So dood soos disco

8 11 2009

My rekenaar is gebreek. As dead as disco, soos wat my broer sal se. Dit is deels te danke aan die spesifieke HP-model wat se ietsie-ietsie te naby aan die ietsie-ietsie anders is en daarom moes die ding al eintlik lankal die gees gegee en ek moet eintlik bly wees dat dit so lank gehou het en deels te danke dat ek die rekenaar laat val het. Nie hard nie, dit het skaars ‘n geluid gemaak, maar nou boot die ding nie meer nie. Of iets… Bottomline is dat ek hoogs verveeld en demoerin en kwaai is. Liefie probeer paai en het al die nuwe part bestel en het belowe om dadelik ‘n heel nuwe rekenaar te gaan koop, sou ek dit wou he, maar ek kan mos nou nie ja se en geld mors nie…

So – ek is dus nou van lyn af. Dis waarskynlik goed want ek het ‘n hele klomp goed om te doen, maar my rekenaar is my lewenslyn… Ek huil sommer.

So (snik-snik), totdat ek julle weer raaklees…


Aksies

Information

5 responses

9 11 2009
Vlam

O hel! Dis inderdaad ‘n krisis! Koop ‘n nuwe een, Jane, dit sal mos nooit as geldmors bestempel kan word nie. :shock:

9 11 2009
Girl van die Suburbs

Ag moeder… dis eintlik cute… die se ding so dood soos disco!

Nou maar lekker regte werk doen vir ‘n slag ;)

9 11 2009
demoerin

Jy moet erg getraumatiseer wees om te kan nee sê vir ‘n nuwe een… ek sal jou ‘n pilletjie aflaai vanaand wat daarvoor help :lol:

10 11 2009
Emil

Disco is DOOD! :eek:

Wat vertel julle my nou!

12 11 2009
Girl van die Suburbs

Hoop nie jy het saam Disco gesterf nie! :???:

Lewer kommentaar