Friends will be friends…

Ek het ‘n “vriendin” op Facebook (sy is eintlik ‘n gewese werkskollega se vrou) en met elke liewe een van haar status updates het ek gesug en my oë gerol. Ek het op my tande gekners om nie kommentaar te lewer nie, want ek het geweet dit gaan onnodige wrywing by die kantoor veroorsaak.

Liefie kon glad nie verstaan hoekom ek nog opgewerk oor haar kak geraak het nie (ek kan dit nie verdra as mense ‘n opinie oor alles het nie, maar glad nie navorsing doen om darem vas te stel wat die ware stel feite is nie. En om dan nog verkeerd te spel in jou status update crack my).

Ek het aan hom probeer verduidelik hoe my brein werk en dat ek al die storie uitgedink het tot in die fynste detail (iets soos, netnou noem sy iets belangriks op Facebook en dan mis ek dit en dan weet ek nie waarvan sy praat as ek haar weer sien nie en dan is dit ongemaklik en dan blah blah blah). Liefie het net sy kop geskud.

Wel, en op sigself is dit nie ‘n groot mylpaal nie, maar ek het haar “defriend”.

Die lewe is besig. In sommige mense se lewens stel ek werklik belang, maar sommige van my Facebook vriende is regtig net bandwidth wasters. Dieselfde geld vir “regte” vriende.

Ek’s oor nice wees en die regte ding doen en gemanierd wees as dit by vriendskappe kom. Of ons het ‘n verhouding of ons het nie. Ek’s moeg vir effens en eensydig. Sommige vriendskappe dien ook ‘n doel en dan kan mens aanstap. You can’t flog a dead horse.

Ek’s bewapen met ‘n panga. En ek kap nou. Left, right and center.

Posted with WordPress for BlackBerry.

6 Responses to Friends will be friends…

  1. Met verdrag raak ‘n mens se arms moeg van kap na lote wat skynbaar aanhoudend bly terug groei. In ‘n tipies die uwe oorreaksie het ek ‘n kettingsaag na die wortel van die probleem geneem … het jy geweet Vleisbroek laat jou vir twee weke sweet voor hulle jou profiel permanent verwyder?

    Die mense wat opgemerk het die uwe is M.I.A en navraag gedoen het is min genoeg dat ek hulle weekliks kan bel/e-mail/nooi vir koffie om ‘n bietjie nonsens te praat. Life is better when lived in paragraphs.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s