Ek vra om getag te word en “hey presto!” ek word getag. Just like that. (doen nou die Mweb vingerkliek).
Ek is bietjie agter en meeste van die ander “tagees” se takies is reeds uitgevoer, but bear with me, ek’s nie altyd groot op spoed nie…
Dankie Rosa vir die tag. Ek tag jou nou sommer ook, want vir een of ander rede word jy as ‘n “groot” en “belangrike” blogger beskou en dus verhewe bo tags…
Dis tyd vir vrae. Net wat julle wil. En ek moet antwoord. (Of so iets?)
My eerste vrae kom juis van Rosa af:
1) wat is 674786563 x 3
2 024 359 689. (Ek het darem matriek hoërgraad wiskunde en google!)
2) Hou jy van dokter-dokter speel? Hoe baie/hoe min?
Ja. Baie-baie.
3) Hoe oud was jy toe jy die 1ste keer dokter-dokter gespeel het?
Ek was seker 5 of 6. Jan-Frederick ook. Hou anders moes ‘n laatlam uitvind hoe presies seuntjies werk?
4) Jou eerste soen…meer asb
Ek was 15. (Late bloomer!) Vakansie romanse met Gareth. Hy was bad boy personified, ek het lekker probeer cool/sexy/so whatever te wees, maar toe hy my soen smelt en freak ek tegelykertyd uit.
5)Het jy ‘n gevaarlike idee wat die wereld-orde kan verander?
Ja. Nie net een nie. Ek’s te bang om dit hier te tik, voor ek weet word ek op een of ander CIA lys gemerk en het dan jare se kak by elke grenspos. Dit behels bomme en onder andere verskeie heilige koeie (lees kerke).
6) Wat behoort kinders onder 18 nie te doen nie
Mekaar
7)Watse kos sal jy nooit weer eet nie, na ‘n tegniese abnormaliteit voorgekom het.
Butter fish. Ek eet ook niks wat piesang geur is nie, aangesien kinder kots medisyne piesang geur was en piesangs vir my dus ‘n direkte skakel met kots het.
8)Wie sou jy graag as familie/vriend wou gehad het, iemand bekend.
Bart Simpson. Ek sou alle verantwoordelikheid prysgegee het en heeldag saammet hom kak aangejaag het.
9)Wat dink jy van rokke
Is okay, solank dit nie ‘n ronde rok is nie.
10)Slaap jy soms met ‘n teddiebeer/soft toy
Nee.
Krista wonder die volgende:
Tjoklits of roomys of albei?
Albei. McDonald’s chocolate sundae is my ondergang. Ek kan nie nee sê nie. Baglio’s in Sandton Square. Ek kan nie nee sê nie. Smarties. Ek kan nie nee sê nie. Mignonnette Cote d’Or. Ek kan nie nee sê nie.
Het jy ‘n teddiebeer?
Iewers in ‘n boks
Watse kar ry jy en het hy/sy ‘n naam?
Volkswagen Polo. Dis ‘n hy, maar hy het nie ‘n naam nie. My eerste kar (Wit Chico) se naam was Melktert
Dra jy onderklere?
Ja. Ek sou graag sonder ‘n bra wou loop, maar my bates/laste laat dit glad nie toe nie. Ek wonder of ek ooit die pencil toets geslaag het?
Bikini of 1-stuk?
Nie eintlik een nie. Ek het albei, maar neig na die 1-stuk…
Lip ice?
Nee. Blistex
Maxie (hoekom blog jy nie!?) se vrae:
1. Dra jy parfuum en wat is jou gunsteling?
Ek is vreeslik allergies vir parfuum en kan nie eens ruik om te toets waarvoor ek nie allergies is nie, want teen daardie tyd nies ek al so! Ek wil bitter graag parfuum dra, maar nou ja. Dis nogal ‘n teer puntjie vir my, want ek dink ek boet vroulikheid in…
2. Hoe moeilik was die aanpassing terug in SA?
Baie makliker as wat ek gedink het, maar ek mis die tyd wat ek vir myself gehad het.
3. Wens jy soms julle was steeds in Swede?
So een keer elke twee dae. Dit behels meestal die laat slaap en nie werk toe gaan gedeelte van in Swede wees. En ek verlang na die “tipe” tyd wat ek en Liefie saam spandeer het. Dit was net ons, nie ons en huis/tuin/werk/familie probleme nie
4. Het jy ‘n tongskraper en gebruik jy dit elke keer as jy tande borsel?
Agterop my tandeborsel. Ja
5. Kat of hond?
Weereens, vreeslik allergies vir katte. My suster het ‘n chihuahua, ek kuier maar daar om my hond fix te kry. Liefie is ‘n kat mens, so ons is maar mekaar se troeteldiere.
6. Hoe lank is jy?
1.63 m – Reusagtig.
7. Wat is jou beste eienskap?
Ek kan jou sê wat my slegste eienskap is – ek twyfel in myself, soos of ek hoegenaamd noemenswaardige goeie eienskappe het… My sin vir reg en verkeerd?
8. Gunstelingblom?
Tuinrose
9. Hoe lank het jy en jou man mekaar geken toe julle getroud is?
Geken: 8 jaar
Gevry: 7 jaar
10. Wat is jou grootste vrees?
Dat my beste nie genoeg is nie
Wie sê wat