Ek is nou net minder as ‘n jaar terug in Suid-Afrika. Ek kan glad nie glo hoe vinnig die tyd verby gegaan het nie en my tydjie in Swede voel regtig vir my soos iets wat baie lank terug gebeur het. Deesdae dink ek al hoe meer aan Swede en verlang elke dag nog ‘n bietjie meer. Ek skat teen die tyd romantiseer ek seker al my hele ervaring, maar ek het tot gisteraand oor Swede gedroom. In my droom het vriende van Suid-Afrika kom kuier en ek en Liefie het ‘n nuwe woonstel gehad. My brein het vir my ‘n heel nuwe lewe in Swede geskep.
Ek weet nie wat ek so vreeslik mis nie, dit mag dalk net wees dat ek daarna hunker om net weer vir ‘n rukkie baas van my eie tyd te wees. Miskien is dit die gebrek aan verantwoordelikheid wat my aantrek, miskien is dit net ons koue winter wat my daaraan laat dink dat dit nou amper midsomer in Swede is en dat die son nie juis sak nie.
Ek wil net vir ‘n rukkie wegvlieg na die middernagson.

Ek kan nie glo dis al amper ‘n jaar nie! Ek het jou Sweedse stories so geniet… Jy het die land regtig goed aan ons bekend gestel!
Ek wil Swede toe- daai yshotel lyk lekker
Jitte maar die tyd laat nie op hom wag nie…. Ek sal ook nie omgee om nou in ‘n warm plek te wees nie….
Vat my asb tog net saam na waar die son skyn. Ek is sat van reen tot in my murgpype!
Die tyd staan wel effens stil hiér.
Ja, ja Emil…