‘n Stukkie raad

Ek het ‘n paar keer vantevore op my ou blog gesê dat ek so aan my bas voel dat 2008 ‘n goeie jaar gaan wees. Ek is ook deesdae onverklaarbaar opgewonde en sommer net lus vir die lewe. Nadat ek op so ‘n paar ander bloggers se sites ditjies en datjies gelees met raad vir die lewe dink ek terug aan ‘n ontmoeting laas jaar wat my nogsteeds bybly.

Ek en liefie is al by die 7 jaar saam, maar in al die tyd het ek nog nooit sy oom in Engeland ontmoet nie – ons tydsberekening was net altyd uit. Die tydsberekening werk toe in Julie uit en ek ontmoet die oom. Vreeslik charming, vreeslik stylvol, soveel so dat ek vir liefie sê as ek in die mark vir ‘n 60+ jarige was, ek vir Oom sou aangeskaf het.

Middagete word roomys in die park en roomys in die park word ‘n draai in ‘n kunsgallery en ‘n draai in ‘n kunsgallery word ‘n verdere wandeling met fotos en ek en Oom kom goed oor die weg. Ons word rondgery (liefie word aangesê om agter in die kar te sit) en ek word omtrent ingevra en uitgekyk, maar op ‘n vreeslike charming manier. Teen die einde van die dag is ek heel verlief op Oom en liefie lag te lekker vir die ou kat se mannewales. Adresse word uitgeruil en daar word handgeskud. Ek kry ‘n druk, nog ‘n handskud en Oom trap effens rond, nie seker hoe om die besoek af te sluit nie. Oom klim in die kar. Ons draai om stasie toe. Oom klim weer uit die kar, vat my aan die skouer en kyk my diep in die oë. Sy afskeidswoorde aan my: “Remember – breasts up!”. En daar gaat Oom.

Ek moet darem bysê dat Oom ‘n dokter is en spesialiseer in borskanker en alles daaromtrent, so hy het seker ‘n fasinasie/obsessie met borste.

So dames, as julle die dag afvoel, vergeet van chin up – breasts up all the way. Manne, ek dink dit kan seker vir julle ook werk, al voel julle net beter omdat julle kyk na al die breasts up…

 

 

Advertisements

14 thoughts on “‘n Stukkie raad

  1. hanlie Februarie 14, 2008 / 1:27 nm

    Dis histeries! Ek sal dit nie vergeet nie!

  2. TristonJ Februarie 14, 2008 / 2:41 nm

    😆 te kostlik!

    PS: Happy Valentines mag jy vandag rotten ge- spoil word! 😀

  3. René Februarie 14, 2008 / 3:58 nm

    Ai Janey, nou het ek weer lekker gelag vir die Oom!! Hahahaha! Te sweet vir woorde!

    Van vandag af sal ek ook “breasts up” onthou!!

  4. Da Mario Februarie 15, 2008 / 9:00 vm

    Dis nogal een ding waarna ek uitsien as ek hier aan 60 gaan begin vat, om met al die jong twenty-something girlies te chat wat my 3 seuns gedurigdeur by die huis gaan aanbring!

  5. Da Mario Februarie 15, 2008 / 8:46 nm

    Off course gaan ek met hulle chat! Langs die swembad, waar hulle in bikini’s tan…. 😆

  6. TristonJ Februarie 15, 2008 / 9:00 nm

    DM ek kan net die grils daar sien le^ en agter hulle ande praat oor die ou oom wat so staar! 😉

  7. Da Mario Februarie 15, 2008 / 10:06 nm

    Die ou oom gaan nie staar nie, hy gaan rustig chat. Jissie, maar jygrind my vanaand orals oor die blogosfeer hê?? 😆

  8. TristonJ Februarie 16, 2008 / 6:30 vm

    Ek grind jou glad nie… ek lees net en comment… 😦

  9. netjane Februarie 16, 2008 / 10:12 vm

    Ek dink jy mag maar chat DM, solank jy net nie ‘n dirty old man is nie. Ek persoonlik vind ouerige charming mans altyd baie aantreklik…

  10. TristonJ Februarie 16, 2008 / 7:24 nm

    netjane… ek ook! Vra maar vir DM 😉

  11. netjane Februarie 16, 2008 / 10:08 nm

    O hel Triston – as jy met daai comment “hint” dat DM ‘n ouerige man is gaan jy hom mos mooi kwaad maak! 😉

  12. TristonJ Februarie 17, 2008 / 7:32 vm

    😆 netjane… DM het agter my skouer geloer toe ek die comment gemaak het, en die coment is gemik op dat ek hulle ook baie aantreklik vind… so nee ek twyvel ek het hom mooi kwaat gemaak. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s