Brief in die pos

Ek het vanoggend sommer skuins beneuk wakker geword. (Tell me why I don’t like Mondays…). Ek het die wekker gesnooze en toe sommer later gestop en toe ek (uiteindelik) my oë vir die wêreld oopmaak is dit al laat en die son strale val al op die bed en ek’s geïrriteerd.

Dis toe wat ek die “thunk” van die briewegleuf in ons voordeur wat weer toeklap hoor. Die posman! Met ‘n regte brief vir my! Nie ‘n rekening nie, nie iets anders onpersoonlik nie, ‘n brief met my naam en adres op in ‘n handskrif wat ek ken en ‘n possëel wat my hart laat verlang.

Toe voel ek sommer beter. (Die twee koppies sterk koffie het ook seker iets gedoen, ek dink eintlik nou ek’s effens te veel gecharge).

Ek is ‘n groot een vir handgeskrewe korrespondensie. Ek stuur poskaarte van oral waar ek aanland, sommer vir myself ook, kyk altyd of ek of die poskaart eerste by die huis kom. My broerskind kry gereeld briewe gevul met die grootste klomp nonsens (natuurlik moet ‘n 7 jarige weet dat ek nou in Kersfeesvader se land bly en dat die land ‘n regte egte prinses het – hoe anders gaan sy ooit met mening kan droom om een te word?). Vriende en vriendinne kry briewe met my weeklikse/maandelikse “ponderings”. My ma kry prentjies van huise wat vir my mooi is. My suster kry kinderboeke in tale wat nie ek of sy kan lees nie (die boek van België af het ‘n gunsteling van die kinders geword -haha, joke’s on you!). Ek het ‘n Viktoriaanse leer skryftassie met plekke vir seëls en koeverte en papier en allerhande ander toebehore. Selfs ‘n skryfblad wat mens uittrek. Ek skryf makliker ‘n brief as ‘n email.

Die ding wat my onderkry is dat so min mense terugskryf. Ek kry ‘n sms of ‘n email of ‘n telefoonoproep, maar amper nooit ‘n brief nie. ‘n Pel van my besef dat ek effens obsessief is oor die briefskryfery en gaan so ver as om poskaarte te skryf en dan vir ander mense wat reis te gee om te pos. Fantasties. Ek weet Kobus is in Suid-Afrika, maar ek kry poskaarte van hom af gepos in die suide van Argentinië.

Ek dink regtig dis ‘n gewoonte wat van kleins af aangeleer moet word. Miskien is dit net ek wat nog soveel waarde aan ‘n brief heg.

Advertisements

13 thoughts on “Brief in die pos

  1. Zee Februarie 25, 2008 / 12:59 nm

    Netjane, toe ons laas jaar in Vietnam is s die toerleier mos ons het elkeen 2 poskaarte om te pos. Weet jy, ek kon nie dink wat om op die poskaarte te skryf nie. Die poskaarte het ‘n maand na ons terug was eers by die huis uitgekom 🙂
    Ek het nou nog my eerste brief wat manlief vir my geskryf het uit die weermag uit. Ek bewaar dit soos ‘n stukkie goud.

  2. hanlie Februarie 25, 2008 / 2:01 nm

    Ek het nog al die briewe wat my ma-hulle vir my geskryf het toe ek au pair het in Frankryk (18 jaar gelede).

    Dis jammer die gewoonte het uitgesterf – ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n brief geskryf het nie!

  3. Skoor Februarie 25, 2008 / 2:20 nm

    Jy is reg – dis ‘n totaal bedreigde spesie: briefskrywers.

    Ek het een ou oom deur ‘n lang ompad ontmoet, en hy is die enigste een met wie ek nog per hand korrespondeer.

    Oumas en Oupas het ek nie meer, so die lekkerte van ‘n brief van die plaas is saam met hulle dood.

    Ai, jy maak my nogal nostalgies vandag man. Moet nooit ophou nie. Ek is seker jy maak mense se dag. Hulle weet net nie dat hulle joue ook kan maak nie!

  4. René Februarie 25, 2008 / 3:35 nm

    Weet jy Jane, ek sit en karring nou al lankal aan ‘n brief wat ek vir iemand begin skryf het, in my eie handskrif, nie getik en ge-edit nie – dis net geskryf soos die gedagtes by my opkom! Ek dink ek moet dit tog maar pos! Wonder wat daardie persoon sal doen as dit daar aanland en of ek darem ‘n briefie gaan terugkry!

    Ek en my ma skryf soms vir mekaar – maar hierdie jaar het ek nog nie tyd gemaak daarvoor nie! Ek het dit juis begin doen sodat wanneer sy eendag nie meer daar is nie – haar briewe altyd sal voortleef en sodat ek op skrif kan onthou die tipe mens wat sy was, en dit ook aan my kinders kan oordra as hulle nooit vir ouma geken het nie! Ek is spyt ek het dit nie met my ouma gedoen nie, want vandag het ek NIKS van haar nie – en ek verlang so baie na haar stories en wyshede!

    Ek staan by Skoor, jy maak my nogal erg nostalgies vandag! Ek dink ek ruk vanaand weer daardie skryfblokkie wat nou hopeloos te lank stillê, weer uit!

    Dankie vir die reminder Jane!!

  5. boerinballingskap Februarie 26, 2008 / 5:16 vm

    Ek treur ook die afsterwe van geskrewe briewe. Ongelukkig is dit die gevolg van die elektroniese kitspos-era.

  6. Da Mario Februarie 26, 2008 / 6:34 vm

    Ek ken beswaarlik my eie posadres, wat nog van enige iemand anders s’n. Maar dit sou nice gewees het om dit weer te kon doen…ek het net nie ‘n idee vir wie ek actually die moeite sou doen om ‘n genuine brief te skryf nie.
    Vreemd.

  7. boendoe Februarie 26, 2008 / 1:11 nm

    Ek is ook te sleg om ‘n brief te skryf – e-mail is soveel vinniger, EN jy kan redelik seker weet die ontvanger gaan dit kry! Maar dis darem so lekker om ‘n briefie te kry!

  8. mykopop Februarie 26, 2008 / 1:27 nm

    Jane, jy en almal is baie reg. Ek dink ons is besig om baie van menswees te verloor.

    Gelukkig is die Maandag nou verby, maar vandag het vir my amper weer so gevoel, want die donderweer het ons 02:00 kom wakker raas!

  9. Griet Februarie 26, 2008 / 2:55 nm

    Ek is so bly ek kon jou dag maak. En daai Belgiese boekie mos toe ‘n hit in ons huis wees. Die Engelsman raak letterlik groen om die kiewe as een van die seuntjies met daai boekie onder die arm aangestap kom

  10. BB Februarie 27, 2008 / 6:05 vm

    Nice post – en so true! My pa woon in Duitsland en alhoewel ons die odd funny emails aanstuur is ons altwee very much ‘into’ briewe skryf – lekker langes waar ek dit koei anderkant die bult loop uithaal – ek stuur ook gereeld ‘n gepersde blommetjie, koerantuitknipsel (en ja, hy lees news24 & Beeld online) but still… foto of watookal – ons treasure die reality om ons liefde en band vas te kan hou in ‘n koevert.
    (terloops – hier’s iemand by ons poskantoor wat seëls versamel… 😉

  11. staaltjies Desember 21, 2011 / 10:35 vm

    ek skryf nog briewe ,want ek woon in die Kaap en sommige van my ouer vriende het nie die internet nie , dan skryf ek nog snail mail briefies . ek het ook paar seels wat ek sal aanstuur as iemand hulle wil he. Stuur vir my epos as julle graag van die seels wil he . Mieliefish@ gmail.com Amelia Ireton

  12. karinsegriffels April 30, 2015 / 4:14 nm

    Jul lyk na ‘n lekker klomp – ek plas en tas maar nog in wordpress rond.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s