Woorde

Ek lees dat die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT) tans ‘n veldtog het waarin mens ‘n woord kan borg vir ‘n R100. Verskeie bekendes het reeds woorde geborg en ek dink dit kan eintlik nogal ‘n goeie kersgeskenk wees vir daai persoon wat alles het. My enigste probleem: hoe kies mens ‘n woord?

Iets wat by jou persoonlikheid pas, ‘n woord wat lekker sê, ‘n woord wat al in onbruik verval het maar wat jy wil hê weer ‘n opwagting moet maak?

Watter woord(e) sal julle borg? En voorstel vir my?

‘n Ander verskynsel wat weer en weer in my lewe kop uitsteek is waar ek ‘n woord of gedagte teëkom wat ek nie ken nie, die betekenis dan naslaan en dan daardie selfde woord/begrip weer en weer teëkom binne die volgende week of twee. Daar is ‘n woord vir die verskynsel: die Baader-Meinhof fenomeen. Ek het geen idee hoekom die verskynsel na ‘n terreur groep vernoem is nie, maar let bietjie op hoeveel keer dit eintlik gebeur. My jongste voorbeeld is “folly” in die konteks van ‘n gebou gebruik.

Een van die toepassings wat ek die meeste op my Blackberry gebruik is die dictionary.com toepassing. Vinnig en maklik om te gebruik, sodra ek ‘n woord sien wat ek nie ken nie wonder ek nie meer nie, ek slaan dit na. Dieselfde geld vir die woordeboek funksie op my Kindle. Wonderlik!! Mens moet na die dictionary.com webwerf gaan om die toepassing te kry, dis nie in die App-World beskikbaar nie.

En ‘n “nuwe” ou woord wat weer my aandag gevang het? Rampokker. Een van die woorde wat Max du Preez geborg het. Ek’s mal daaroor. So ook boef. (Maar laat ek eerder nie begin nie, daar’s ‘n duisend lekker Afrikaanse woorde wat nie meer gebruik word nie!)

Posted with WordPress for BlackBerry.

7 Responses to Woorde

  1. Ek was bietjie vies toe ek hoor die woord wat jy borg is nie eksklusief joune nie, honderd mense kan hom ook borg. Toe klink dit vir my na ‘n cheap manier wat die uitgewers ons wil uitbuit.

  2. Ek kan nie ‘n woord borg nie ,maar as ek kon sou dit die volgende woord wees: liefdesteleurstelling. Die rede? Hierdie gewone en algemene woord in Afrikaans veskyn in geen woordboek nie! ( Hoekom het sy nooit getrou nie? sy het mos ‘n liefdesteleurstelling gehad!) Gaan soek hom maar op in die HAT, Bosman en ek dink die ander tweetalige woordeboek ook. Op ‘n stadium het hulle gevra mense moet inskakel as hulle weet van woorde wat uitgelaat is en ek het toe oor liefdesteleurstelling geskakel. Wie weet? Miskien het hulle dit toe ingesit (dit was nie in toe ek geskakel het nie), maar die dame wat die tel geantw het het gese dat hulle nie al die liefdes-vebindings kan insit nie. MI word die woord egter BAIE meer gebruik as bv liefdesmart, liefdepand en liefdespyn. Dat Engels nie so ‘n lekker woord en rede het omdat mense nie getrou het nie, het niks te make met die woord se geldigheid as woord nie, dit maak eintlik die woord net beter en meer Afrikaans.
    So hier is vir jou ‘n woordjie, nogal ‘n lang enetjie, as jy belangstel.

  3. Pingback: Sewe Skandes, Sondes of Sommernet « Kouevuur

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s