Ek weet nie hoe nie

Ek het my lewe in Suid-Afrika gevries, my kar verkoop, huurders vir die huise gekry, my werk gelos en ‘n “free-fall” Stockholm toe geneem. Ek was vrek bang. Ek was ook vrek opgewonde. Ek het nie geweet wat ek doen nie, ek wou nie dink aan wat ek doen nie, het net geglo alles sal okay wees. Alles was okay. Ek en Liefie het onsself oortref. Ons het beter gedoen as net gecope.

In Julie sê ons totsiens.

My lewe in Suid-Afrika gaan weer moet ontvries, die huurder gaan uitgeskop word, ek gaan weer moet werk en ‘n kar moet koop. Ek is vrek bang. Ek is so opgewonde. Ek weet nie hoe ek dit gaan doen nie, ek dink konstant aan wat moet gebeur.

My lewe hier in Swede was veilig, knus, heel voorspelbaar. Ek het gewoond geraak daaraan. Stockholm is piepklein teenoor Johannesburg. Die mense is kalm en straal nie ‘n energie van woede uit nie. Ek het nooit bestuur nie, want ons het nie ‘n kar gekoop nie. Ek was emosioneel net verantwoordelik vir my en Liefie. Familie/vriende/werks- dramas het ver afgespeel. Ek was net ‘n toeskouer. Dit is vir my lekker. Die internet is vinnig en goedkoop, daar’s altyd krag. Ek is veiliger as veilig. Ek loop in die aande rond sonder om te dink. Dis vir my lekker.

Hoe gaan ek terug na die stad waar ek my hele lewe nog bly en trek weer my pantserpak teen die lewe aan noudat ek weet hoe dit voel om daarsonder te leef?

Ek is bang.

Advertisements

34 thoughts on “Ek weet nie hoe nie

  1. Da Mario Maart 6, 2008 / 12:22 nm

    Wel, ek dink soos jy leer cope het in Stockholm, sal julle ook hier net weer leer cope met die pantserpak.
    Ek wonder egter of julle nie dalk na so jaar of wat dit gaan begin oorweeg om terug te gaan nie…

    Maar mens weet nooit!

  2. maeree Maart 6, 2008 / 2:09 nm

    sjoe. sterkte. (iemand het vir my gesê die kultuurskok terug na jou eie land is soms erger as die kultuurskok in ‘n nuwe land.)

  3. René Maart 6, 2008 / 3:22 nm

    Ek was nou wel net 17 dae in Engeland Jane, so ek kan my nie indink hoe erg dit moet wees om so lank uit jou land te wees en dan terug te kom nie! Maar ek moet jou sê – toe ek darem my voete op Kaapstad Internasionaal sit en die eerste persoon wat ek sien praat Afrikaans, het ek hom amper omhels! Dit was BAIE lekker in Engeland en ek verlang elke dag terug, maar dis baie lekkerder om weer terug tussen bekende mense en jou eie goed te wees! Gelukkig is ons mense ERG aanpasbare gedaantes, so dit sal jou ‘n rukkie vat, maar julle sal weer OK wees!

    Jy het ten minste lekker memories wat niemand van jou kan wegneem nie – en heerlike vooruitsigte van trou ens … so ek dink julle sal OK wees – eventually!

    Sterkte met die voorbereidings…gil maar as ons kan help met iets! 😆

  4. sonkind Maart 6, 2008 / 8:10 nm

    Die mens is die mees aanpasbare wese. Jy sal okay wees. En Augustus gaan ek jou uitneem vir tee! 🙂

  5. Die Gestorwe Soldaat Maart 6, 2008 / 8:15 nm

    NetJane, jou voorsate het kaalvoet oor die Drakenberge getrek! Nie eens Jo’burg sal jou kan onderkry nie!

    En as dit rerig so erg raak is daar altyd die boring Kaap. Of winderige PE. Of vaal ou Bloem. Of die heerlike, kalmerende, natuurskone, rustige Kalahari! 😉

    Either way – you’ll be just fine!

  6. boendoe Maart 7, 2008 / 7:13 vm

    DGS, “vaal ou Bloem”???? 😈

    NetJane, ek kan my indink hoe jy voel. So ruk terug het ek gehoor dat ek weer permanent in SA sal moet bly. Presies dieselfde gedagtes het deur my kop geflits. Dit het gelukkig nie so uitgedraai nie, maar vir ‘n dag lank het ek net getjank! Dis nie dat ek nie lief vir SA is nie. Dit is my land en ek is lief vir hom. Maar…dis moeilik om jou kop so ver te kry om daai pantserpakkie weer aan te trek.
    Sterkte!

  7. duskant Maart 7, 2008 / 8:44 vm

    Ek sal ook bydra vir daardie dop!
    NetJane, vat hom dag vir dag…en jy gaan sien hoe die geure van Afrika (en nou praat ek nie noodwendig van leeumis nie 😉 ), die klanke en die kleure weer onder jou vel inkruip…soos vanoggend toe ek werk toe ry en ek sien drie swart vrouens pap maak en mielies braai op die sypaadjie, ek ruik die meel en ek hoor hulle uitbundige gelag…daar is net een plek soos Suid-Afika. Dit gaan nie noodwendig maklik wees nie, maar Afrika is altyd ‘n avontuur…hoe dit ookal sy!

    Sterkte, groete en baie welkom terug!

  8. René Maart 7, 2008 / 8:51 vm

    Die Kaap mag dalk volgens Soldier se opinie boring wees … maar ons het die oulikste en interessantste krap-winkeltjies in die land! Jy is klaar genooi … of moet ek ‘n formele uitnodiging stuur?

  9. KruidjieRoerMyNie Maart 7, 2008 / 10:09 vm

    Jane, sterkte met die terug kom en mag die ‘trek’ vlot verloop.

    DGS, as die Kaap boring is, wil ek nie hoe jolig is dit in Gauteng nie. 😀

  10. Da Mario Maart 7, 2008 / 10:46 vm

    Ek dink die Kaap het vreeslike mooi girls. Gelukkig kom netjane Gauteng toe om dinge effe te balanseer. 😀

  11. netjane Maart 7, 2008 / 10:49 vm

    Dankie vir die mooi wense en “pep talk”. Ek is maar net ‘n mens wat BAIE van routine hou en nie daarvan hou as goed verander nie!

    Julle manne wat so lekker doppe aanbied – I’m there! (Stock solank op op die Vodka, lime & Lemonade – en ek drink nie die goedkoop goed nie!) 😈

    René vir krapwinkels is ek ook altyd daar! Geen formele uitnodiging verlang nie.

    Duskant Ek hoor wat jy sê oor Afrika, ek’s heel moeg vir Stockholm se “homogeneous society”. En welkom by die blog!

    Sonkind Tee is op my.

  12. netjane Maart 7, 2008 / 10:51 vm

    Smooth DM smooth! Sien jy’t weer g’n tekort aan botter vandag nie. Maak jy litte los vir die naweek?

  13. Die Gestorwe Soldaat Maart 7, 2008 / 12:30 nm

    Vodka, lime en lemonade… Gmpf! Afrika is nie vir sissies nie, NetJane! Jy was regtig télank weg!

  14. Die Gestorwe Soldaat Maart 7, 2008 / 12:30 nm

    Vodka, lime en lemonade… Gmpf! Afrika is nie vir sissies nie, NetJane! Jy was regtig té lank weg!

  15. netjane Maart 7, 2008 / 12:34 nm

    So, Soldaat , wat is volgens jou ‘n geskikte drankie? Hou ingedagte die tipe meisie wat ek is. 😉

  16. Die Gestorwe Soldaat Maart 7, 2008 / 3:40 nm

    Jy lyk vir my na ‘n whiskey-meisie, NetJane! Puntenerig, weet-wat-jy-wil-hê, stylvol, ietwat vol bollie… Maar wat sal dit help ek sit en beskryf jou?! Wat dink JY?

  17. netjane Maart 7, 2008 / 3:50 nm

    Inspekteur Snuffels jy oortref jouself met my beskrywing.

    /me impressed!

    Ek is egter ‘n vodka girl (ek klou nog vas aan my jeug), maar as jy aandring op die whiskey en dis laat in die aand dan leer ek vir jou die prokureur se shot – die aktetas.

  18. Da Mario Maart 7, 2008 / 3:59 nm

    Nou wat is ‘n Aktetas?
    …en hoekom nie eerder ‘n “Dagvaarding” nie? 😆

  19. Da Mario Maart 7, 2008 / 4:01 nm

    En so by the way… ek dog jy is net doodeenvoudig ‘n “plat-op-die-aarde-moerse-nice-girl”… 😀

  20. netjane Maart 7, 2008 / 4:02 nm

    DM die dagvaarding is in die aktetas. Duh! 🙄

  21. netjane Maart 7, 2008 / 4:04 nm

    DM ek is al daai goed ook. Kompleks, baie lae, soos ‘n ui. (Maar ek laat nie mense huil nie).

  22. Da Mario Maart 7, 2008 / 4:04 nm

    Hehehehe… natuurlik!! Hoe kon ek vergeet! 😆

  23. Da Mario Maart 7, 2008 / 4:05 nm

    Vat jy nou daai “laat jy mense so huil ook”-tjirp uit my seile uit…. :mrgreen:

  24. netjane Maart 7, 2008 / 4:08 nm

    Ek’s nog op en wakker, al is dit Vrydagmiddag. 🙂

  25. Die Gestorwe Soldaat Maart 7, 2008 / 7:10 nm

    Nee maar dis reg, NetJane! Ek was nog nooit bang vir shooters drink nie!

    BTW – Inspekteur Snuffels is blykbaar ‘n kick-ass goeie sielkundige! 😉

  26. sonkind Maart 7, 2008 / 8:43 nm

    Nee wat NetJane, na dese klink tee maar vir my te flou. Ek sê jou wat – ek stick jou vir Tequila!!! Viva!

  27. mykopop Maart 7, 2008 / 9:17 nm

    Dis nes die Royal Hotel: Dis lekker, dis lekker dis tog te lekker hier, musiek op die draadloos en skuim op my bier!”. Ek is seker dit sal OK wees.

  28. Sommergoed Maart 8, 2008 / 6:11 nm

    Ai man sussie dis erg die terugkom, die aanpas, die alles maar glo my dit is tog lekker om weer jou voete op eie bodem te sit. Ek lag lekker oor die beskrywings. Jammer ek was bietjie laat want wie ken jou beter as jou sussie!

  29. Jasper Maart 9, 2008 / 6:32 vm

    Dink net…

    Nou kan jy in die winter ook son sien 😉

  30. Da Mario Maart 10, 2008 / 6:26 vm

    So van die os op die jas…

    Ek sit nou net en dink. Netjane, dink jy dalk dat DGS bedoel jy is effe skeef as hy jou Netjane noem en oorgewig as hy jou Netjane noem??
    Of is ek nou sommer aspris?! :mrgreen:

    Waarheen sal politieke korrektheid ons tog neem? Whahahaha!!! 😆

  31. Die Gestorwe Soldaat Maart 10, 2008 / 8:09 vm

    ..O hel – daar’s nog ‘n sussie ook…

    Da Mario, dis aansienlik beter as NetJane! :LOL:

  32. netjane Maart 10, 2008 / 10:23 vm

    Ag DM , ten minste weet ek DGS gee nog om as hy homself nog besig hou met troetelnaampies vir my. 😀

    Ek dink ek moet weer bietjie blog om julle twee manne iets anders te gee om oor te comment!

    En ja, DGS daar is ‘n sussie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s