Ek wil nie eintlik vandag reünie toe gaan nie, maar as ek nie gaan nie sou ek gedink het ek moes gaan. Dit tref my vanoggend dat ons elke dag so totaal en al opgevang is met dit waarmee ons besig is en soos mal goed rondjaag en permanent probeer om net op te vang, voor te wees, meer te hê, beter te word, dat ons sommer net die dag mis. Die son wat opkom, die pa wat met sy kind skooltoe stap, die koerant verkoper se glimlag.
Dit was vir my so iets met skool ook. Terwyl jy daar is en dit nie eintlik geniet nie en stres oor hormone en uitslae en boyfriends en puisies en cool wees is daar soveel meer gewees as dit. Natuurlik besef mens dit eers as jy klaar is en terugkyk op sake. Ek onthou deesdae nie eens meer wat ek laas naweek gedoen het nie, 2 maande terug is ‘n vae herinnering en van ‘n jaar terug wil ek nie eens praat nie, maar terwyl mens in die oomblik is voel mens so maklik oorweldig en verswelg.
So, ek wens eintlik net ek wil vandag se les leer en dit toepas, nie net in retrospek besef nie. Dinge gaan verby. Tyd vlieg. Die lewe is nie eintlik so erg as wat mens dink nie. Haal net asem, oor ‘n dag/week/maand/jaar/jare het jy vergeet. Niks is vir altyd nie.
Nou moet jy ons kom vertel hoe die reunie was! Ek is vrek nuuskierig!
Goeie les – en een wat ek nodig gehad het!
Ons wag in spanning vir die “after party”!
Jane
Ek het my reunie ‘n skip gegee en ek is wragtig nie spyt daaroor nie. As ek op skool niks vir my medeleerlinge te se gehad het nie, waar sal ek nou iets te se kry. Die een of twee met wie ek wel bevriend was, het ek nou nog kontak mee (en hulle kon my in elk geval niks interessant vertel nie.)
Knock… Knock!
\o/………\o/
/\ /\ Wa-wiele om aandag te trek!
Ja-nee, daar is min dinge wat die moeite werd is om jou maag in ‘n knoop te kry en die moermeter oor ‘n honderd te stuur.