Nuuterig

My soeke na tweedehandse engelse boeke neem my na snaakse uithoeke in Stockholm. Ek kan dit nie oor my hart kry om 3 keer die prys vir ‘n nuwe boek te betaal nie, tensy dit ‘n boek is wat ek daar en dan wil lees. Ek het nog altyd tweedehandse boeke gelees. My gunsteling plek in Johannesburg was Bookdealers of Rosebank.

Hier is dit ‘n stryd om engelse boeke te kry, tensy jy die “blockbusters” wil lees of baie wil betaal. Ek lees omtrent alles (nie so baie in die sci-fi en fantasy genres nie) en as ek my habit teen volprys moes finansier het sou dit maar moeilik met die finansies van die gekombineerde Netjane – Liefie huishouding gegaan het.

Ek het grootgeword op veilings en my ma ken elke krap winkel in Suid-Afrika. As ons deur ‘n dorp ry en dit lyk of daar moontlik iewers ‘n bargain verskuil kan wees, dan moes pappie maar stop sodat mammie kan shop. Die gevolge van dit is dat pappie waarskynlik weet hoe omtrent elke slaghuis se biltong en/of droëword proe. Ek ken die reuk van antiques winkels en weet eintlik te veel van oudhede. Ek kan die pryse op die Antiques Roadshow program op BBC reg raai.

Toe ek begin klerk het en na die meer “dodgy” dele van groter Johannesburg toe gestuur is vir eksekusieverkopings moes ek altyd my ma se vrae antwoord oor wat te koop was en hoekom ek nie gebie het nie. “Why buy new when used will do” het in my kop nog altyd baie sin gemaak. Ek het altyd die banke weer oorgetrek (met bargains van die Plaza af natuurlik, of van een of ander groothandelaar wat mammie gecharm het) of nuwe lampskerms vir die lampies gekry, so die goed het fantasties gelyk (ek sal my eie beul blaas en sê ek het ‘n goeie oog).

Toe is daar Liefie.

Liefie hou van nuwe goed. Liefie dink tweedehandse goed is grillerig. (Terloops, ek vind nou die dag eers uit my pa haat tweedehandse boeke, ek moes altyd eers die goed lees voor hy daaraan sal raak…). Liefie kry later ‘n tweedehandse bank wat ek op die veiling gekoop het (ek kon dit nie teen daai prys laat staan nie!) en die word oorgetrek. Die bank kry stoele, nog ‘n bank kom by. Liefie grom nog altyd ons moet nuwe goed koop, maar sit te lekker op sy “ou” banke.

Toe is daar Swede.

Ek weier om in ‘n gemeubileerde plek in te trek en sê ek sal liewer minder goed hê as goed wat ek haat. Ons tref vir IKEA met ‘n slag. Die dag toe alles afgelewer word en ek alles aanmekaar gesit kry lyk die huisie heel mooi. En toe tref dit my: dis die eerste keer wat alles rondom my splinternuut is. Dit was ‘n vreemde gevoel.

Advertisements

17 thoughts on “Nuuterig

  1. rosalindfranklin Februarie 21, 2008 / 12:55 nm

    Ek hou net so van snuffel in ou winkels. Ek hou van ou boeke en koop hulle ook orals waar ek kom. En ek is gek na die reuk en kraak van ‘n nuwe boek.
    Maar was vir my die swaarste is, is om van enige boek ontslae te raak, soms is daar mos boeke wat jy na jare ontgroei. Boeke voel vir my soos deel van my sekuriteit. As hulle daar op die rakke sit laat hulle my op ‘n manier veilig voel.

  2. hanlie Februarie 21, 2008 / 1:26 nm

    My ma stoffeer sommer self! En ek kan nie verby tweedehandse boeke loop nie! My man hou gelukkig van oudhede.

  3. ICE Februarie 21, 2008 / 1:39 nm

    Mal oor oudhede, maar ek LAAIK! Ikea.

  4. sonkind Februarie 21, 2008 / 2:10 nm

    Ou goed het atmosfeer, tweedehandse goed het ‘n storie. Daar is een tweedehandse bank in my huis wat ek nooit ooit sal verkoop of verruil nie. Dit sit en lê by verre die lekkerste van al die meubels!

  5. maeree Februarie 21, 2008 / 3:39 nm

    ek hou van tweedehandse goed, veral omdat dit dan vir my voel ek leef verantwoordelik met ons planeet. jy kan by amazon.co.uk tweedehandse boeke kry vir so min as 1c (i kid u not), en die posgeld swede toe is minimaal – en jy kry dit lekker vinnig.

  6. Da Mario Februarie 21, 2008 / 7:59 nm

    Ek moet erken, ek is nou nie juis ‘n bargain hunter nie. Sal nie een herken as dit my in die maag skop nie.
    En ek is glad nie kunstig nie.

    As ek iets soek gaan koop ek dit iewers. En dan loop ek normaalweg daar weg met iets dubbeld so duur as wat ek beplan het omdat dit op die ingewing van die oomblik vir my mooier was. Ek is bietjie dom in hierdie wyse…

  7. Skoor Februarie 22, 2008 / 8:21 vm

    Ek het ook nogal ‘n gril vir ‘n tweedehandse boek, maar ek is nou op die stadium waar ek boeke soek wat reeds jare uit druk is, so as ek dit tweedehands opspoor, is dit ‘n bonus.

    Biblioteek boeke gril my erg – ek het al allervreeslike onverklaarbaarhede op die covers gesien, en dan summier die boek teruggesit.

    Ek weet van biblioteke op die platteland wat die boeke met ‘n ontsmettingsmiddel afvee as dit teruggebring word, maar in groot stede en dorpe is die ‘turnover’ seker te vinnig om ‘n lappie uit te haal!

  8. Da Mario Februarie 22, 2008 / 8:27 vm

    My vorige comment is ‘spam’, wil jy dit nie release nie??

  9. vygie Februarie 22, 2008 / 9:51 vm

    Ja, stem vir die ou goed. En selfs klaar gerestoureer, is ou goed dikwels goedkoper en beter gehalte as nuwe goed. Ongerestoureer, kan jy dit vir ‘n appel en ei optel. Ek het geen probleme met ou boeke nie en anders as baie ander mense wat ek ken, onderstreep ek te lekker in my eie boeke. (Ek sal dit nou nie doen met ‘n biblioteekboek of geleende boek nie.)

  10. René Februarie 22, 2008 / 9:58 vm

    Oe, ek is MAL oor krapwinkels!! In Kaapstad City/Stad (Loopstraat) is daar oral sulke klein krap winkeltjies in donker hoekies en jy sal nie glo watter skatte mens daar kry nie! En klein plattelandse dorpies is ‘n fees! Daar is nie ‘n manier ek ry verby so ‘n winkel nie!!

    En ek stem, daar is bitter min dinge wat so great ruik soos ou boeke! In Wimbledon het ek en niggie omtrent ‘n halwe oggend in ‘n tweedehandse boekwinkel plat op ons jisse op die mat gaan sit en die een boek na die ander ge”spoedlees”! Ek het eintlik net meer die atmosfeer daarbinne geniet, as wat ek ingeneem het wat ek lees! Ek het net met ‘n Jane Austin boek daar uitgestap as geskenk vir ‘n vriend, en ek is vandag nog spyt ek het nie myself met ‘n boek bederf nie!

    Ek dink ek gaan die naweek weer bietjie krap-shop!!

  11. TristonJ Februarie 24, 2008 / 12:01 nm

    Ek vrek oor boeke… en het geen kwalm om in book exchanges in te stap met n hemel hoogte stapel ou boeke en uit te stap met net so n hemel hoogte stapel “nuwe” ou boeke. Ek dink ek sal vergaan as ek nie kan lees nie!! En ek sal omtrent enige iets lees wat ek my hande op kan kry… ons is al uit pak plek hier by die huis en die garage is net so oor vol, selfs Triston is lief vir lees en kan sy eie bib oop maak van al die boeke wat hy reeds besit… dalk moet ek maar ook n bookexchange oop maak! 😆

  12. mykopop Februarie 24, 2008 / 3:01 nm

    Paul Simon: “I have my books and my poetry to protect me”. Maak nie saak waar ek hulle vandaan kry nie, solank ek hulle net kry!

  13. Jasper Februarie 24, 2008 / 7:12 nm

    Ek weet darm nie….
    Ou dinge is clutter dinge.
    As mens nou die geleentheid het om goed te restoureer dan is daar meriete in, maar persoonlik…..

    Ek koop liewer ‘n leer sofa waarvan ek hou voordat ek een oortrek sodat dit lyk na iets waarvan ek hou

    Boeke,
    Ek lees dit by my ma se huis as ek by haar kuier.
    Die res van die tyd groei my neus vas aan ensiklopediee en wikipedia….

  14. boendoe Februarie 25, 2008 / 6:02 vm

    Haai nee, Jasper!
    Ek vrek ook oor ou goed. Veral ou boeke. Die reuk van ‘n ou boek…priceless!

  15. rosalindfranklin Februarie 25, 2008 / 2:18 nm

    Ek kom omtrent altyd in tweedehandse winkels af op mense se foto-albums. Sommiges is sommer baie oud met geen name in nie. Ek blaai altyd daardeur en kyk na die mense, die plekke en dinge waar hulle was, wie was al die mense? Dit is altyd vir my hartseer, ek wonder hoe eindig foto’s in so winkel. Het iemand nie meer omgegee nie, of was daar nie meer iemand om om te gee nie?

  16. annelize Junie 22, 2008 / 4:59 nm

    Hallo julle,

    Ek het `n nuwe boekwinkel in Klerksdorp. Langs my is `n tweedehandse boekwinkel. Ons is nuut in besigheid. Kan iemand dalk help; ons soek na `n kopie van dr. Jan van Elfen se” Dokter in die huis”. Laat weet gerus by my e-pos as iemand dit het.

    Dankie.
    Annelize

  17. student Maart 2, 2010 / 5:05 nm

    Hi ek is bly in klerksdorp en is dringend opsoek na Mediese woordeboeke. Al is diT oud!! Kan iemand asb help

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s