Geregtigheid (?)

Ek’s nie een om gewoonlik oor “serious” issues te blog nie, ek blog meestal maar net my gedagtes as ‘n tipe joernaal vir myself, maar toe ek die opskrif op die M&G site sien en toe die berig lees kon ek nie anders nie as om te dink: WTF?!

A Pretoria High Court judge ruled on Monday that a murderer and robber did not deserve life imprisonment because of his disadvantaged background and poor schooling.

Die ou was 1 van ‘n bende van 3 wat by die moord en roof betrokke was. Hy het vroeër as ‘n tuinjong by die slagoffer gewerk. So hy is nie so eenvoudig sodat hy nie kon besef het dat daar iets werd was om te steel nie, hy’t genoeg geweet om ‘n bende te vorm om die steelwerk te gaan doen en hy kon ‘n verskoning vir sy vingerafdruk op die toneel uitdink. Hy is ook nie so onopgevoed as om nie te weet hoe ‘n geweer werk (of for that matter, hoe om een in die hande te kry nie). Hy het ook besef twee middeljarige vrouens alleen in ‘n huis is ‘n soft target. Hy was naby 30 ten tye van die voorval, nie juis jonk en onervare nie, maar omdat sy agtergrond gebrekkig was verdien hy nie die volle straf nie.

Ek het nie geweet mens moet ryk en opgevoed wees om die verskil tussen lewe en dood te verstaan nie.

Hy’s tot 40 jaar gevonnis, waarvan hy waarskynlik 19 sal uitdien. Die regter reken hy kan gerehabiliteer word en sodoende nog tyd saammet sy familie geniet. Iets wat nie aan sy slagoffer gegun is nie.

Advertisements

4 thoughts on “Geregtigheid (?)

  1. Da Mario Februarie 20, 2008 / 11:09 vm

    Ja wel, sy staatsaangestelde en betaalde advokaat het sekerlik ‘n goeie en imponerende betoog gelewer. Obviously beter as die staatsaanklaer.
    Ek kan net my kop skud en wonder wanneer enige iemand eendag ernstig gaan wees oor misdaad in hierdie armsalige land. Ons is soos skapies oppad slagpale toe, ek wonder of ons dit besef en of ons dit maar net eenvoudig nie wil glo nie…

  2. hanlie Februarie 20, 2008 / 11:32 vm

    So, misdaad teen blanke mense is nou al amper verskoonbaar? Begin klink vir my al hoe meer na “genocide”… Ek raak by die dag banger!

  3. mykopop Februarie 20, 2008 / 2:25 nm

    Ek stem, ek dink ek het by Alleman ook hieroor kommentaar gelewer. Die wet skryf ‘n sekere straf (minimum en maksimum) voor vir ‘n sekere misdaad. Die regter behoort nie reg in eie hande te neem om minder as minimum te gee nie.

  4. skoor Februarie 21, 2008 / 11:02 vm

    Mag daai robbies aids kry in die tronk, en vrek voor sy 19 jaar om is.

    Of nee, hulle kry mos goeie kos en beter mediese behandeling in die SA tronke.

    Mag hy dan maar op sy seep gly en sy kop oopval.

    Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s