Bietjie nuus

7 10 2009

Ek skeep my blog vreeslik af, ek weet en ek is baie jammer daaroor. My lewe meng net op die oomblik so bietjie in! (Hoe durf jy lewe?!)

Girlie maak cartwheels in my kommentaar boksie (dankie, Girl, jy het my aandag getrek).

Ek wil nog bitter graag oor die reünie blog en ek wil oor my marknavorsing gisteraand blog (wat is fout met mense dat hulle so baie oor mayonaisse dink dat hulle vir 3 ure daaroor kan praat?!) en oor my stryd om ‘n bikini gekoop te kry (groot borste is eintlik in die somer ‘n pyniging).

Miskien blog ek Vrydag daaroor. Of die naweek. Of Maandag.

O, nee. Wag. Ek gaan op ‘n strand in Mosambiek lê en drankies drink. Ek is Sondag vir ‘n hele jaar getroud! ;)


Aksies

Information

10 responses

7 10 2009
Vlam

Sjoe! Is dit al ‘n jaar? Dit voel soos nou die dag – en net gister het ek aan jou woestynrosie-ruiker gedink! :lol:

7 10 2009
demoerin

Ek is seker ek het iets gelees van “groot borste”….. :lol:
Baie geluk, 1 jaar…. dit voel soos die annerdag wat ons jou kiekies gesien het??

7 10 2009
kaalvoetinireen

Ja, so vlieg ‘n jaar in ‘n oogwink om en soveel dinge het al intussen verander ook!
Baie geluk met die herdenking en mag daar nog vele wees!

7 10 2009
Sonkind

Geluk! Mosambiek! Lucky bliksem ;-)

7 10 2009
maxie

Baie geluk met jul herdenking!

8 10 2009
ekwilprobeer

‘n Bietjie blog advertensie.

Wie gaan die jaar die Curriebeker wen?

Bereid om jou mening te waag en dalk R200 vir liefdadigheid op te dok?

http://loseitofhoesdit.wordpress.com/

8 10 2009
Girl van die Suburbs

Janekie x x x

Baie geluk man! :mrgreen:

9 10 2009
rosalindfranklin

Geluk en geniet die naweek!

So tyd gelede was ek en my suster tussen klomp baaiers gewees. Net ek, sy en ‘n tannie van omtrent 90 het ‘n eenstuk aangehad. Dit was nadat my suster se kinders al vir ons gelag het in ons swemklere. Go figure.

13 10 2009
Emil

Sien ek toevallig gister om “How to look good naked” hoe ‘n eenstuk aan te bevole is vir die dames met ‘n … eh … effense … eh … voller figuur. Stel dit toe ook dat dié met ‘n … groter … eh … borsmaat wel bikini kan dra, maar dan liefs iets met ‘n breë band om die skouers. ‘n Toutjie bikini sal glo nie goed werk nie.

Maar op sommige strande in Mosambiek is daar mos nie juis ‘n behoefte vir ‘n bikini (top) nie.

14 10 2009
Emil

Shit, daar mis ek die punt oor een jaar getroud!! Geluk!

Lewer kommentaar