Blaaskansie

As daar een Sweedse ding is wat ek dink gebottel en uitgevoer moet word (behalwe nou die gebrek aan midaad) is dit die Sweedse gebruik van fika.

Om te fika is om ‘n blaaskans se vat en ‘n koppie koffie te drink en ‘n ietsie soet te eet, maar deesdae tel ‘n broodjie ook as ‘n fika. Fika is nie middagete of ontbyt of ‘n plaasvervanger vir een of ander maaltyd nie. Die groot ding is om ‘n breuk te vat en saammet die werksmense te kuier vir ‘n ruk gedurende die werksdag. Meeste mense fika so 3 uur die middag, maar ‘n oggend fika hier by 10 uur se kant is nie ongehoord nie. Fika is nie ‘n koppie koffie by jou lessenaar voor jou rekenaar nie. Dis veral nie ‘n fika as jy dan verder so hard werk dat jy later agterkom jou koppie koffie het halfpad koud geword nie. Mens word ook nie genooi vir ‘n fika en wys dit dan van die hand nie. Die woord fika is afgelei van ‘n rondgeskommelde weergawe van die woord kaffi, ‘n vroeëre weergawe van die Sweedse woord vir koffie – kaffe. Fika is hier ‘n werkwoord en ‘n selfstandige naamwoord.

Koffie drink is groot in Swede. Hulle is van die hoogste per capita verbruikers van koffie in die wêreld en ek het ook nog nooit ‘n slegte koppie koffie in Swede gehad nie. Alle koffiewinkels en 7/11’s bied ‘n fika deal aan – gewoonlik so R30 dan kry jy ‘n koffie en iets soet. Die Sweedse gunsteling is so ‘n kaneel bun, maar dit is baie seisoenaal. Op die oomblik is die semla bun (baie room!) ‘n gunsteling. Daar’s ‘n resepte boek van die 7 hoof fika soetgoed se resepte in het en in Swede word daar net meer Bybels as hierdie boek verkoop.

Ek was nog altyd een wat nie maklik nee gesê het vir ‘n soetding nie en die feit dat die fika ‘n erkende nasionale instelling is het my omtrent blygehad. Ek het my fika in die somer geniet, maar dis toe die winter gekom het wat ek heeltemal oorboord gegaan het. Wanneer die donkerte hier teen 3 uur die middag neersak en die dag het homself al van so 1 uur af begin gereedmaak vir die donkerte was ‘n fika darem vreeslik lekker. Dit begin nou stadig weer warmer raak en die dae raak stuk-vir-stuk langer en ek sidder om te dink wat al my fika aan my somerklere gedoen het…

 

 

 

Advertisements

9 thoughts on “Blaaskansie

  1. hanlie Februarie 13, 2008 / 7:45 nm

    Nou sien jy – daar het julle fika en hier het ons FICA! Julle s’n is baie beter!

  2. mykopop Februarie 13, 2008 / 9:49 nm

    En wat van ‘n Kit-Kat?

    Luister, as die piece-job met ‘n vliegtuigkaarjie kom, en daar genoeg tussen-in gefika kan word, kan ons gesels!

  3. Da Mario Februarie 14, 2008 / 7:02 vm

    Dit klink hemels. Maar ek hoor graag binnekort wat jou fica alles aan jou somersklere gedoen het!! 😆
    Hey, happy Valentine’s Day!! Hoop jou liefie spoil jou rotten! 😉

  4. Jasper Februarie 14, 2008 / 7:45 vm

    Ek dink nie ek is gebou vir so min sonskyn nie. Maak nie saak hoeveel Fica’s daar in die dag is nie…

    Hoe hou julle dit 😯

  5. Celéste Februarie 14, 2008 / 11:24 vm

    Dit klink baie lekker, maar ja kyk, ek hou niks van die winter nie en as dit al hier teen 3 uur moet begin donker word, weet ek nie so mooi nie. Aan die anderkant is daar natuurlik die hoër gehalte van lewe daar ………

  6. Griet Februarie 14, 2008 / 12:12 nm

    Kom huis toe man sus. Ek het niemand om meer saam te fika nie

  7. Kaalvoetkind Februarie 14, 2008 / 2:46 nm

    Hi Jane. Ek lees nou al seker so ‘n week of wat gereeld jou blog en ek geniet hom baie hoor!! Moet sê dat Swede ook na my tipe plek klink… dalk oor my voorouers ook van ‘n Skandinawiese land afkomstig was (Denemarke). Jou foto’s van Stockholm was stunning

  8. René Februarie 14, 2008 / 3:17 nm

    Ek kan nou verkeerd wees, maar is daar nie so ‘n tipe tradisie in Namibië ook nie? Ek verbeel my iemand het lank lank gelede so-iets vir my vertel!

    Anyhow – ek sal maklik in Swede aard dink ek – maar die fika-besigheid sal my klerekas erg negatief beïnvloed!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s