Moeg, op, verby gatvol

Ek is nie een vir lang stories en groot drama nie, maar as iemand anders vir my vertel het hoe hulle week die afgelope week verloop het sou ek gesê het hulle jok of oordryf. Daar’s nie ‘n manier wat alles gelyk met 1 mens kan gebeur nie.

Dit het begin met my bediende wat in die hospitaal beland het. Ek weet dis kla met ‘n witbrood onder die arm, maar sy’s nie net ‘n bediende nie, sy’s Arjun se oppasser en eweskielik kon ek nie my werksverpligtinge nakom nie. My suster sê toe sy sal hier en daar ‘n uur of wat na hom kyk, maar kort daarna trap haar bediende skeef toe sy uit ‘n taxi klim en sit enkel in die lug. My huis en my sussie s’n (sy’t 2 seuntjies onder 8) ontaard gou-gou in chaos en met die dat niemand na Arjun kan kyk nie kan ek ook nie meer gaan gym nie.

Ek is in die eerste plek nie een wat daarvan hou om te sweet nie en het net mooi in my gym roetine begin kom en begin goed voel, so dis iets wat ek mis!

Ek kuier by vriendinne met babas en binne ‘n paar dae na die kuier is al die kinders siek, Arjun inkluis. Ek steek by hom aan, Liefie steek by my aan en so raak die huiswerk nog verder agter. Intussen beland my suster in die hospitaal (dis redelik ernstig, hou haar in julle gedagtes) en ek wen vir myself ‘n kits familie met skoolkar en huiswerk. Arjun piekel nog oral saam en ek pendel tussen my huis, haar huis en die 2 hospitale.

My bediende word ontslaan, maar na haar longontsteking is sy te swak om te werk en ek stuur haar huistoe.

Gister kom ek na ‘n dag van heen-en-weer tuis net om agter te kom ons water is gesny. Ek sou my moer gestrip het, maar ek het nie die krag nie.

Het ek genoem ek’s nogsteeds nie gesond nie?

O ja. My ma kom vandag kuier. Daar’s nie skoon linne op haar bed nie.

Posted with WordPress for BlackBerry.

6 Responses to Moeg, op, verby gatvol

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s