Dis ‘n vreeslike vreemde gevoel om vir ‘n lang ruk die “center of attention” te wees en dan eweskielik net weer “normaal” te wees. Ek onthou die eerste keer wat ek so gevoel het was nadat my week om die skoolhek ooptesluit in Graad 1 verby was. Die aandag het aangeskuif.
Ek het verloof geraak en toe Swede toe getrek en toe teruggekom en toe voorberei vir die troue en toe getrou en toe op wittebrood gegaan en nou is ek terug en getroud en die aandag het aangeskuif.
Ek is nie ‘n aandag vraat nie, ek hou eintlik nie eens daarvan om vreeslik in die kollig te wees nie, maar ek voel nou so ordinêr. Ek voel verskriklik om dit te dink, te voel en aan die wêreld te erken, maar dit is nou maar eenmaal so.
Ek dink vir mense wat lank in ’n verhouding was en lank saamgewoon het verander trou nie vreeslik baie goed nie. Waarop hulle mens moet voorberei is die terugkeer na ”normale” lewe. Dat om getroud te wees nie beteken mens het nie nog wasgoed om te doen of ’n wekker wat lui sodat mens kan werk toe gaan nie.
Maar my trouring is nog mooi blink!
Terloops, wat de moer is fout met mense wat al op die troue oor babas begin uitvra?
Wie sê wat