Lewensles

Ek sit laasweek in Woolworths. Vir die uitverkoping gegaan, vir die kinders, julle weet mos… Haak toe vas by Trenery et al. Kry swak diens. Ek gaan drink toe koffie by W Café terwyl Iyla haar melk drink. Ek sit ver van die paar ander mense, ek’s nie een vir lappies oor die tieties gooi nie, maar wil darem nie die ander mense te erg pla nie.

Die Wifi werk nie.

‘n Ou, verslonste tannie kom nader geskuifel. Kom sit by die tafel agter myne. Hop weer op en kom praat met my. My naam. Baba se naam. Ouderdom. Geslag. Is die kind gedoop/geseën? Ek antwoord. Beswaarlik.

Ek praat nie eens met mense wat ek ken nie! Mense is nie my “ding” nie. En dis die maklikste skans om agter te skuil. Ek wend nie eens ‘n poging aan nie.

Toe ek wil betaal bring die kelner die strokie, maar sê die tannie het reeds betaal.

‘n Gawe boodskap staan daarop geskryf.

My suster het so in engele geglo. Ek moet dalk ook, want hoe anders verklaar ek die goedheid van die mensdom waarin ek so min glo?

Gedagtes oor mail art

Detail

Met die dat ek al hoe meer ‘n kluisenaars bestaan voer, het ek eintlik meer tyd vir my stokperdjies. My kluisenaars bestaan is waarskynlik omdat:

  1. ek ‘n 6 week oue baba het;
  2. My suster, en mede-gatskuurder, dood is; en
  3. Grot bewoner gedrag eintlik my natuurlike manier van wees is.

Ek het al vantevore oor my liefde vir briefskryf geblog en hoe dit eintlik vir my ‘n tipe reddingsboei is, anders sal ek waarskynlik (nog) mal(ler) raak.

So. Twee vlieë met een klap. Ek blog oor my briefskrywery en beperkte mail/letterart.

Let wel: ek is ‘n amateur. Ek kan nie enige oorspronklike kunswerke wys nie, want ek kan nie teken/verf soos meeste ander mailart mense nie. Kunsvlyt benodighede is redelik duur in Suid-Afrika en ek weier om belaglike pryse vir stickers en goed te betaal. So dis budget mailart. Tyd en geld gewys. Want ek kan geen sker of gom of stickers laat rondlê nie, want my kinders gaan mal daarmee.

Hoe begin mens? Ek volg ‘n redelike aantal mense op Instagram. Die hashtags #snailmail #sendmoremail; #mailart; #incomingmail; #penpals ens lewer duisende resultate. My skrif is nie wat dit moet wees nie, so daaraan moet ek werk, maar ek gaan nooit kalligrafie kan leer nie, so mens kan ook nie alles hê nie. Seëls is belangrik en snaaks genoeg kan mens met baie moeite soms ‘n seël by die poskantoor te koop kry – so ek bestel my seëls van die “virtual post office” en hulle lewer binne 3 dae by jou huis af.

Gekleurde penne, ‘n verskeindenheid koeverte en papier, stickers, washi tape, stempels en gebruikte seels is goed om te versamel. Ek maak ook soms my eie koeverte uit geskenk papier of tydskrif blaaie. Ek koop koeverte en deels gebruikte briefstelle by liefdadigheidswinkels en is altyd op die uitkyk vir uitverkopings. Washi tape is waarskynlik die mees veelsydige item vir mailart, maar ook die duurste. So as iemand weer by jou kom eet en vra of hulle iets kan bring, sê ja, ‘n rol washi. Dis tussen R35-R55, afhangende van grootte en motief. China Mall het honderde goedjies, natuurlik hoe platter hoe beter, want dit maak pos makliker en goedkoper.

Kyk met ander oë na “goed”. Die bruinpapier waarin jou blomme toegedraai is, die “coaster” by jou gunsteling koffiewinkel, ‘n verfkleur voorbeeld kaartjie. Ek hou dit alles. My idee met mailart is om ‘n storie te vertel. Hetsy deur kleur, motiewe of temas. Probeer lae opbou. Wissel teksture en groottes af.

Ek het ‘n wonderlike woord geleer:Ephemera: Items designed to be useful or important for only a short time, esp. pamphlets, notices, tickets, etc.

Die fotos wat volg is van ‘n brief wat ek onlangs België toe gestuur het. Die skoenlapper papier het ek bloot uit ‘n ou Idees tydskrif gesny en “sakkies” van gemaak met alkant plakband. Ek het klein “geskenkies” binne in gesit – poskaarte en geskenkkaartjies, asook gekleurde vormpies van papier wat mens kan koop of met ‘n pons kan maak. Die seëls is binne ‘n sakkie gemaak uit die venster gedeelte van ‘n ou koevert wat ‘n rekening ingehad het. Die doilie is vol van daai blink tafel confetti (skoenlapper vorm). Ek het ‘n sak rubberstempels by die liefdadigheidswinkel gekoop en die “Original Publication” stempel was een van hulle. Al sê die stempel “paid” of iets wat nie regtig by briefskryf pas nie, dit voeg ‘n laag by en is deursigtig en nie swaar nie!

Ek versier altyd die koevert ook, sodat die ontvanger ‘n “sneak peak” kry van wat in die brief is. Mens leer jou penmaats ken. Sommiges hou van lang briewe met niks by nie, ander hou van die “goed”. Ek gee regtig nie meer as R10 uit op die goed binne nie – een van die poskaarte wat ek hier ingevoeg het, het ek weer van iemand uit Japan as geskenk gekry. Iets wat ook goed werk is ou blaaie uit boeke wat gestik word, maar ek kan nie naaldwerk doen nie!

Finaal.jpg

insert.jpg

Koevert

 

 

 

 

R10 het baie gekoop

Jeans aantrek. Maak nie saak hoe styf en laag nie. Want jy’s 19 en jou lyf nog meer as okay. Toppie. Swart. Styf. Waarskynlik te kort. Maar dit raak warm daar binne. Docs toeryg. Dis nie ‘n club vir hoë hakke en glitter oë en pienk lipstick nie. Niemand gaan vir die meat market nie. Dit gaan oor die musiek.

Laataand die stad oorkruis. Wes na Oos. Mense gaan al slaap, maar die dansvloer gaan nou eers begin opwarm.

The Doors.

My ma sê dit asof mens daar aanklop en dan gaan die poorte van hel ook oop. R10 maak die deure oop. Dis donker. Instant anonymity.

En die rock musiek wat deur jou bene bewe.

Instant oblivion.

****

Na ‘n paar aande van musical beds and kotsende kinders en self siek wees en borsvoed wens ek vanoggend vir daai klein thrill net as mens by die kar uitgeklim het en die winterlug gebyt het aan jou oop naeltjie, voor die R10 die deure oopgemaak het.

Na anonimiteit.

En die luukse van ontsnap van die oomblik.

Red my

Ek het gister vir die tweede keer met Month of Letters begin. Dit behels, kortliks, dat mens vir elke posdag van Februarie iets met die pos uitstuur. Briewe, poskaarte, koerantuitknipsels, verjaarsdagkaartjies… Verder moet mens ook antwoord op enige pos wat jy ontvang (seker nou nie ‘n dankie aan Cell C rig vir jou telefoonrekening nie).

Ek was laasjaar heel suksesvol en het ‘n klomp lesse geleer. Het ek die tyd om dit hierdie jaar te doen? Nee. Moet ek dit hierdie jaar doen? Ja.

Want soms moet mens besef wat jou aan die lewe hou.

Modern Mrs Darcy blog oor “Things saving my life right now” en dat dit eintlik ‘n moeilike vraag is vir meeste mense om te antwoord. Want almal kan dadelik sê wat hulle lewens kak maak, maar die belangrike goed word net as terloopse goed beleef en aanvaar. Amper as onnodighede. Tussen al die ander “belangrike” goed in die lewe kan/mag (?) mens mos nie net op jouself fokus nie?

Maar dis die ding. Dink na oor dit wat jou lewe _nou_ red. Dit verander dalk daagliks. Na gelang van die seisoene. Soos jou werk- of huisomstandighede verander. Maar as dit iets soos ‘n koppie koffie in stilte is voor die huis wakker word, staan op. Maak seker jy doen dit.

My lysie is heel basies:

  1. Brief skryf. Want ek probeer twee van die goed waarvoor ek baie lief is kombineer: woorde en enige vorm van kreatiwiteit. Gaan kyk bietjie na letter art op Pinterest. Mense doen ongelooflike goed met pen en papier. Maar ek moet nog baie leer;
  2. Om iets te eet in die oggend. Binne 10 minute nadat ek wakker word. Tans is dit ‘n bakkie dubbel room jogurt met amandels. Want anders voel ek sleg, flouerig en basies moerig;
  3. Instagram. Al dien dit net as ‘n fotojoernaal vir myself. Maar ek is mal oor die feit dat daar mense amper nes ek in die wêreld bestaan;
  4. Bokse uitpak. Want anders voel ek oorweldig en lui dat ek niks doen nie en paniekerig in die algemeen;
  5. My “Get Busy” to do lysie van Typo. Dis ‘n A4 skryfblog met kolomme vir date, action en done. Super eenvoudig, maar dit werk uitstekend vir my. Die mees eenvoudige ding word opgeskryf. Want dan is dit nie meer in my brein saammet die ander 1000 gedagtes nie.

Wat red tans jou lewe?

 

 

 

Asem skep

As ‘n ouer kry mens baie raad oor hoe om jou kind(ers) groot te maak. Sommige van die raad soek mens self uit. Meeste is unsolicited. In Swede het daar bo almal se posbusse gestaan: “Ingen reklam, tack” – geen advertensies dankie. Ek wil so kennisgewing saammet my dra. Om 98% van mense wat met my wil praat (oor enige iets) te ontmoedig. But, I digress.

Wat ek egter wens almal met kinders (almal!) aan my duidelik gemaak het, is hoeveel mens met jou kinders moet deel. Hoe min daar van die eie ek oorbly. Dat niks jou eie is nie. Selfs goed waarvoor ‘n 2 jarige seuntjie nie noodwendig en ooglopend ‘n nut voor het of ‘n belang sal by hê nie. Soos ‘n bra.

Ek het reusagtige persoonlike spasie. Hanteer net ‘n beperkte hoeveelheid stimulasie en voel maklik oorweldig. Ek kry nie energie om by mense te wees nie. Ek hou van alleen wees. En dit maak my seker ‘n slegte ma, maar kinders is _heeltyd_ daar. Met geraas. En fisiese kontak. (En liefde, ja, ek weet, ek praat nou van uiterse gevalle, wanneer ek verstaan hoekom die stereotipe bestaan dat ma’s 2 uur al begin wyn drink)

Ek lewe tans in ‘n uiterse geval. Elke dag. Ander mense sal net voortgaan met hulle dag tot dag bestaan, want all in all, is dit nie so erg nie, maar vir my persoonlikheid is dit.

Ons het aan die begin van Desember in ons nuwe huis ingetrek. Wat nie klaar is nie. Wat glad nie so klaar is as wat dit moes wees nie. Wat toe ons ingetrek het nie eens ‘n kombuis gehad het nie en net plek-plek ligte en water gehad het. Met bouers en sub-kontrakteurs steeds op die perseel tot die 20ste Desember. Met dieselfde bouers en sub-kontrakteurs wat die 11de Januarie teruggekom het. En 4066m2 se stof en/of modder as erf. (Want die vorige eienaar het ‘n tipe total destruction met omtrent al die bome en struike en groen goed gedoen, hoekom? Want hy’t gedink hy kan).

In my ma se ou huis het sy ‘n kamer gehad wat totaal onnodig was. Sy het dit nie in ‘n gastekamer omskep nie. Sy het dit in ‘n tipe mini-sitkamer/boudoir omskep. Sy het dit haar breathing room genoem.

En dis wat ek tans nie het nie. ‘n Breathing room. Wat net myne is. Sonder stof. En geraas. En lego blokkies. Waar ek kan lees en blog en tee drink. Ek is ‘n laatlammetjie. Liefie ook. Ek is gewoond aan goed wat net myne is. Sommige noem dit selfsug. Ek noem dit oorlewing.

(het ek genoem dat ek 5 maande swanger is?)

 

Die wereld het meer mense soos Ronel nodig

Julle weet seker teen die tyd dat ek nie ‘n love affair met mense het nie. En, waarskynlik, as ek eerlik moet wees, het hulle seker ook nie ‘n love affair met my nie.

So noem my maar sinies. Ek verwag nie die beste van mense nie. Ek verwag dat mense altyd eerste aan hulself sal dink en ervaar keer op keer hoe min mense hoegenaamd “considerate” is. Iets wat van kleintyd af by my ingedril is. Moenie laat wees nie, jy minag die ander person. Moenie jok nie, jy minag die ander person. Waardes is nie net aan my geleer “for the sake of it” nie, dis altyd gedoen met die agtergrond van hoe jou gedrag ander mense gaan raak.

En, ten spyte van my grotbewoner geneigdheid, probeer ek ander mense in ag neem. Verder te dink as my eie bottom line. Maar dis moeilik.

Gister staan my ma in ‘n antieke winkel en praat met my oor Whatsapp oor ‘n Japanese Kokeshi poppie wat te koop is en of ek wil he sy moet dit vir my kry. ‘n WILDVREEMDE vrou hoor ek versamel die poppe en dat ek baie van Japan hou en daar was vir my wittebrood, en net daar bied sy aan om haar Kokeshi wat sy jare terug in Japan gekoop het vir my te gee. Sy vlieg toe gisteraand terug Pretoria toe en vanoggend laat sy my weet sy is vandag in Johannesburg as ek die poppie wil kom oplaai. Wat ‘n vraag!

Die poppie is pragtig.Ek het hier reeds oor my liefde vir “folk art” geblog en my 3 poppies gewys.japan dolls.crop Saammet die een wat my ma gister gekoop het, gaan ek nou vyf he.

Die nuwe geskenk maak my versameling regtig besonders.

InstagramCapture_a22e3dd7-14ff-41cb-981c-c5b4ab61c270

So vandag staan ek hoed in die hand. Want ek verdien nie hierdie Random Act of Kindness wat oor my pad gekom het nie. Maar met die dat my lewe met al die goed wat aangaan vir my begin swaar voel het, is ek so bly oor hierdie klein poppie.

Want sy kom soos ‘n engel.

Dankie Ronel van Pretoria. Die mooi blonde vrou sonder van of agtergrond – jy’t ook soos ‘n engel gekom.

Vir my sussie

Ek plaas vandag ‘n ou skrywe. En hierdie keer nie op my suster se verjaarsdag nie. As ons maar net nog ‘n verjaarsdag kon gekry het. Vandag is haar sterfdag. Einde van die pad. Die 4 uur in die oggend oproep wat niemand wil kry nie.

En die rede is dit waaroor ons al vir 6 jaar stry – haar kwynende gesondheid as gevolg van haar gewig.

Ek het net nie besef dieselfde gesprek gaan al vir 6 jaar aan nie. Want 6 jaar is mos oorgenoeg tyd om ‘n verandering te maak, is dit nie?

Was dit nie?

“…al ooit gewonder hoe dit voel om te vlieg….. ons kan wees wat ons wil aan daardie kant… geen reels…”

-Beloofde Land, Heuwels Fantasties

NetJane se blog

Ek wens mense het nie vreeslik baie draadwerk gehad nie. Ek wens dat mense nie liggeraak en vol issues was nie. Ek wens dat woorde nie kon seermaak nie. Ek wens ek het altyd geweet wat die regte ding is om te sê  en die regte ding op die regte tyd gesê.

Ek wil jou nie seermaak deur my woorde nie. Ek wil jou nie verkleineer deur my raad nie. Ek wil jou help. Omdat ek lief is vir jou en omdat jy my sussie is.

Ek is die een wat nie goed is met mense nie. Ek is die een met wie mense nie graag praat nie omdat ek hulle vreemd en ongemaklik laat voel. Ek is die een wat nie verjaarsdae en kinders se name onthou nie. Jy is die nice een. Die vriendelike een. Die een van wie mense hou. Omdat jy omgee. Omdat jy soveel van…

View original post 254 more words