Goeie môre, baie dankie.

3 06 2009

Ek het nie tyd vir ‘n lang post nie, maar hierdie is eintlik ‘n onderwerp wat ek nog deeglik wil bespreek. Vir nou wonder ek maar net die volgende: wat het van goeie maniere en “common decency” geword?

Sê mense nie meer totsiens voor hulle ‘n telefoon neerplak nie? Jok mense nou deesdae daagliks om hulle eie basse te red? Werk niemand meer hard en deeglik nie? Is dit okay om in die verkeer in te druk en vinger te wys en te kere te gaan? Hoekom doen ek wat ek sê ek gaan doen? Hoekom is dit reg om laat te wees of selfs nie op te daag nie? Van wanneer af vat almal kortpaaie in die lewe?

Dit piss my af. Ek’s vanoggend hoog bedonnerd, want die lewe “push” my…


Aksies

Information

4 responses

3 06 2009
Rustig

Goeie More. Jou dag ook so lekker soos myne? ;)

3 06 2009
Hanlie

O ek hoor jou! Weet jy hoeveel ma’s wat ek ken kla dat niemand meer RSVP op uitnodigings nie, so hulle weet nie hoeveel kinders om voor voor te berei vir partytjies nie?

Ek dink die telefoon neerplak ding kom van die TV en flieks af. Ek sê altyd, wanneer ek dit sien, dat dit onrealisties is, want niemand eindig tog so ‘n gesprek nie! Ek moes seker geweet het dat dit nie lank sou neem voordat mense wel so begin optree nie… Ons is mos skape!

En natuurlik leer kinders heerlik by hulle ouers om onbeskof te wees… Dit piss my ook af!

Push terug, Jane!

4 06 2009
demoerin

Sjoe….. al bietjie afgekoel?
Nee, jy is helemal korrek. Dit is asof alles op sy kop gedraai word.

4 06 2009
H1N1

Stadig nou…..

Lewer kommentaar