Ek is terug in die groot stad. Ek kan nie sê ek hou van die gedagte dat ek môre weer moet begin werk nie, maar dis darem altyd vreeslik lekker om weer in jou eie bed te slaap na ‘n tydjie weg.
Ek het wonderlik lekker vakansie gehou. Dit voel regtig vir my of ek vir weke aaneen weg was. Miskien is dit omdat ons net uitgerus het. Nie te veel gedoen nie, te veel geëet, lekker boek gelees voor die kaggel, rondgelê in koffiewinkels, laat geslaap en dit was vir my lekker om sommer net weer op te vang met my Liefie. Met sy huidige werk situasie (hy’s Maandae tot Donderdae nie saammet my in die groot stad nie), was dit pure bederf om hom net weer vir myself te hê.
Die troue was baie lekker – maar hel!
Teen die tyd dat die eintlike troue aanbreek is mens poegaai van al die pre-wedding events. Die rituele en kos en alles wat daarmee saamgaan was vir my interessant om te ervaar, maar teen my derde sari was ek ook half gatvol, soos die gesigsuitdrukking aandui… Hier’s dan ‘n paar fotos van my Bollywood Extravaganza by. (Ek en Liefie gaan natuurlik toe beide na die troue toe met kameras met pap batterye. Ook maar lekker stupid!)

Ek het dan ook baie lekker verjaar. My Liefie het my lekker bederf met ‘n aand in die Mount Nelson (ek wil sakke geld hê en in ‘n groot pienk huis bly wat nes die hotel lyk, met groot tuine en waterfonteine en mense wat heeldag vir my “yes Madam, of course Madam, certainly Madam” sê). Ons het die aand by The Greenhouse Restaurant gaan eet en dit was ‘n fantastiese ervaring. Vir almal wat in die Kaap bly of gereeld daar kuier – ek beveel dit sterk aan!
Verder is hier ‘n paar fotos van die res van die vakansie in die post. Ek pos iets lekker vir die een wat eerste 5 van die plekke in die fotos identifiseer. (die goed wil nie vandag doen wat ek hulle aansê om te doen nie – kyk maar so heen en weer en deurmekaar!)







Ag dit lyk sommer of jy lekker vakansie gehou het! En die saris is pragtig!
Ek herken Tafelberg van die Waterfront af, Mouille Punt se lighuis, Agulhas en Boulders Beach…
Ag jy het pragtig gelyk!! Regte Bollywood prinses!
Ek het jou nou klaar geluk gewens met jou verjaarsdag! Maar mens kan nooit genoeg gelukwens nie. Dus hiermee weereens baie geluk met jou verjaarsdag!! Ek is bly jou Liefie het jou uit jou skoene bederf!!!
Lekker week!
2 reg Hanli!
Ek’s nogsteeds heel verlief op my saris. Een van die dae gaan ek by die werk aankom met een, die base moet maar oor hulleself kom!
Dankie vir die goeie wense Wippie – ek waardeer dit regtig!
Daai huisies lyk of dit Kassiesbaai kan wees by Waenhuiskrans.
Jy’s darem in die regte distrik GM – terloops, ek het vreeslik aan jou blog gedink elke keer dat ek ‘n afdraaibordjie na Riviersonderend gesien het.
Beautiful pics en ek gaan nie eers raai nie, net myself verwonder aan die skoonheid van die Kaap!
En eerder laat as nooit…happy belated b-day! Alles wat mooi is vir die volgende jaar!
Happy birthday, al is ek laat!!! Pragtige Sari’s!! Jy het soos ‘n regte Bollybaby gelyk!!! Pragtige foto’s maa ek ken die Kaap te sleg om te raai.
Die donkerpienk Sari is pragtig!!!
Lyk so na die toring by Agulhas. En daai pad die N2, vrot van die slegte weer. Mooi reënboog wat sy nekkie daar uitsteek. Pikkewyne is moeilik. Daar is seker ‘n paar daar by Struisbaai, maar jy kan ons dalk ook trick met die spul by Boulders. Ek sal liewerste nie raai nie.
Waar die vrou met die drie verskillende uitrustings is, kan ek nie raai nie
Jy’t stunning gelyk Jane!! Ek hou veral van die cerise pienk sari! Laat gelukwense met jou verjaarsdag ook! Klink of julle ‘n fantastiese tydjie gehad het!
Die boonste foto lyk soos Greyton. Ek herken ook die vuurtoring by Cape Agulhas en die suidelikste punt van Afrika. Nie seker of die foto van die strand dalk Struisbaai is nie. Die foto met die reënboog lyk soos die Caledon omgewing. Die huisies skat ek is by Elim. Boulders is ‘n goeie raaiskoot vir pikkewyne maar ek sien nie rotse naby nie, dus is ek nie baie seker nie. Het ek al gesê ons was Februarie in die Kaap vir ‘n kuiertjie?
TING-TING-TING! JACKPOT!
Goeie raaiskote Thea!
Email bietjie jou adres dat ek jou “iets lekker” kan pos.
Greyton, Kaapstad, Agulhas Ligtoring, Agulhas, Struisbaai strand, Reënboog tussen Caledon & Hermanus, Elim, en die pikkewyne by Bettiesbaai.
As for the lady Emil?
Kaapstad… (duh?)
Dankie vir almal se verjaarsdagwense. Ek maak sommer of elke dag van Mei my verjaarsdag is.
Die donkerpienk sari was een van my gunstelinge ook. Dis eintlik ‘n kroek sari – aparte romp en top, met net ‘n kort serpie…
Happy belated birthday wishes!!!
Aitsa, maar jy het darem maar mooi gelyk jong!
Sjoe, dit is darem maar net die mooiste plek in die wêreld daai. Oor twee jaar bly ek daar.
Met al daai plekke was dit ‘n stunning kuier! Niks fout met sommige dele in Kaapstad nie
Aangesien jy elke dag in Mei verjaar is ek darem nog nie te laat nie!
Happy happy vriendin!
By the way – dis tyd dat ons mekaar weer in die kuber raakkuier…aangesien jy my nie in die Kaap raak gekuier het nie!
Jy lyk pragtig in jou Sari’s – al drie van hulle!!!
Rxx
Jy lyk baie nice in die sari’s.
Ek het nie gelees wat die ander geraai het nie, regtig, so here goes.
Die Mount Nelson is nice, baie lekker. Dit is nou behoorlike diens!
Die pikkewyne is by die Boulders? (daar is ook ‘n paar in die waterfront as jy weet waar om te soek
)
L’Agulhas (nie seker oor die spelling) is waar die gedenkplaat is.
Die vuurtoring is die een in Seepunt/Groenpunt daar aan kusweg?
Die ander een is Tafelberg van die V&A se kant af.
Die pad lyk na iewers in die Overberg.
[...] week in ‘n lang tyd het uiteindelik tot ‘n einde gekom. Party mense was mos lekker op vakansie. Dellie se tandemstorie inisiatief is nog aan die gang. My en Sonkind se storie trek nou al by [...]
Lyk goed! Ek sien die pienk paleis staan nog…