Daai sagte suiker roepstemmetjies

Ek het ‘n groot swakheid vir koek en koekies. Enige iets soet eintlik. In Engels is daar ‘n mooi woord daarvoor: Confectionary. Ek weet nie of Afrikaans ook so allesomvattende woord het nie.

Ek het gaan inkopies doen by ‘n winkel waar ek nie normaalweg my inkopies doen nie, aangesien ek opsoek was na ‘n skaapboud. In die ry reg langs die gevriesde groentes gewaar ek toe die koekies. Ek was eintlik opsoek na ertjies, maar toe ek daai blink pakkies sien het alle ander denke verdwyn. Nuwe winkel, nuwe koekies. (Die Sweedse supermark sisteem is volgens my vreeslik vreemd en hulle moet nog baie leer van handeldryf). Ek is bly om “internasionale” koekies soos McVities te sien en wil nog ‘n pak chocolate digestives in die mandjie laai toe my oog vashaak op die blik Danish Butter cookies. Toe is die kalf in die put, die koeël deur die kerk en die gort gaar. Ek moet dit hê. Die blik kos minder as wat ‘n brood my sou gekos het. Hoe kan hulle mens so in die versoeking lei deur koekies goedkoper as brood te maak? Ek staan met die blik in my hand en ek weet ek moet dit nie koop nie want dis die tipe blik wat twee lae koekies in het, so as mens die eerste klomp koekies uit hulle papierhouertjies geëet het, haal jy die skeidingslagie waspapier af en dan is daar nog ‘n hele laag koekies. Daai met die stukkies suiker op is my gunsteling. Ek weet ek moenie die blik koop nie, want liefie is glad nie so mal oor soetkoekies soos ek nie wat sal beteken dat ek die hele blik koekies (altwee lae) sal moet oopeet. Let op dat ek die woord moet gebruik, want my ore verstaan koekie-taal. My brein luister as daai koekies eers so begin met hulle suiker roepstemmetjies “jane…”.

Ek het die blik gekoop. Liefie het die blik gesien en net gesê “haai…”, want hy weet ook dat my ore koekie-taal verstaan. Ek dink ek behoort teen Dinsdag die tweede laag te tref. Ek moet nou ophou blog want dis tyd vir ‘n koppie tee. Met ‘n koekie (of twee of drie) natuurlik. Hulle roep my. Ek kan dit nie help nie.

Advertisements

36 thoughts on “Daai sagte suiker roepstemmetjies

  1. BB Maart 3, 2008 / 1:41 nm

    Wee’ jy Jane – ek vrek oor koekies (behalwe gemmer – yuck!!!) Helgard se ma bak doodgewone boere-soet-koekies – hy wil-wil neig na ‘n short bread, maar is tog nie… ek bak ook self ‘n awesome truly traditional short bread – sommer in die oondpan en sny blokkies – ek sal nooit weer eet-sum-mores eet nie – ek bak eerder my eie – ek strooi ook growwe suiker oor en nie versiersuiker nie – dit maak dit net méér whopee! En ek sal eerder koekies as koek eet, maar as daar een ding is wat vir my seker die wonderlikste koffie-ervaring máák is dit petit fours. Jinne, mens!! dit laat jou soos ‘n queen voel – ek hoop hulle serve dit tee-tyd eendag ini hemel!?!?

  2. Da Mario Maart 3, 2008 / 1:45 nm

    Ekself is nou nie juis ‘n groot koekie-eter nie, maar ek kan myself vereenselwig. Toe ek nog getroud was, het ek soms koekies gebak en dan terwyl hulle nog half warm was al begin eet. En nog geëet. En so bietjie later nog.
    Koekies het ‘n baie verleidelike stem, en teen minder as die prys van ‘n brood, wie kan jou verkwalik?? 😀

  3. Dellie Maart 3, 2008 / 1:52 nm

    Ai, so ‘n soetkoekie saam met tee kan mos nie sonde wees nie! 😉 Geniet!

  4. rosalindfranklin Maart 3, 2008 / 2:07 nm

    Ja ek verstaan – dit is baie swaar as die verantwoordelikheid om mens rus om ‘n hele blik koekies alleen op te eet… 🙂

    En die koekies roep mens: “Koop my!” en dan “Eet my asseblief” dat die laaste een weg is. ek weet…

    Ek hoor hoeka nou ‘n koekie roep…hy bly in Woolworths.

  5. Griet Maart 3, 2008 / 9:16 nm

    Raai wat, ek het ‘n groot goue blik chinese koekies in die chinese winkel ontdek. Toe koop ek twee. Een vir nou en een vir jou. Ek kan nie wag vir tee en koekie tyd as jy weer terug is nie.

  6. Zee Maart 3, 2008 / 9:41 nm

    Ek is nou besig met ‘n amper “midnight snack”.
    Lekker koppie soet tee met koekies. Ok, ek het ook nou nou ‘n Niki bar gehad!

  7. mykopop Maart 3, 2008 / 9:49 nm

    Die een keer toe ek in Parys was, het ek ook met ‘n boks koekies uit ‘n supermark teruggekom. Kan nie onthou wat hulle naam was nie, maar dit was lekker!

  8. skoor Maart 4, 2008 / 7:16 vm

    Daai Hollandse wafers, sulke rondes, met die karamel in die middel, wat jy op jou koppie warm tee of koffie neersit, en die karamel sag maak, en die onderste koekie so warm, dis my einde.

    Vandag is Dinsdag. Dit blik sy bodem gesien?

  9. boendoe Maart 4, 2008 / 8:07 vm

    Ek is ook nie ‘n koekie-lover nie, maar my ma maak sulke outydse soetkoekies met REGTE botter. Hmmmm…hemels!

  10. Justine Maart 4, 2008 / 9:05 vm

    My koekies is MY koekies! LOL

  11. Ami Maart 4, 2008 / 9:08 vm

    Justine ek stem! Ek sal daai skelm hand warm piets wat in my blik rond vroetel.

  12. René Maart 4, 2008 / 11:37 vm

    O genade Jane, my mond water nou skoon! Ek hoor ‘n gejuig hier van Pick ‘n Pay se kant af, ek is seker dis die koekies wat my roep!! Hehehe!

    ‘n Vriendin het eenkeer vir my koekies uit Parys gebring en dit was verseker die lekkerste koekies wat ek nog ooit geeet het! Ek moes myself rantsoeneer met slegs een koekie ‘n aand, want ek sal seker nooit weer die voorreg hê om dit te eet nie! In Engeland het Niggie ook ‘n verskeidenheid nuwe erg lekker koekies aan my voorgestel en toe loop ek van dit nou die dag raak in Pick ‘n Pay in Malmesbury!! Ek was so bly ek het amper hard geskree en op en af gespring tussen die rakke! Ek is lief vir soetgoed, maar ek sal my siel vir chips verkoop! 😆

  13. René Maart 4, 2008 / 11:37 vm

    Nee ek jok, ek sal my siel vir Marshmallows verkoop! Verseker!! :mrgreen:

  14. Da Mario Maart 4, 2008 / 1:48 nm

    Koekies…chips…marshmellows…. René, as jy nou ‘n 18 jarige in daai mix gooi (miskien van wie ek dit kan afeet) dan sal ek ook gaan daarvoor. Imagine net hoe soet is ek dan saam met haar…. 😈

  15. netjane Maart 4, 2008 / 1:52 nm

    Julle sal maak dat ek ‘n PG rating op hierdie blog moet sit!

    En DM, gaan ten minste vir ‘n 21jarige – 18 jariges het nog te veel om te leer, alhoewel, ek weet ook nie meer so lekker van deesdae se 18 jariges nie…

  16. TristonJ Maart 4, 2008 / 2:03 nm

    Dankie netjane… Dalk net dalk luister hy vir jou, want vir my gooi hy n dowe oor! 😈
    Enige dag se 18 jariges is nog maar kinders wat baie ervaaring kort kom…

  17. René Maart 5, 2008 / 1:29 nm

    Julle mis die punt dames … dit streel die ego’s as die ooms vir die kinders nog ‘n ding of twee kan wys! Sien, 18-jariges weet nie veel nie – so any performance is good performance in hulle oë!!

  18. netjane Maart 5, 2008 / 1:35 nm

    Nou verstaan ek hoe die ding werk (haha). Dankie René.

  19. René Maart 5, 2008 / 1:36 nm

    Ek weet die manne gaan jou nou weer anders probeer oortuig – maar dis feite hoor – moenie enige iets anders glo wat hulle jou vertel nie!! 😆

  20. Da Mario Maart 5, 2008 / 1:50 nm

    “Enige performance is ‘n goeie performance?”

    Jissie…dis baie laag… 😆
    Julle ou girls is net jaloers man! 😈

  21. netjane Maart 5, 2008 / 1:55 nm

    Ou girls!? Ons is nog lank nie ou nie en ons het al ‘n paar dinge geleer. 😈

  22. Da Mario Maart 5, 2008 / 2:00 nm

    Jinne ek is tempted en vra: “Care to share?” 😆
    Ek weet 18-jariges sal “Ja” sê…. 😈
    Of raak girls weer bek as binne goed as hulle 30 nader??? :mrgreen:

  23. netjane Maart 5, 2008 / 2:08 nm

    18 jariges sal “ja” sê want dis hoe hulle geprogrammeer is op daai stadium, t.o.v bek/binnegoed, moenie bek onderskat nie… 😀

  24. Da Mario Maart 5, 2008 / 2:13 nm

    Whahahaha!!
    Nicely sidestepped!! 😆

  25. René Maart 5, 2008 / 2:14 nm

    Dankie Jane! Ek kon dit nie beter sê nie!! 😆

  26. Da Mario Maart 5, 2008 / 3:05 nm

    Rene…
    Oe-la-la!! Wat ‘n sexy avatar!! 😀
    Die 18-jariges kan maar gaan slaap… no need to look further! 😉

  27. TristonJ Maart 5, 2008 / 3:23 nm

    Mooi nuwe avatar René…

    DM maar jy is weer vol smoothness vandag… net jy sal twee girls op een blog so goed kan botter smeer! 😉

  28. René Maart 5, 2008 / 3:42 nm

    Ja ja Da Mario – dis wat jy elke keer sê (van die 18jariges) – tot die volgende een verbygestap kom! 🙄

    Thanx TJ! 😉 Don Juan Da Mario is weer op sy stukke vandag!

  29. netjane Maart 5, 2008 / 3:44 nm

    René ons moet eintlik bly wees dat dit vandag net by die 18jariges gebly het, gewoonlik gooi hy nog die “blonde” ook in…

  30. René Maart 5, 2008 / 3:48 nm

    En moenie die boobs vergeet nie…!

  31. Da Mario Maart 5, 2008 / 4:42 nm

    ROFLMAO!!! Whahahaha!!!! 😆

    Ja… maar met julle twee gorgeous donkerkop-volwasse-katte, wie het nou sexy, blonde goed-bedeelde 18 jariges nodig? 😀

    TJ…
    LOL… jip… 2 girls op-botter op EEN blog… soms verstom ek selfs myself! 😆

  32. maeree Maart 6, 2008 / 2:08 nm

    oe! het jy al daai groen koekies met die sagte bruin binnekant ontdek? ek kan nie onthou wat dit genoem word nie, maar dit het iets met stofsuiers te doen, omdat dit soos hoovers lyk. ek wens iemand wil dit suid-afrika toe bring!

  33. netjane Maart 6, 2008 / 2:11 nm

    Damsugare. Vreemde naam vir koekies!

  34. René Maart 6, 2008 / 3:04 nm

    Da – nou moet daai botterbek van jou jam kry! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s