Die tag!

tag.jpg

Dankie Soldaat vir die tag (not!)

My rekenaarkennis is baie gebrekkig, ek doen omtrent niks behalwe blog en email lees nie, en die lys programme wys dit!

Ek geniet Gimp vir foto speletjies, maar dis ‘n love/hate verhouding en ek oefen nie genoeg nie, maar raak stadig maar seker beter en kry elke keer meer reg met minder gevloek.

Die command prompt is Liefie s’n. Ek raak nooit aan sy rekenaar nie, maar ek kan nie dieselfde van hom sê nie…

Ek doen so min met my Sweedse rekenaar dat ek nie eers Office geïnstalleer het nie en gaan heel goed aan met die Vista Wordprocessor.

Ek het ‘n tablet pc en moet nog “train” om die pen te gebruik, maar dis ‘n jaar later en ek het nog nie juis probeer nie. Ek weet ek moet, maar ek skryf blykbaar so lelik dat die ding nie my handskrif wil herken nie!

GoogleTalk om met my sussie te chat en Media Player vir my musiek.

Niks aardskuddend nie (ek hoor al die rekenaar freaks sug – what a waste!)

Ek gaan niemand tag nie, maar as iemand rêrig wil – DO IT!

Advertisements

4 thoughts on “Die tag!

  1. rosalindfranklin Maart 10, 2008 / 8:36 nm

    Ek is beindruk. Het nou die dag eers gehoor van Gimp. Ek hoor hulle sug oor my…

  2. mykopop Maart 10, 2008 / 8:36 nm

    Ek hou daarvan om die woord “Oopkopkode” te gebruik vir “Open Source”, want “Oop bronkode programatuur” klink nie vir my lekker nie. Dis nou goed soos Gimp. Ek het nog net so een of twee daarvan op my blog beskryf, miskien moet ek weer so ‘n plan maak.

  3. Da Mario Maart 11, 2008 / 6:21 vm

    Mens kan rekenaars vir iets anders as e-mail en blog gebruik? 😯

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s