Granaat

Ek het nie gedink ek het al ooit in my lewe ‘n granaat geëet nie, so toe ek nou die dag die granate (2 vir SEK10) in die supermark sien het ek ‘n dringende behoefte gehad om 2 te koop. Ek het toe nogal gewonder hoekom ek so ‘n brandende begeerte het vir iets waarby ek nog altyd net kon verbyloop. By die huis gekom het ek nie juis geweet hoe om hulle te eet of wat om te verwag nie. Met die oopsny spuit die sap en dit lyk of ek in die oorlog was – met diep pienk bloed. Saammet die oopsny kom daar ook die wonderlikste, duidelikste herinnering terug na my toe. Soos ‘n ou tuisfilm wat voor my afspeel. My pa se hande, en in sy hande, ‘n oop granaat.

Ek moes seker so 4 of 5 gewees het, want die gebeurtenis het afgespeel in ons “ou” huis, en ons het na die “regte” huis, waar meeste van my herinneringe lê, getrek toe ek nog in die kleuterskool was.

Die menslike brein of hart of siel of psige (waarookal dit wat ‘n liggaam ‘n mens maak, gebêre word) vang my telkemale onkant. Hoe word iets so weggesteek om dan net weer opgediep te word uit die bloute? Ek het my ma gebel – die “ou” huis het ‘n granaatboom (bos?) gehad. My brein het nie die smaak of  reuk of tekstuur van ‘n granaat gespaar nie. My brein het nie gekies om enige deel van die gesprek te spaar nie. My brein het nie eens gesigte gespaar nie. Net my pa se hande (wat ek enige plek sal kan uitken) en die juweelkleur van ‘n oop granaat.

Advertisements

16 thoughts on “Granaat

  1. hanlie Februarie 19, 2008 / 1:07 nm

    Dis een ding wat ek wens ek kan iewers te koop kry! Wanneer ek ‘n behoorlike tuin het, gaan ek definitief ‘n granaatboom (bos?) plant!

  2. Da Mario Februarie 19, 2008 / 1:24 nm

    Die laastekeer wat ek ‘n granaatbos gesien het was in my Oupa se tuin op Prins Albert. Dit was seker 25 jaar gelede. Ek onthou nog daai pienk pitte, en dit smaak glad nie onaardig nie.
    Watter wonderlike gedagtes ervaar mens nie so soms as jy ‘n trigger memory kry nie…

  3. maeree Februarie 19, 2008 / 1:38 nm

    granate! ek love granate!
    ek onthou hoe ek in ika gestaan en huil het oor die pragtige vrugte. maar toe ons uiteindelik die geld bymekaar skraap om vrugte te koop, was dit glad nie so soet soos in sa nie, aangesien dit nie lank genoeg in die son is om ryp te word nie. op die een foto wat ek het, kos die granate SEK62

  4. rosalindfranklin Februarie 19, 2008 / 2:54 nm

    Hoe mooi, jou beskrywing van die ervaring. Ek hou daarvan hoe kleure, geure, reuke en sensasies by mens herinneringe opwerk, dinge wat diep gebere is.

  5. TristonJ Februarie 19, 2008 / 7:56 nm

    Sulke terug vlitse is kosbaar… en dat jy dit met jou ma gedeel het was vir haar sekerlik net so kosbaar!

  6. Zee Februarie 19, 2008 / 10:02 nm

    Moet nou nie jaloers word nie, maar ons het ‘n granaat boom hierso!! Dit is die lekkerste lekker!

  7. Dellie Februarie 20, 2008 / 10:17 vm

    Toe ek klein was, en in Namibie gewoon het, het ons by elke huis waar ons gebly het, ten minste een granaatbos gehad. Ons het granate geëet dat dit by ons ore uitloop. Jy laat my ook nou onthou van dinge wat ek lankal vergeet het.

  8. mykopop Februarie 20, 2008 / 2:22 nm

    Ek dink granaatbome is altyd saam met kweperbome geplant, ek weet nie hoekom nie.
    Ja-nee, jy moet hom nie te veel sny nie, net so bietjie dan moet jy hom oopbreek en die pitjies uithaal. Stop eers jou mond goed vol, die sagte vleis van die pitjies voel mos self soos tandvleis. Dan eers begin jy kou. Lekker.

  9. Anel Massyn Augustus 25, 2008 / 2:37 nm

    Hi Julle

    Ek woon in Gauteng, Suid-Afrika en kry nie ‘n granaatboom te koop nie!

    Het enige iemand ‘n idee waar mens dit kan kry?

    Groete uit sonnige Pretoria

  10. Vic Oktober 29, 2009 / 9:10 vm

    Dis snot-en-trane digterlik

  11. Ria Mei 18, 2010 / 1:13 nm

    Kan iemand my help asseblief? Ek het twee granaatbome in my agterplaastuin geplant, maar hulle lyk nie goed nie en het nog niks gedra nie. My mond water al vir ‘n lekker granaat! Kan iemand my help asseblief met nodige raad om die bome sover te kry om te dra?

    Baie dankie

  12. Marietjie Kok Mei 19, 2010 / 12:06 nm

    Die storie het my nou werklik getref. Ek’t net nou die dag gewonder wat het van die ou granaat geword en tot my verbasing bring my dogter my ‘n granaat! Blykbaar te koop ten duurste sommer in die supermark. Dankie vir jou herinneringe ou granaat!

  13. mady Desember 3, 2010 / 1:39 nm

    Ek het gedroom van ‘n oorryp granaat met ‘n dun dun bruin skil wat oopbars in die son en pitte wat in alle rigtings spat…. Ek MOET die beeld verewig op doek! Het iemand dalk sulke fotos of prente (sonder kopiereg)… groot asb? Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n granaatbos gesien het nie! As kind in Vryheid dalk…

  14. Gerda Oosthuizen April 12, 2012 / 6:37 vm

    Ek is ook n granaat liefhebber en het 3 bome gekoop. Daar is so baie kleintjies aan die bome. Kan iemand vir my se of hulle sal oorleef nou in die winter.

  15. kalfieskraal Mei 7, 2014 / 11:05 nm

    Klein granate oorleef deur die winter en is reg om te oes vroeg in feb. Vir die wat outydse granaatbome soek kan by my bestel by 0719725490 hulle soek ook nie baie water nie gee genoeg stikstof in die groei seisoen hulle dra na 3 jaar optimum

    • netjane Mei 8, 2014 / 10:24 vm

      Ek het ‘n nuwe erf wat ‘n akker groot is! Soek beslis bome, maar waar in die wereld is jy, Kalfies?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s