Die ander lewe

Ek het reeds op ‘n vorige geleentheid geblog oor my fasinasie/obsessie/verslawing aan Scrabulous op Facebook.

Vandag het die wonderlikste ding gebeur. (Ek raak opgewonde oor die kleinste goedjies en dit vat nie baie om my gelukkig te maak nie). Die outjie (wel, ek moet seker vir hom oom sê – in ‘n nie Jurie-Robbie manier) teen wie ek gereeld speel en ek het nou al so ‘n halwe vriendskap opgebou. Sy dogter is ‘n omroeper by een van Engeland se universiteitsradiostasies. Ek sê toe sommer vir hom hy moet haar vra om ‘n liedjie vir my te speel op haar show vandag. En sy het!

Ek het nog altyd ‘n liefdesverhouding met die internet gehad, want ek weet watter fantastiese goed kan daaruit voortspruit, want dit maak regtig die wêreld kleiner en hierdie gebeurtenis het dit net weer vir my geïllustreer.

Ek dink nou aan Da Mario se post waar iemand vir hom gesê het hy is nie regtig soos wat hy op sy blog voorgee om te wees nie. Toe wonder ek sommer oor myself. Ek het vir Liefie ontmoet toe ons randomly met mekaar begin chat het op ICQ. Na 8 maande se chat het ons mekaar uiteindelik ontmoet. Na nog 4 maande se kuier en vriende wees het ons (uiteindelik!) ‘n couple geword. En dit was omtrent 7 jaar terug. Ons trou in Oktober. Ek vra elke nou en dan vir hom of ek “anders” is in die regte lewe as wat hy gedink het ek gaan wees. Hy antwoord net altyd hy weet nie. Ek weet ook nie.

Ek het in daai tyd wat ek met Liefie begin chat het ook met 2 ander mense gechat. Ons is vandag nogsteeds vriende. 1 in Australië en 1 in Kanada. Is dit regte vriendskappe? Kan dit regtig wees? Ek het waarskynlik meer met hulle kontak as sommige van my ander regte lewe vriende. Wat is bloggers vir mekaar? Ek blog nog nie baie lank nie (so 8 maande of so), maar ek glo julle het ‘n goeie idee van wie ek is, daar’s darem al ‘n gesig, al is daar nie ‘n naam nie en ek het ‘n goeie idee van die wese van meeste van die bloggers by wie ek gereeld gesig wys.

Interaksie tussen mense verander elke dag. Of is dit nou so dat hoe meer ons wys, hoe meer steek ons weg?

Advertisements

31 thoughts on “Die ander lewe

  1. hanlie Februarie 28, 2008 / 3:14 nm

    Ek lees ‘n klomp blogs en ek dink ek kan darem min of meer agterkom watter tipe mense hulle is. Jy skei gou die pessimiste, die klakouse, die Martie-martelgatte, die kapokhaantjies, die paranoids, die simptoomqueens, die anales, die control freaks, die drama-queens en die desperates van die tipe mense wat vir jou as leser iets bied. En vir my om in te teken op ‘n blog, moet ek iets daaruit kry.

    Ek en my vriendinne praat dikwels oor hoeveel ons vir mekaar beteken. Ons verhouding is gebaseer op ondersteuning en inspirasie. So ook met die blogs wat ek lees. Ek moet of geinspireer, opgevoed, of geamuseer word, of ek moet so tuis voel (soos hier) dat ek gereeld wil inval vir ‘n fika en sommer my voete op die koffietafel sit.

    Ek en my man het via ‘n internet dating site ontmoet en van die eerste afspraak af was daar ‘n “recognition”. Al die jare wat ek met ‘n string Mr Wrongs deurmekaar was het my darem heelwat geleer!

  2. Jasper Februarie 28, 2008 / 7:37 nm

    k dink dit is juis op ‘n blog waar mens jou binne identiteit kan deel sonder om bedag te wees op ander se gevoelens en sodoende kan die mens in jou regtig na vore kom onge-inhibeerd…

  3. Da Mario Februarie 28, 2008 / 8:25 nm

    Wat ‘n goeie vraag JustJane…
    I.t.v. Jasper se opmerking, ek het ook al geleer dat om die “regte mens” weer te gee as ‘n masker in die openbaar dikwels die mense wat moeite doen om jou te wil leer ken maklik skei van die wat nie werklik belangstel nie.
    En dat die gewaarwording altyd aangenaam is.

  4. TristonJ Februarie 28, 2008 / 9:05 nm

    DM & Jasper jaag julle mekaar reg oor die net vandag???

    NetJane.. ek dink dis juis die kontak sonder “regte” kontak wat dit moontlik maak om meer mens se ware self te wees… vir die blogers is jy NetJane en ek net TristonJ (ek dink daar is net 3 of 4 bloggers wat my regte naam ken en hulle sal nooit so na my verwys nie)maar agter die name kry mense wat op jou blog lees n beter insig van jou sonder jou masker aan, want as niemand jou ken nie het jy mos nie nodig om te pretend nie?!? en wat jou manlief betref het hy tien uit tien daai ontmaskerde persoon eerste leer ken so jy dra most likely nie n masker voor hom nie, en dit is wonderlik bo wonderlik!

  5. mykopop Februarie 28, 2008 / 9:35 nm

    Interessant. Die internet het voorwaar wonderlike maniere daargestel vir kommunikasie en om mens self uit te leef.

  6. Da Mario Februarie 29, 2008 / 6:18 vm

    TristonJ…
    Nope, Jasper het seker net iewers uit die gopse ‘n konneksie gekry!! Sien, ons albei het goeie smaak in blogs!! 😆

  7. René Februarie 29, 2008 / 8:01 vm

    Jis, ek het ‘n paar fantastiese vriende gemaak deur blogs en deur die SSSB chatroom destyds! En ek dink van almal het ek nog net so drie van daardie vriende ontmoet, en is ons vandag nog baie goeie vriende! Dis mense wie ek nooit andersins sou ontmoet nie, en ek is so dankbaar dat ek hulle in my lewe het!

    Vat nou ‘n baie goeie voorbeeld … as ek bv vir Da Mario in ‘n karaoke bar tussen ‘n klomp 18-jariges moes raakloop – sou ek eerder verby gestap het, en ek glo hy ook!! (Whahaha, net ‘n grappie Da Mario!!!) 😆

    Ek dink tog mens leer mekaar op ‘n heeltemal ander vlak ken! En jy het natuurlik die voordeel daarvan om te besluit of jy die persoon WIL ontmoet of nie!

  8. TristonJ Februarie 29, 2008 / 8:12 vm

    😆 René… dis presies hoe ek DM ontmoet het! 😆
    Moet darm sê dit was net een 18 jarige… 😉

  9. Da Mario Februarie 29, 2008 / 8:49 vm

    René…
    So nooit as te nimmer sou ek by jou verby gestap het as ek jou eers iewers anders moes leer ken of sien nie!! Dan sou ek jou net opgechat het vir jou looks i.pv. vir jou persoonlikheid… 😉
    Maar SSSB was interessant en lekker vir ‘n wyle ek stem saam!

    TristonJ…
    Ja…maar ek het met jou gechat al was ek saam met daai blondebom…
    See, I do not discriminate! 😀

  10. TristonJ Februarie 29, 2008 / 10:34 vm

    DM… ek dink jy het my so jammer gekry oor die desaster saam met wie ek daar was!! 😉

    Blondebom… 😆 nou nie wat ek haar sal noem nie… blondepop, nothing but air!… 😈

  11. Da Mario Februarie 29, 2008 / 10:49 vm

    Whahaha… blonde pop, blonde bom… same difference! Soos Johan Swarts tereg skryf, sommige goeters is goed in pare. Waarvan Boobs en lesbians seker die belangrikste is… ons kan die gebrek aan baie breinkrag vergewe, haar lyfie maak mos op daarvoor! 😈

  12. netjane Februarie 29, 2008 / 11:35 vm

    Ek brand om die storie agter die storie van julle tweetjies (ek praat nou met DM en TristonJ, van nou af sommer TJ) te hoor, maar ek sal nooit sulke pertinente vrae vra nie 😉

    Dankie vir die ander se comments, lyk my ons voel dieselfde oor die saak.

  13. kaalvoetinireen Februarie 29, 2008 / 12:44 nm

    ek dink die internet “leer” baie mense om nie die boek se cover te judge nie en mens besef ook dat die cover niks beteken nie,maar die inhoud is dit wat tel… hier kan mens ook jouself wees sonder om te worry oor wie wat dink!

    ek moet se, dat ek ook al ‘n paar mense op die net ontmoet het wat vir my soveel beteken…

  14. sterfling Februarie 29, 2008 / 8:19 nm

    Ag nee julle, stel bietjie aan my ook voor. Hoe moet ekke dan nou voel?

    TJ, ek wag ook vir daardie storie van julle tweetjies…….of drie of wie ook al………..

    So btw JustJane of netjane of NJ, lekker aktuele onderwerpie, net ‘n probleempie as jy reeds getroud is……….. dan werk netvriende nie altyd goed met liefie saam nie…..

  15. Da Mario Maart 1, 2008 / 8:58 vm

    In samevatting as ek mag: (TJ het reeds op haar blog ‘n post daaroor geskryf, so as jy meer detail soek, gaan lees haar post!) :mrgreen:
    Sy was op ‘n date met (soos sy dit noem) “‘n disaster” 😆 … ek was op dieselfde plek saam met ‘n busty 18-jarige blondebom. (Sy het ouer gelyk, moenie vra nie. 😕 ) TJ se date, iemand wat ek toevallig geken het, was dom genoeg om meer met ander girls te wil chat as met haar, en ek het haar toe geselskap gehou. (Sy dink omdat ek haar jammer gekry het, maar eintlik maar net omdat ek like om met girls te chat en sy oulik gelyk het. 😀 ) So ons het mekaar ontmoet in ‘n kareoke bar met my saam met 18 jariges (dis hoekom René se opmerking) en sy op ‘n disaster date! Ek het haar naam gekry, op Facebook gaan loer en ons het blog-adresse geruil. Goeie kombinasie dus van internet-kennis en real life experience…

  16. Zee Maart 1, 2008 / 9:51 vm

    Netjane, Ek het my grooste seer hier in die kuber wêreld bloot gelê. Tot vandag toe weet ek nie of ek dit moes doen nie. Al wat ek weet dat daar regtig ‘n paar Kubervriende is wat omgee en deur hulle “luister” kon ek al aanbeweeg.
    Ek het een kuber vriendin ontmoet en ek was regtig verras, sy is ‘n pragtige mens.
    Ja, ek dink party vriendskappe kan werk, kyk nou vir jou en Liefie 🙂

  17. sonkind Maart 1, 2008 / 6:12 nm

    Ek dink, soos kaalvoetinireen hierbo geskryf het, dat mens eers die persoonlikheid leer ken voor jy ooit die mens sien en dat jy so jou horisonne verbreed, sonder die vooropgestelde idee wat mens van iemand kry as jy hom eers sien en dan leer ken. DaMario is natuurlik ‘n klassieke voorbeeld!

    Sorry DM, ek kon net eenvoudig nie daai een weerstaan nie – jy weet darem seker ek bedoel dit tong in die kies! :tisted:

  18. Da Mario Maart 1, 2008 / 9:21 nm

    Sonkind…
    Spot maar jong, ek is meer kere as nie “tong-ini-kies”. Hoe sal ek nou fyngevoelig wees??? 😆

  19. netjane Maart 2, 2008 / 10:33 vm

    Dankie DM & TJ – ek lees graag! Beter as Egoli?
    😉

  20. Die Gestorwe Soldaat Maart 2, 2008 / 5:33 nm

    Egoli? Probeer Dallas! 😉 Ek spot net!

    Die blogs het ‘n wonderlike wêreld vir my ontsluit! Skielik het ek hier in my stukkie afgeleë Kalahari kontak met mense wat ek nooit as te nimmer op enige ander wyse sou ontmoet nie. Van hulle het ek al in persoon ontmoet, en nog meer sal ek in die toekoms ontmoet. Maar die fisiese ontmoeting is nie belangrik nie. Wat wel belangrik is, is dat jy mense ontmoet, virtueel of te not. En as ‘n mens lank genoeg blog, kom sit ‘n groot gedeelte van wie jy werklik is op jou blog vas. En die interaksie wat deur jou blog verwek word, kan nie anders as om vriende (en selfs vyande) te skep nie. Verskoon dus die aanmatiging, NetJane, maar ek beskou jou as my vriendin in Stockholm!

  21. TristonJ Maart 3, 2008 / 9:22 vm

    Egoli?!? Dallas?!? en heir dag ek my lewe is deurmekaar genoeg om na Days te lyk… 😉

  22. Da Mario Maart 3, 2008 / 1:34 nm

    DGS, ek stem saam. En hier kan mens kies wat jy wil lees, dis lekker om ‘n wyer wêreld te ervaar. As mens hou van wat jy lees gaan jy terug, indien nie bly jy weg. Dis easy en vinnig…

  23. netjane Maart 3, 2008 / 1:42 nm

    Vinnig en easy DM? Soos jy van jou girls hou? (nou beter ek koes vir watookal jy na my kant toe gooi!)

  24. Da Mario Maart 3, 2008 / 2:08 nm

    Whahaha!! 😆

    “Vinnig en easy”…. ja Jane. Dis hoekom ek jou blog so like… 😉
    (…en nou beter ek maar koes vir watookal jy na my kant toe gooi!)

  25. netjane Maart 3, 2008 / 2:17 nm

    Ek lag te lekker om iets te gooi. Ek moes daai come back mos gesien kom het! Blog jy nie vandag nie? Nee man.

  26. maeree Maart 6, 2008 / 2:06 nm

    icq!!! die wonderlike dae van icq! ek love icq.

  27. Duane Hoff Mei 30, 2010 / 11:19 vm

    netjane.wordpress.com’s done it once more. Amazing writing!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s