ‘n vinnige kar en geen spietkops nie wanneer die son ondergaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s