Is dit te veel om te vra?

Ek het vanoggend aan die verkeerde kant van te veel wyn gisteraand wakker geword. Ons was uit vir ete en dit was een van daai etes waar die wyn wat by elke dis pas vir jou gegee word. Ek drink gewoonlik niks nie, so die mengsel wyne gisteraand wat met sjampagne begin het was nie goed vir my nie. Ek het besef hoe sleg dit vir my was toe ek vanoggend my face-wash op my tandeborsel gesit het in plaas van tandepasta. Gelukkig het ek dit agtergekom voor ek my tande begin borsel het.

Ek begin nou al beter voel na ‘n koppie tee, ‘n marmite broodjie en ‘n paar van my soetkoekies, maar al wat ek eintlik vandag wil hê is ‘n Steers burger. Ek kan Burger King toe gaan vir een van hulle Angus meals, maar dis net nie dieselfde nie. Die groot probleem, behalwe nou dat dit nie regtig Steers is nie, is dat ek soontoe sal moet loop, of ten minste die trein vat (waaroor ek sal sleg voel, want dis eintlik naby). Ek wil in my kar klim en deur die Steers drive-through op Beyers Naudé ry sonder om ooit my pantoffels – selfs my pyjamas – uit te trek. Die tweede probleem is dat dit vandag ‘n goeie -7 hier is. Die son skyn helder en daar’s nie ‘n wolkie in die lug nie. Dis op sulke dae dat dit vieslik koud is.

Hoe bly is ek vandag ek hoef nie te gaan werk nie.

Advertisements

38 thoughts on “Is dit te veel om te vra?

  1. boendoe Maart 4, 2008 / 12:57 nm

    Dis die ergste, ne? Lus vir iets wat mens net by die huis kry. Ons was eendag in Luanda en het besluit om ‘n burger te gaan koop. Vra die drywer om ons na ‘n geskikte plek te neem. Ons het omtrent agteroor flikflakke gedoen toe hy voor die Wimpy stop! Nooit geweet daar is een in Luanda nie. Maar sterkte daar. Onthou, ‘n Steers burger is in any case very overrated! 😛

  2. Da Mario Maart 4, 2008 / 1:55 nm

    -7? Dit behoort teen die Wet te wees.

    So die Steers drive-thru in Beyers Naude het jou al in pantoffels en pajamas gesien? 😯
    Kan interessant wees in ons weer…. 😉

  3. TristonJ Maart 4, 2008 / 1:58 nm

    😆 Shoe ek kan seker een vir jou courier maar ek dink hy sal al mold op hê teen de tyd jy hom kry 😉

  4. netjane Maart 4, 2008 / 1:59 nm

    Jy sal hulle maar moet vra vir die sekuriteitskameras se bande

  5. netjane Maart 4, 2008 / 2:01 nm

    Dankie Triston – moet vir jou sê, hier in Swede het ek nog nooit muf gesien nie, nie ‘n mier wat kom vir ‘n bietjie suiker of ‘n druppel water wat bly lê het nie, nie ‘n spinnekop nie, niks nie. Eintlik half boring!

  6. Da Mario Maart 4, 2008 / 8:22 nm

    Toemaar, al daai insekte sit hier op die plot en giggel hulleself morsdood vir julle wat julle asses so afvries.
    En nee, dis seker nie te veel gevra om ‘n Steers burgertjie te kry nie. Ek geniet hulle so by the way ook baie met tye. Maar ek is bly jy kan jouself darem so af en toe van die koekies wegskeur om darem te dink aan iets anders eet ook… netou charge hulle jou vir twee seats oppad terug SA toe! 😆

  7. mykopop Maart 4, 2008 / 8:55 nm

    Ja, ek weet dit swaar, maar as ek op enige dag nie hoef te gaan werk nie, vra ek nie veel meer nie!

  8. gertgariep Maart 4, 2008 / 10:20 nm

    Klink asof jy babbelas het. Ek dink nie ‘n Steers burger gaan help nie. :mrgreen:

  9. Dellie Maart 5, 2008 / 8:48 vm

    Voel jy al beter vandag? Gelukkig was dit nie nodig vir jou om te gaan werk nie, dis aaklig om te probeer konsentreer as mens soos ou toast voel!

    Maar nou het jy MY lus vir ‘n Steers burger – het hoeka nie vanmore ontbyt gehad nie… sal aan jou dink as ek dit eet! 😉

  10. boendoe Maart 5, 2008 / 9:35 vm

    Haai, Dellie, dis wreed! 😀

  11. René Maart 5, 2008 / 9:35 vm

    /me gee vir Jane ‘n rots aan…!

  12. Die Gestorwe Soldaat Maart 5, 2008 / 10:47 vm

    Da Mario, die vliegtuig kan dalk ‘n probleem raak! Hehe! Maar hier op die blogs behoort dit makliker te wees. Van NetJane na VetJane is nie breinchirurgie nie… 😉

    Nog ‘n happie vir jou, Jane? 😆

  13. DGS Maart 5, 2008 / 11:00 vm

    Dis hoeka Wacky Wednesday, Jane! Wil jy roomys ook hê?

  14. johannes coetzee Maart 5, 2008 / 11:05 vm

    21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 …. 5 maande van hel op aarde!!!

    (Openb 9:5) En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

    (Openb 9:6) En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

    (Openb 16:17) En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

    (Openb 16:18) En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.

  15. netjane Maart 5, 2008 / 11:19 vm

    SOLDAAT!!

    “Van NetJane na VetJane is nie breinchirurgie nie”

    Dis ‘n baie verskriklike ding om te sê!! Het DM nou weer uitgepraat oor die Facebook fotos?

    Ag nee man DM

    Maatjies sê nie sulke goed vir mekaar nie! 😦

  16. Da Mario Maart 5, 2008 / 12:46 nm

    netjane…
    Ek het nie ‘n woord gepraat van jou met enige iemand nie!
    Net bietjie met jou gespot oor jou selfverklaarde liefde vir koekies… hoekom?? Sit die jeans deesdae bietjie stywer… 😆

  17. netjane Maart 5, 2008 / 12:51 nm

    DM Ek gaan in April bietjie huis toe om troureëlings te tref, ek is seker iemand sal baie vinnig vir my sê as hulle dink ek het dik geraak, self kom mens dit mos nie altyd agter nie…

  18. René Maart 5, 2008 / 1:04 nm

    Janey, kan ek vir jou twee rotse gee – een vir Da Mario en een vir Soldaat! Moer hulle!!!

  19. René Maart 5, 2008 / 1:06 nm

    Ten minste het ons net drie jaar van die Profeet se comments oor…! Halleluja!!! 🙄

  20. Da Mario Maart 5, 2008 / 1:12 nm

    Kan ek jou stick vir ‘n Steers-burger?
    Sonder grappies en nagklere nou….

  21. Da Mario Maart 5, 2008 / 1:15 nm

    Johannes…
    Het jy in die koerant gesien hulle reken Moses was moontlik gerook toe hy gedink het hy kry die 10 gebooie?

  22. netjane Maart 5, 2008 / 1:19 nm

    René Dankie vir die klippe, maar gelukkig is ek gewoond aan my broer en sy k@k, hierdie twee kan niks uitdink wat ek nie al lankal gehoor het nie.

    DM Met die dat julle dink ek eet so vreeslik baie, is jy seker jy sal dit kan bekostig?
    En asseblief, moenie met Johannes hier op my site begin praatjies maak nie, maar soos René sê, darem nog net 3 jaar oor!

  23. René Maart 5, 2008 / 1:26 nm

    I know what you mean sister … ek het vyf terg-lustige boeta’s en mens leer die tipe van aanvalle mooi hanteer né? Meeste van die tyd bid ek maar vir geduld in plaas van krag, want as ek krag moes kry …. !

    Gelukkig ken ons die “terrible two” ook al goed né? Ek het net ‘n plan B verskaf! :mrgreen:

  24. Da Mario Maart 5, 2008 / 1:38 nm

    netjane…
    Dis net ‘n burger en chips, maar as jy nie wil nie is dit fine, ek sal verstaan.

  25. netjane Maart 5, 2008 / 1:42 nm

    Sal ek dit nou in my hart kan kry om nee te sê vir jou DM? 😉

  26. DGS Maart 5, 2008 / 3:13 nm

    Toe jy gesê het “sonder grappies en nagklere” – wat het jy bedoel sy moet aanhê, Da Mario? 😆

    …ek wil foto’s sien van hierdie date…

  27. TristonJ Maart 5, 2008 / 3:20 nm

    Soldaatman ek wil nou self ook weet!?!

    NetJane as hy jou hel gee, ek is naby genoeg om n paar klappe uit te kan deel… infact dink ek ek sal dit sommer net doen vir die plesier daar van! 😈

  28. René Maart 5, 2008 / 3:47 nm

    TJ, Da is te smooth om ‘n girl hel te gee op ‘n date, selfs al is dit net ‘n “no-strings-(lees nagklere)-Hamburger-by-Steers-date!!

    By the way Jane, jou tong sleep seker al teen die tyd op die grond van die lus vir daai Steers Hamburger?

  29. Da Mario Maart 5, 2008 / 4:34 nm

    Whahaha!! 😆

    DGS…
    As die foto’s nie ‘n 21SNVL-rating het nie, is ek seker sal Jane hulle plaas… 😉

    TJ…
    As ek vir krieketballe kan koes dink ek kan ek koes vir so paar goed gemikte klappe ook! Ek hoop…. 😯

    René…
    Jy is SO doodreg! Ek gee nie girls hel op of veral na ‘n date nie. Daar is soveel beter dinge om hulle te gee!!

    (Giggel, giggel, giggel….)

    Net ‘n grappie NetJane, net ‘n grappie!! 😆

  30. TristonJ Maart 5, 2008 / 5:32 nm

    oooo nee DM hou daai smoothness vir vanaand dan gaan ek groot pret he^ 😉

    ek het nie nodig om te klap as ek eerder kan krap… 😈

  31. Die Gestorwe Soldaat Maart 5, 2008 / 6:38 nm

    Vir ‘n oomblik het ek gedink daai rating is ‘n broek- of rok-size… Stupid me… 😉

    Nou toe, NetJane, gee vir ons almal ‘n link na jou profiel toe daar op BakkiesBoek – ek kan die suspense nie meer verdra nie!

    …en skielik lyk NetJane en vet letters ook nie meer polities korrek nie…

  32. Da Mario Maart 6, 2008 / 6:05 vm

    …en dan dink sy ons twee narre kan niks uitdink wat sy nog nie gehoor het nie… 😀

  33. netjane Maart 6, 2008 / 10:52 vm

    Ek het julle twee saam duidelik onderkat. Sal nie weer gebeur nie!! 😉

  34. johannes coetzee Maart 7, 2008 / 10:16 vm

    Vergeet van die panserpak en kry vir jou 5 klippies (teksvers uit die Bybel) en ‘n slingervel. Jy gaan nie al 5 nodig kry nie…!

    Welkom trug.

  35. skoor Maart 11, 2008 / 9:25 vm

    Oe ek het nou lekker gelees aan hierdie inskrywing. Die ergste is dat jy dit weet, die oomblik as jy die tweede glas neem…more gaan bad wees.

    Byt vas, ek sien jy’s binnekort in staat om Steers drive-thru te besoek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s