Ek en Liefie is besig om stelselmatig al ons “papier” fotos te skandeer, sodat hulle nie verder vergeel en beskadig nie.
Ek kom toe op hierdie foto van my oupa af, met die volgende boodskap agterop geskryf:
“Met liefde en beste wense van Jansje en Isebrand. 19 Desember 1936″
My oupa (aan my ma se kant) is die man heel regs. Niemand wat ek gevra het kon vir my enige aanduiding gee wie Jansje en Isebrand is/was nie. Dit laat my dink aan die program “Who do you think you are?” waar bekendes hulle voorgeslagte navolg en dan altyd op die snaakste plekke fotos of leidrade kry. Nie Jansje of Isebrand is baie algemene name nie, maar sonder ‘n van, waar begin mens soek. Miskien het die bruidspaar se familie hope fotos van hulle voorouers en maak hierdie foto geen verskil in hulle lewens nie, maar wat as iemand oor hulle geskiedenis wonder?
So bloggers – ken iemand ‘n Jansje of ‘n Isebrand?

Het jy die name al ge-google?
Dis wat ek kry
ISEBRANDS,DIKKERS, Posted on: 19 Aug 1998, by Kelly Adams … Their son Roelof deWITT, born 1862, died 6 July 1896, married Jansje VELDHUI. … 17 Apr 1796 Amsterdam, N. Holland) on 11 Apr 1822 in Deventer. …
Het jy al Jenesreunited probeer? http://www.genesreunited.co.za/
Loer ook op die argiewe se webtuiste: http://www.national.archsrch.gov.za/sm300cv/smws/sm300dl
http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2001/04/11/4/12.html
Ek maak fotoboeke/koffietafelboeke van ou familiefoto’s – as jy dalk belangstel?? Dis ‘n ongelooflike mooi en spesiale erfstuk!
Cool….’n lekker raaisel. Maar dit lyk my son is voor op die wa