Ek is vanoggend so half huilerig. Lekker stupid, weet nie eens hoekom nie. Seker maar deel van vrou-wees.
Ek hanteer oor die algemeen nie emosie baie goed nie en intense emosie laat my altyd maar half hande in die sye staan. Weet nie waar om te vat of te los nie. Weer toe so gister toe ‘n kollega vreeslik en ontroosbaar huil oor haar kat wat ‘n operasie ondergaan. Al die ander meisies deel hugs en ag shames uit en ek staan maar net daar. Voel altyd so om iets te sê gaan buitendien nie help nie. Ek doen praktiese goed. Vir haar gaan tee maak, lekkers uit die laai gekrap, daai tipe van ding. Ek sê toe maar later vir haar dat ek jammer is dat ek nie meer van ‘n “grand gesture” tipe mens is nie en dat sy mos weet ek’s nie so goed met emosie nie – toe sê sy sy weet en dis okay… (Die feit dat ander mense dit ook so ervaar het my nogal omgekrap, weer een van daai goed van my wat ek as ‘n swakheid ervaar, maar nie wil hê ander mense moet agterkom nie!)
Ek wens soms ek was nie so nie. Ek weet nie of dit iets is waaraan mens moet werk nie en of dit nou maar net een van daai eienskappe is waarmee mens gebore word nie…
Die Pretenders sing ‘n mooi liedjie, ek haal ‘n paar reëls aan:
“Well, there’s blood in these veins – and I cry when in pain - I’m only human on the inside – and if looks can deceive – make it hard to believe - I’m only human on the inside”
Ek is net so. As iemand hulle oe wil uittjank het ek geen raad nie. Dalk omdat nooit in die empatie ry uitgekom het nie.
Die troos lyk vir my altyd leeg en vals. Dit verander niks aan ‘n ander se saligheid nie.
Presies hoe ek voel, jy slaan die spyker op die kop.
O wee, ek dink ek en jy moet ‘n support-groepie stig. Ek weet PRESIES waarvan jy praat. En mense dink some ek is koud en/of ongevoelig, maar dit is net omdat ek emosie nie baie goed hanteer nie.
Ek weet ook nie wat om met mense te maak wat so aan die huil gaan nie…ek sal net daar bly staan en as niemand kyk nie vinnig vlug
Op die einde van die dag is al wat saakmaak dat jy jouself moet wees. En natuurlik troos sweets uitdeel!!! Almal kan nie ‘n fuss van die slagoffer maak nie, ons is almal anders geskep. En to be quite honest – even ek sal nie ‘n fuss kan maak oor iemand wie se kat geopereer word nie!
Maar Janekie… ek wens weer ek was meer soos jy en oukie. Ek wens ek kon die tissues aandra en koffie maak maar ongelukkig leef ek so deur my hart na buite… dis erg frustrerend en dalk highly irriterend vir die om my.
LOL, ja, Girl, ek weet presies waarvan jy praat.
Die emosies loop wild!
Jis Vlam… Ek is bly ek leef in my en nie saam my nie!
Ek dink dit is een van die redes waarom ek myself gekondisioneer het om nie sommer buitentoe te huil mits ek dit kan verhelp nie. Don’t start touching me without warning, want my reflekse sal vinniger inskop as n verkleurmannetjie wat n gogga probeer vang.
Ek dink ek hou in n groot mate my emosies vir myself, behalwe wanneer ek begin skryf hetsy in n blogpost of mail, want woorde is hierdie junkie se fix. Ongelukkig dink baie mense daardie een kant wat hulle raaklees is al dimensie wat ek het .. en word ek as oor-emosioneel bestempel. Tsk tsk tsk.
I bet they only have Elf-Envy lol
Daar moet die wees wat kan saam huil en die wat kan troos, anders is die balans uit, Jane, So, kom ek en jy gaan maak tee, DMI kan brandewyn by die tee gooi en Vlam en Girlie troos die wat huil. En as ons almal net so ‘n kleine bietjie tipsy is van die mix, dan lyk alles sommer minder erg en het ons almal mekaar onderstuen, elkeen in sy eie unike manier. Dink net hoe flippin boring sou die lewe gewees het as ons almal dieselfde was.
Vrek, ek gaan kuier nie eers vir siek mense in die hospitaal nie, so wat moet ek nou se^.
Ek huil ook baie maklik
Om te keer dat ek nie huil nie sal ek sommer aan die baklei gaan, of myself skaars maak, dit is nie lekker om voor ander mense te huil nie. En as iemand anders aan die huil is, wil ek hulle net voer, as jy sjokelade in jou mond het, droog dit die traan kliere op.
Ek huil ook baie maklik, eks nie ‘n klip nie, maar as iemand anders huil, is dit soos Xena sê: “Dit verander niks aan ‘n ander se saligheid nie.”