Verslawing

9 06 2009

Ek het ‘n ruk terug geblog oor hoe baie ek van lees hou en hoe sommige boeke my net totaal en al insluk. Hierdie naweek het ‘n boek bitter amper huismoles in die Netjane/Liefie huishouding veroorsaak. Ek het myself heeltemal vergryp aan “Fees van die ongenooides” van P.G. du Plessis. Ons was in Swede toe die televisiereeks uitgesaai is en het dit dus nooit gekyk nie. As jy nie tyd het om te lees nie en kos moet maak, wasgoed moet was en in die algemeen semi-sosiaal moet wees, moenie die boek begin nie. Jy gaan dit wil lees en klaarlees – glo my.

Ek was so verslaaf aan die boek dat ek Saterdagaand mooi in die teater gesit het terwyl ek Aspects of Love gekyk het en half dikbek was omdat ek my boek moes los. Ek het die kaartjies vir die vertoning gekoop! Een reël uit die stuk wat my vreeslik bybly is die volgende: “Life goes on, love goes free…” Ek wonder of ons almal minder issues in die lewe sou gehad het as ons dit net aldag besef het.

Terloops: Ek het aan die regterkant van my blog ‘n “widget” bygevoeg wat aandui watter boek ek tans lees. As enige iemand iets te sê het oor wat ek lees of enige aanbevelings het, los asseblief kommentaar, ek is altyd op soek na iets om te lees en lees nogal ‘n wye verskeidenheid van boeke.

Lekker week – dis nou veral lekker om in die bed te wees… ;)


Aksies

Information

5 responses

10 06 2009
Hanlie

Ek moet kyk of my biblioteek dit het! Ek ken daai gevoel goed…

10 06 2009
Wipneus!

NJ ek is net so lief vir lees!! En ek gaan definitief hierdie boek soek!!

10 06 2009
Pikkelik

Ek het lanklaas tyd gehad om ‘n boek te verslind…. Ek proe deesdae maar so bietjies bietjies tussen die ‘mammaaaaaa….’ die kos en die wasgoed deur…

10 06 2009
rosalindfranklin

Een van my top 5 drome:

8 weke lank in die bed te le en NET te lees.

Ek is vol fiemies oor fiksie, een van my gunsteling skrywers is Gabriel García Márquez

En die ene sal jy laaik: Patrick Suskind se: Perfume

29 06 2009
Jo-Ann

Ek het laas ordentlik gelees toe ek bedrus na ‘n operasie gehad het…. ek wil bietjie opvang, maar issie lus vir ‘n operasie nie….

Ek lees niks swaars nie… meestal net fiksie of ‘n outobiografie hier en daar…. in 2006 het ek op datum gekom met Wilbur Smith en daarna weer agtergeraak. Nou lê Assegai op my bedkassie en wag…

Lewer kommentaar