Die ander lewe

Ek het reeds op ‘n vorige geleentheid geblog oor my fasinasie/obsessie/verslawing aan Scrabulous op Facebook.

Vandag het die wonderlikste ding gebeur. (Ek raak opgewonde oor die kleinste goedjies en dit vat nie baie om my gelukkig te maak nie). Die outjie (wel, ek moet seker vir hom oom sê – in ‘n nie Jurie-Robbie manier) teen wie ek gereeld speel en ek het nou al so ‘n halwe vriendskap opgebou. Sy dogter is ‘n omroeper by een van Engeland se universiteitsradiostasies. Ek sê toe sommer vir hom hy moet haar vra om ‘n liedjie vir my te speel op haar show vandag. En sy het!

Ek het nog altyd ‘n liefdesverhouding met die internet gehad, want ek weet watter fantastiese goed kan daaruit voortspruit, want dit maak regtig die wêreld kleiner en hierdie gebeurtenis het dit net weer vir my geïllustreer.

Ek dink nou aan Da Mario se post waar iemand vir hom gesê het hy is nie regtig soos wat hy op sy blog voorgee om te wees nie. Toe wonder ek sommer oor myself. Ek het vir Liefie ontmoet toe ons randomly met mekaar begin chat het op ICQ. Na 8 maande se chat het ons mekaar uiteindelik ontmoet. Na nog 4 maande se kuier en vriende wees het ons (uiteindelik!) ‘n couple geword. En dit was omtrent 7 jaar terug. Ons trou in Oktober. Ek vra elke nou en dan vir hom of ek “anders” is in die regte lewe as wat hy gedink het ek gaan wees. Hy antwoord net altyd hy weet nie. Ek weet ook nie.

Ek het in daai tyd wat ek met Liefie begin chat het ook met 2 ander mense gechat. Ons is vandag nogsteeds vriende. 1 in Australië en 1 in Kanada. Is dit regte vriendskappe? Kan dit regtig wees? Ek het waarskynlik meer met hulle kontak as sommige van my ander regte lewe vriende. Wat is bloggers vir mekaar? Ek blog nog nie baie lank nie (so 8 maande of so), maar ek glo julle het ‘n goeie idee van wie ek is, daar’s darem al ‘n gesig, al is daar nie ‘n naam nie en ek het ‘n goeie idee van die wese van meeste van die bloggers by wie ek gereeld gesig wys.

Interaksie tussen mense verander elke dag. Of is dit nou so dat hoe meer ons wys, hoe meer steek ons weg?

Advertisements

My Sweedse lewe

Ek is gevra om iets oor my lewe in Swede vir Liefie se Johannesburg kantoor se nuusbrief te skryf. Ek post dit dan sommer as my inskrywing vir vandag.

P and I talked about doing a transfer, but that’s all it was, talk. Then suddenly we were in Stockholm on a rainy (and cold!) day in April after we had decided to go to Copenhagen. If you’re confused, imagine what I was feeling.

P got staffed immediately and his life pretty much continued in the same way as it did in Johannesburg. I was left with apartment hunting, deciphering Swedish, Swedish supermarkets (really – someone should do a study there, they need help!) and the life of a housewife. It all sounds very laid-back and low-key, but if you’ve never ironed a shirt in your life, a day gets long. Well, truth be told, one of my terms of the move was that P would iron all his own shirts, that left me with more time to enjoy the coffee shops.

Stockholm is a beautiful city and thanks to the advice of both the Swedish Henriks we arrived in Spring – the perfect time. The days were getting longer, the temperature was picking up and (this was more P’s thing than mine) the girls were wearing less.

We soon settled into our new lives and I was surprised at how easy it was. The occasional societal quirk still caught me off guard every now and again – when I say caught, I mean literally, doors hit me in the face all the time, gender equality and all that – but for the most part we were living the good life.

We were living a scaled down life and it felt quite good not having any real responsibilities. No car, no house, only one set of drinking glasses. Trains and busses run on time, there’s some government department for just about everything you can think of and you pretty much know you are being looked after by someone bigger than yourself – The Swedish Government.

We travelled a lot, got to see some awesome places, got to walk around at night, could afford to not lock the front door. We got used to not having sunshine, even in summer, no Nestlé products and gave up on our mission to speak a fluent Swedish. Winter came. So did the darkness. Snow didn’t come. It rained. A lot. I felt cheated by the lack of snow and the continuous darkness. I started baking. A lot. Someone had to eat the baked goods. I did.

And suddenly, the darkness gives way. We’ve almost been here for a year. We have to go back. I can’t get my mind around having to leave this place and the lifestyle. I think I might be suffering from Stockholm syndrome.

What I learnt:

1. Recognising a Swedish word doesn’t mean you can pronounce it. Swedes will never laugh at the pronunciation, but only give you a vacant stare and switch to English.

2. Buying something and then remarking on how expensive it is doesn’t make it cheaper the next time.

3. Fika is a wonderful custom and should be adopted all over the world.

4. Don’t go out without a beanie in winter – thawing ears are unpleasant.

5. The Swedes make a distinction between nudity and sex. Nudity is natural. Neighbours don’t close their curtains. Ever.

What I wish I had known:

1. “Housewife” is not a generally understood term in Swedish society. The bank told me that I have no purpose and therefore could not have my own account.

2. Stockholm style is, well actually there is no real way of describing the fashion sense, let’s go with interesting. These are the clothes the stores stock and sell. Live with it.

3. Be strong and have a real purpose when walking into IKEA, you can lose days once inside.

4. Rain can last for days.

5. Expecting a country to be expensive isn’t enough preparation for the shock of actually realising how incredibly expensive everything really is.

Brief in die pos

Ek het vanoggend sommer skuins beneuk wakker geword. (Tell me why I don’t like Mondays…). Ek het die wekker gesnooze en toe sommer later gestop en toe ek (uiteindelik) my oë vir die wêreld oopmaak is dit al laat en die son strale val al op die bed en ek’s geïrriteerd.

Dis toe wat ek die “thunk” van die briewegleuf in ons voordeur wat weer toeklap hoor. Die posman! Met ‘n regte brief vir my! Nie ‘n rekening nie, nie iets anders onpersoonlik nie, ‘n brief met my naam en adres op in ‘n handskrif wat ek ken en ‘n possëel wat my hart laat verlang.

Toe voel ek sommer beter. (Die twee koppies sterk koffie het ook seker iets gedoen, ek dink eintlik nou ek’s effens te veel gecharge).

Ek is ‘n groot een vir handgeskrewe korrespondensie. Ek stuur poskaarte van oral waar ek aanland, sommer vir myself ook, kyk altyd of ek of die poskaart eerste by die huis kom. My broerskind kry gereeld briewe gevul met die grootste klomp nonsens (natuurlik moet ‘n 7 jarige weet dat ek nou in Kersfeesvader se land bly en dat die land ‘n regte egte prinses het – hoe anders gaan sy ooit met mening kan droom om een te word?). Vriende en vriendinne kry briewe met my weeklikse/maandelikse “ponderings”. My ma kry prentjies van huise wat vir my mooi is. My suster kry kinderboeke in tale wat nie ek of sy kan lees nie (die boek van België af het ‘n gunsteling van die kinders geword -haha, joke’s on you!). Ek het ‘n Viktoriaanse leer skryftassie met plekke vir seëls en koeverte en papier en allerhande ander toebehore. Selfs ‘n skryfblad wat mens uittrek. Ek skryf makliker ‘n brief as ‘n email.

Die ding wat my onderkry is dat so min mense terugskryf. Ek kry ‘n sms of ‘n email of ‘n telefoonoproep, maar amper nooit ‘n brief nie. ‘n Pel van my besef dat ek effens obsessief is oor die briefskryfery en gaan so ver as om poskaarte te skryf en dan vir ander mense wat reis te gee om te pos. Fantasties. Ek weet Kobus is in Suid-Afrika, maar ek kry poskaarte van hom af gepos in die suide van Argentinië.

Ek dink regtig dis ‘n gewoonte wat van kleins af aangeleer moet word. Miskien is dit net ek wat nog soveel waarde aan ‘n brief heg.

Nuuterig

My soeke na tweedehandse engelse boeke neem my na snaakse uithoeke in Stockholm. Ek kan dit nie oor my hart kry om 3 keer die prys vir ‘n nuwe boek te betaal nie, tensy dit ‘n boek is wat ek daar en dan wil lees. Ek het nog altyd tweedehandse boeke gelees. My gunsteling plek in Johannesburg was Bookdealers of Rosebank.

Hier is dit ‘n stryd om engelse boeke te kry, tensy jy die “blockbusters” wil lees of baie wil betaal. Ek lees omtrent alles (nie so baie in die sci-fi en fantasy genres nie) en as ek my habit teen volprys moes finansier het sou dit maar moeilik met die finansies van die gekombineerde Netjane – Liefie huishouding gegaan het.

Ek het grootgeword op veilings en my ma ken elke krap winkel in Suid-Afrika. As ons deur ‘n dorp ry en dit lyk of daar moontlik iewers ‘n bargain verskuil kan wees, dan moes pappie maar stop sodat mammie kan shop. Die gevolge van dit is dat pappie waarskynlik weet hoe omtrent elke slaghuis se biltong en/of droëword proe. Ek ken die reuk van antiques winkels en weet eintlik te veel van oudhede. Ek kan die pryse op die Antiques Roadshow program op BBC reg raai.

Toe ek begin klerk het en na die meer “dodgy” dele van groter Johannesburg toe gestuur is vir eksekusieverkopings moes ek altyd my ma se vrae antwoord oor wat te koop was en hoekom ek nie gebie het nie. “Why buy new when used will do” het in my kop nog altyd baie sin gemaak. Ek het altyd die banke weer oorgetrek (met bargains van die Plaza af natuurlik, of van een of ander groothandelaar wat mammie gecharm het) of nuwe lampskerms vir die lampies gekry, so die goed het fantasties gelyk (ek sal my eie beul blaas en sê ek het ‘n goeie oog).

Toe is daar Liefie.

Liefie hou van nuwe goed. Liefie dink tweedehandse goed is grillerig. (Terloops, ek vind nou die dag eers uit my pa haat tweedehandse boeke, ek moes altyd eers die goed lees voor hy daaraan sal raak…). Liefie kry later ‘n tweedehandse bank wat ek op die veiling gekoop het (ek kon dit nie teen daai prys laat staan nie!) en die word oorgetrek. Die bank kry stoele, nog ‘n bank kom by. Liefie grom nog altyd ons moet nuwe goed koop, maar sit te lekker op sy “ou” banke.

Toe is daar Swede.

Ek weier om in ‘n gemeubileerde plek in te trek en sê ek sal liewer minder goed hê as goed wat ek haat. Ons tref vir IKEA met ‘n slag. Die dag toe alles afgelewer word en ek alles aanmekaar gesit kry lyk die huisie heel mooi. En toe tref dit my: dis die eerste keer wat alles rondom my splinternuut is. Dit was ‘n vreemde gevoel.

Geregtigheid (?)

Ek’s nie een om gewoonlik oor “serious” issues te blog nie, ek blog meestal maar net my gedagtes as ‘n tipe joernaal vir myself, maar toe ek die opskrif op die M&G site sien en toe die berig lees kon ek nie anders nie as om te dink: WTF?!

A Pretoria High Court judge ruled on Monday that a murderer and robber did not deserve life imprisonment because of his disadvantaged background and poor schooling.

Die ou was 1 van ‘n bende van 3 wat by die moord en roof betrokke was. Hy het vroeër as ‘n tuinjong by die slagoffer gewerk. So hy is nie so eenvoudig sodat hy nie kon besef het dat daar iets werd was om te steel nie, hy’t genoeg geweet om ‘n bende te vorm om die steelwerk te gaan doen en hy kon ‘n verskoning vir sy vingerafdruk op die toneel uitdink. Hy is ook nie so onopgevoed as om nie te weet hoe ‘n geweer werk (of for that matter, hoe om een in die hande te kry nie). Hy het ook besef twee middeljarige vrouens alleen in ‘n huis is ‘n soft target. Hy was naby 30 ten tye van die voorval, nie juis jonk en onervare nie, maar omdat sy agtergrond gebrekkig was verdien hy nie die volle straf nie.

Ek het nie geweet mens moet ryk en opgevoed wees om die verskil tussen lewe en dood te verstaan nie.

Hy’s tot 40 jaar gevonnis, waarvan hy waarskynlik 19 sal uitdien. Die regter reken hy kan gerehabiliteer word en sodoende nog tyd saammet sy familie geniet. Iets wat nie aan sy slagoffer gegun is nie.

Granaat

Ek het nie gedink ek het al ooit in my lewe ‘n granaat geëet nie, so toe ek nou die dag die granate (2 vir SEK10) in die supermark sien het ek ‘n dringende behoefte gehad om 2 te koop. Ek het toe nogal gewonder hoekom ek so ‘n brandende begeerte het vir iets waarby ek nog altyd net kon verbyloop. By die huis gekom het ek nie juis geweet hoe om hulle te eet of wat om te verwag nie. Met die oopsny spuit die sap en dit lyk of ek in die oorlog was – met diep pienk bloed. Saammet die oopsny kom daar ook die wonderlikste, duidelikste herinnering terug na my toe. Soos ‘n ou tuisfilm wat voor my afspeel. My pa se hande, en in sy hande, ‘n oop granaat.

Ek moes seker so 4 of 5 gewees het, want die gebeurtenis het afgespeel in ons “ou” huis, en ons het na die “regte” huis, waar meeste van my herinneringe lê, getrek toe ek nog in die kleuterskool was.

Die menslike brein of hart of siel of psige (waarookal dit wat ‘n liggaam ‘n mens maak, gebêre word) vang my telkemale onkant. Hoe word iets so weggesteek om dan net weer opgediep te word uit die bloute? Ek het my ma gebel – die “ou” huis het ‘n granaatboom (bos?) gehad. My brein het nie die smaak of  reuk of tekstuur van ‘n granaat gespaar nie. My brein het nie gekies om enige deel van die gesprek te spaar nie. My brein het nie eens gesigte gespaar nie. Net my pa se hande (wat ek enige plek sal kan uitken) en die juweelkleur van ‘n oop granaat.

Stoep praatjies

Die son skyn nou al elke dag vir 3 dae lank (‘n Stockholm rekord!). Die lug is ‘n perfekte blou kleur. Oral lê nog bietjies bietjies sneeu. Die feit dat die sneeu nie smelt nie, selfs met die sonskyn moet vir julle ‘n aanduiding gee dat dit lekker koud is. Ek dink die temperatuur trek by -5 en dan praat ons nog nie eens van die aanvoelbare temperatuur nie. Ten spyte van die koue wil ek so graag my koppie koffie vat en dit buite gaan drink. Ons bly op die tweede vloer en het nie die luuksheid van ‘n balkon nie. Ek kan in die binnehof gaan sit, maar dis donker en nat en glad nie lekker nie. Dis ook nie dieselfde om in die (piepklein) parkie voor ons huis te gaan sit nie. Dis eintlik nie eens ‘n park nie – meer soos ‘n groepie bome met 4 of so bankies tussen in geplaas – seker maar vir die woonstelbewoners se gebruik, nie dat ek ooit sien iemand sit daar nie. Die regte groot park met paadjies en bome en speelgoed en monumente is omtrent ‘n blok weg wat sal beteken dat ek my koffie in ‘n warmfles moet gooi en dan daar gaan drink. Ek’s nie lus vir ‘n piekniek nie, ek wil net my koffie iewers buite drink.

Waarna ek vandag verlang is ‘n stoep.

Die huis waarin ek grootgeword het was om die swembad gebou, so oral was eintlik stukkies stoep, maar my plek was so in die hoek van die tuin op ‘n bankie waar ek mooi die doen en late van die huishouding kon dophou, sonder dat hulle altyd opgemerk het waar ek was. My eerste eie plek het so ‘n regte posseël grootte tuintjie gehad en mens moes met 2 trappies aftree van die sitkamer af om in die tuin te kom. Daai trappies het lekker son gekry, dit was my “stoep”. Ons huis het ‘n lekker stoep wat mooi oor die tuin uitkyk en heeltemal beskut is van die wind en weer. Ek het ‘n lekker leunstoel en dis waar ek sit en dink. Vakansietyd op Stilbaai saammet al die niggies en nefies het die stoep te lekker oor die rivier uitgekyk en ek onthou nog Ouma wat elke aand daarop aandring dat al die stoele ingebring moet word, vir ingeval dit reën. Toe ons later ons eie huis in die Oos-Kaap bou was die “deck” die hoogtepunt. My ma is ‘n knaphand met die “decorating” en daai deck lyk soos ‘n 5 ster hotel se sitkamer. Natuurlik waai die wind meeste van die tyd en jy moet jou tye aan die seekant van die huis goed kies, maar om daar te sit is regtig iets. My tannie se huis op ‘n sitrusplaas in Addo het ‘n regte plaas stoep gehad. En as die son so sak oor die boorde kon die wêreld maar vergaan. Dieselfde met ‘n ander tannie se plaasstoep in die Waterberge. Die huis is baie hoër as die res van die omgewing gebou en dis ‘n goeie 8 trappies van die tuin na die stoep, mens voel regtig soos King of the Hill.

Ek krul myself nou maar in my eie vensterbank op en verbeel my ek sit nie in die sitkamer nie. Die venster is op so ‘n skrefie oop, net om ‘n bietjie van die buitewêreld se klanke in te bring en ek droom van bosveld vlaktes en suburban bliss.