Lag ‘n slag

14 06 2009

Cyanide and Happiness, a daily webcomic

Ek lag baie maklik. Ek lag nie altyd vir geskikte goed nie, maar ek lag nogsteeds. Party mense sal sê van die goed waaroor ek lag is “siek” of “weird” of net gewoon nie snaaks nie. Ek lag nogsteeds elke keer.

Ek altyd lag vir grappies met diere in. Vertel ‘n grap + sit ‘n dier in + gee vir die dier menslike eienskappe, soos praat = ek lag. My gunsteling tekenprent kunstenaar is Gary Larson met sy “The Far Side”. Sy koeie praat almal. Van al die diere is ‘n pratende koei vir my omtrent die snaakste.

Ek is mal oor Cyanide & Happiness, seker omdat dit so “af” is.

Ek kan nie ‘n grap vertel nie, want die grappe wat vir my snaaks genoeg is om oor te vertel laat my elke keer weer so lag dat ek nie by die punchline kan uitkom nie. Ek lag op ongepaste tye. Ek lag onbeheerslik saammet my sussie, oor wie weet wat, ‘n woord tussen die twee van ons is genoeg om ons ure besig te hou. Ek lag vir slim woorde en oulike idees. Ek lag vir double entendres. Ek dink gereeld die lewe is snaaks.

Is dit net ek of lag mense nie meer genoeg nie? Nie maklik genoeg nie, nie vinnig genoeg nie, nie hard genoeg nie. Nie genoeg genoeg nie.


Aksies

Information

11 responses

14 06 2009
Lize

Ek’s ook ‘n huuuuuge cyanide & happiness fan! Soos jy se – ander mense sal dit seker “siek” of “weird” vind, maar ek dink dis flippen funny!

14 06 2009
Hanlie

Jy’s reg! Ons lag hopeloos te min… Ek dink ons het heeltemal te blase geraak. Ek en my vriendin kan net vir mekaar kyk om histeries aan die lag te raak!

14 06 2009
Sonkind

Ek het anderdag geskryf oor ek en my suster wat vir die vreemdste goed op die vreemdste tye kon lag en ook soms gelag het waar ons eintlik moes huil. My ma het altyd gespot en gese ons lag oor hierdie goed, want as ons sou huil sou ons nooit weer opgehou huil het nie, so nou lag ons maar. Ek mis die lag saam met hulle.

15 06 2009
kaalvoetinireen

Ek lag ook eerder voor ek huil! Jane, jy is nie die enigste een wat vir “af” of “weird” goed lag nie! Ek love Cyanide & Happiness!
Happy Tree Friends is so af cartoon wat baie snaaks is…kyk bietjie op youtube!

16 06 2009
Wipneus!

Ek lag punt. Oor alles wat vir my snaaks is, en uhmmm ek sien soms lag ek alleen. Die teken dat iets nie regtig snaaks was nie. :mrgreen:
Lag sit sonskyn in jou dag. Dis sleg vir jou inner well being om met ‘n lang gesig rond te loop.

Ek hou ook van Cyanide & Happiness! Dis hillarious!

16 06 2009
Emil

Cyanide & Happiness rock!

17 06 2009
Spear The Almighty

Lag is lekker soos \’n cracker.

:)

17 06 2009
Girl van die Suburbs

WoW, ek dink dit is ‘n gawe om te kan lag al is iets nie so snaaks nie. Om ge-entertain te word deur wat jy hier gelys het is regtig cool! Moenie dit verander nie. Daar is genoeg suurknolle in die rondte!

18 06 2009
demoerin

Dit is goed om te lag!
Cyanide is een van die BESTE, naas kaaskrul natuurlik!

19 06 2009
Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld

[...] kom ons gaan bietjie sirkus toe, sodat ons bietjie kan lag en sommer lus is vir die naweek. Die nuutste een, groter as enige een tevore…. Die SAUK. Ai [...]

26 06 2009
Neil

my gunsteling. daars ‘n Facebook groep wat ‘n magdom van die cartoons het. Tussen Cyanide en Zapiro het mens niks meer nodig nie.

Lewer kommentaar