Cheers!

1 06 2009

Ek is vandag al vir 2 jaar lank ‘n blogger. Was nog altyd ‘n bogger (?) My eerste post is by iblog gemaak.

Dankie vir die lesers, vir die ander skrywers, vir die karakters in my lewe. Vir die wat oor my nonsens wil lees, vir die wat altyd ‘n kommentaartjie los. Ook ‘n dankie vir die wat net lees, maar nie kommentaar lewer nie.

My blog het as iets begin om my besig te hou in Swede en daar is dae wat ek dit haat om ‘n blogger te wees en wat ek sommer alles wil uitvee en net wil verdwyn. Ek het nie gedink blog vat so baie tyd nie. Ek het nie meer so baie tyd nie, maar die bloggers en die blogwêreld het onder my vel ingekruip en so deel van my geword dat ek nie sal kan ophou nie, al wil ek… Ek dink nie ek is ‘n besonderse “goeie” blogger nie en dis waarskynlik net hardkoppigheid wat my nou al twee jaar lank laat deurdruk.

So cheers. Drinks are on me!

P.S Nice to meet you! ;)


Aksies

Information

16 responses

1 06 2009
Thea

Ek’s bly jy byt nog vas met blogging. Ek lees graag jou inskrywings al lewer ek nie altyd kommentaar nie en ek dink ons voel almal baie keer lus om sommer net heeltemal te verdwyn! Dus… dankie vir jou ook vir 2 jaar se lekker inskrywings!! Cheers!!!

1 06 2009
PlaasJuppie

Tjorts!

1 06 2009
Wipneus!

Baie geluk Janie!!! Jou blog is een van my gunstelinge!!! Cheers op die volgende 2 jaar!!!

1 06 2009
Louisa

Baie geluk! :-D

1 06 2009
Justine

Baie geluk Jane ek saluut jou en wens jou jare en jare van gelukkige blogging toe.

1 06 2009
Jenny

Baie Geluk met jou blog-verjaardag!
Hoop dat jy nog sommer baie lank in die blogwereld met ons sal wees!

Cheers Janey!

1 06 2009
Hanlie

Gelukkige blog-verjaardag! Ek is bly dat jy deurdruk met die bloggery… Ek geniet jou stories vreeslik!

1 06 2009
Emil

Ditto. Ek mag daar dan nog baie wees :lol:

1 06 2009
mykopop

Veels geluk!

1 06 2009
kaalvoetinireen

Happy b(log)-day!

1 06 2009
H1N1

Geluk- en ek is so pas vandag gebore.

1 06 2009
rosalindfranklin

Ek is bly jy is hardkoppig.
Baie geluk netjane, jy voel vir my soos ‘n tipe sussie, want baie keer werk jou kop nes myne ( dis nou uitgesluit die deel van my kop wat raas)
:)

2 06 2009
Carolina

Geluk!! Ekke lees graag jou inskrywings!

2 06 2009
Pieter van Wyk

Ek weet hoe jy voel! Ek is nou maar 4 maande besig en al klaar waar jy is na 2 jaar. Jy sal verbaas wees hoeveel mense jou stories lees en dit maak ons dag n’ bietjie beter!

3 06 2009
ICE

Nice one!

Geluk Jane!

Ek voel gereeld om alles te delete…

8 06 2009
parkes1

Geluk ek loer ook altyd hier!!

Lewer kommentaar