Niks om oor skaam te wees nie

26 08 2008

Wat ek nou gaan erken is seker nie goed vir die hele Woman’s Lib beweging nie en die bra-verbranders sal my seker stenig, maar dis nou maar een van daai dinge. My naam is Jane en ek hou van wasgoed was.

Ek hou nie van die sorteer in kleure nie, ek hou nie daarvan om deur die sakke te kyk om seker te maak daar’s nie tissues of slippies of geld in nie, maar dit gee my ‘n vreeslike gevoel van genoegdoening as ek die “start” knoppie op die masjien druk en die water so sjjjhhhh geluid maak.

Die tweede stap van my wasdag “high” is as alles so netjies op die draad uitgehang is. Volgens kleur, natuurlik. Ek weier om ‘n tuimeldroer te gebruik en die ophang van klere op ‘n perd in Swede het my erg geirriteer. Ek hou daarvan om in my agterplaas te staan, met die draad wat so stadig in die rondte draai as daar ‘n ligte windjie is. Ek kort nog net ‘n voorskoot met pennetjies voor in die sak om die 1930’s Suburbia beeld te vervolmaak. Die agterplaas het ‘n mooi suurlemoen boom in om die prentjie te voltooi.

Teen die tyd wat ek die wasgoed van die draad afhaal en netjies opvou in die mandjie is ek omtrent trots op myself. Ek skat ek kry dieselfde gevoel as iemand wat jag en ‘n bok geskiet het. So ‘n “I came, I saw, I conquered” gevoel.

Daai netjies opgevoude wasgoed bly dan in die mandjie totdat Stephina op Maandae kom.

Stryk doen niks vir my nie.


Aksies

Information

28 responses

26 08 2008
kaalvoetinireen

Hehehe Jane!
Toemaar, stryk is soms vir my terapeuties asook skottelgoed was….tyd om te dink!

26 08 2008
RUstig

Ons is almal geregtig op dinge wat ons laat goed voel, hoe “bizare” dit ook mag lyk vir mense. Tuimel droog is elkegeval sleg vir jou klere.

26 08 2008
Nelba

Ja, stryk doen dit ongelukkig ook nie vir my nie. (Die dat ek vandag lyk of iemand my agterstevoor deur ‘n doringbos gesleep het.)

En Marco het gister daarop aangedring dat sy ouma sy slaapklere stryk. Toe veeg hy met genoegdoening oor sy naghemp en seg: So ja, nou lyk dit mos soos dit moet lyk.

Ek voel uiters skuldig, maar ek voel so aan my bas ek gaan die skuldgevoel ignoreer.

26 08 2008
eilandkind

ag moeder, vir Marco hier bo! :)
Ek stem saam, die gevoel van genoegdoening as daai klere so op die lyn hang!
Ek stryk NIKS, alles word so plat getrek en gedruk terwyl dit droog word op die lyn..
Ek droog ook nie af nie, maar gee my ‘n berg skottelgoed en ek sal dit klaar was!

26 08 2008
kaalvoetinireen

Stryk is ook net lekker omdat ek dit so min doen! Hier in Korea doen ek dit glad nie!

26 08 2008
Pikkelik

Ek LOVE wasgoed was en ophang!! Dis hemels! En daar is op hierdie aarde niks wat ruik soos vars gestrykte beddegoed nie!!! Of sulke lekker flennie pajamas :oops: wat soos sonskyn ruik…. Maar ek haat stofsuig met ‘n passie, vee liewer die hele blerrie huis met ‘n besem, en skottelgoed afdroog!!! Jig… ek sal dit was, maar dan moet moeder natuur maar die res doen!!

26 08 2008
Sonia

Hallo my naam is Sonia en ek hou daarvan om skottelgoed te was.
Ek het besef my behoefte is so ver buite beheer dat ek drie jaar gelede ‘n skottelgoedwasmasjien aangeskaf het.
Ek maak nie beddens op nie, ek vee nie vloere nie, en ek was nie wasgoed nie.
Maar ek maak baie goed vensters skoon…
LOL.
Seep en water en ek is so: X

26 08 2008
Sonia

O ja, vinnige tip: koerantpapier en meths maak vensters skoner as skoon.
Ek het al ‘n paar mense erg ontstig omdat ek by partytjies begin skottelgoed was en afdroog.
Ek het darem myself begin inhou voordat ek ‘n bottel sunlight in my handsak begin pak het voor ‘n partytjie…LOL

26 08 2008
Zee

/me sak haar kop in skaamte. Sy hou niks van wasgoed was en ophang nie, sy hou niks van skottelgoed was nie, o, en Zeethan ook nie, hy druk my gedurig weg van die wasbak af as ek skottelgoed was, so asof hy vir my se ek moet liewers met hom kom speel.

26 08 2008
Wipneus!

Ja ek hou ook van wasgoed en skottelgoed was. Mens pak dit in die masjiene, druk die knoppies en voila :oops: Gee my ‘n vurk en ‘n graaf en ek spit ‘n hektaar vir jou om!!! Enige iemand wat bietjie hulp in die tuin nodig het ? :lol:

Janie ek sal jou gras kom sny, dan kan jy my wasgoed kom doen!!!

26 08 2008
DGS

Nee dankie! Ek glo daaraan om die werkloosheidskrisis in ons land teë te werk! Ek maak vuil, Mieta maak skoon, Mieta verdien lekker geld. Voila! Een gelukkige soldaat, en een gesin gevoed en geklee!

Dalk sal ek daarvan hou om net te sit en kyk hoe word wasgoed droog… :lol:

26 08 2008
Rustig

Mense! Papier borde en weggooi eetgerei is beskikbaar.
Zee: Gebruik jy nou jou kleinkind as verskoning oor die vuil koppies op die wasbak.
;)

27 08 2008
Reisiger

Ek was ook my wasgoed self en hou daarvan om dit buite op te hang met die reuk van Sta Soft so in my neusgate. My bediende stryk die wasgoed en as sy Desember huistoe gaan, stryk ek self. Dán geniet ek dit! Ek hou nie van sleurwerk nie.

27 08 2008
netjane

Bly dat ek nie alleen is in my “verslawing” nie.

@ Kaalvoet: Ek was nie skottelgoed nie, daarvoor het ek ‘n Bosch. Ek stryk nie. Soos in glad nie. Nooit nie. Niks nie. Liefie stryk as Stephina nie daar is nie. ;)

@ Rustig: My wasgoed fasinasie is die normaalste ding… Ek dink my obsessie om aan nuwe boeke te ruik is effens meer bizarre.

@ Nelba: Ek is die Queen van wash-and-wear. Hou altyd daarvan as ek by ma kuier en Sylvia stryk my panties…

@ Eilandkind: Ek probeer ook maar my bes om die goed so te trek-trek op die lyn.

@ Pikkelik: In Swede het ek die meeste die reuk van sonlig op my klere gemis.

@ Sonia: Ek sou bietjie bekommerd oor jou gewees het as jy Sunlight ingepak het! Ek ken daai trick van die vensters was. As die koerantpapier so oor die venster squeek dan weet ek dis lekker skoon!

@ Zee: Ten minste is jy eerlik! ;)

@ Wipneus: Ek sal daai ruil transaksie maklik aanvaar – ek hou nie juis van die gevoel van grond op my hande nie.

@ DGS: Bly om jou weer in die land van die lewendes te sien! Ek glo ook in die teewerk van werkloosheid, maar my Stephina het die gewoonte om elektriese toebehore mooi op te f(r)ok! Ek druk maar eerder self die knoppie. Goedkoper om ‘n strykyster as ‘n wasmasjien te vervang!

@ Reisiger: Welcome to the club!

27 08 2008
Pienk Zuit

As jy nie van stryk hou nie, is dit waarskynlik net omdat jy nog nie Extreme Ironing probeer het nie:
http://www.extremeironing.com/

Kyk bietjie na die gallery, hoe kan mens nie van stryk hou as jy dit só doen nie? :)

27 08 2008
Tersia

Ek is bly daar is nog iemand wat doen wat ek doen: Eilandkind! Ons stryk ons klere deur!
LOL DGS! Mens kan aan baie dinge dink terwyl als so hang om droog te word!

27 08 2008
Da Mario

Snaaks genoeg ruik ek ook aan boeke. Ons is nie bizarre nie Jane….
Anyhow, ek like die reuk van MaQ Auto, of wat’s daai nuwe wasgoedpoeier se naam? Wasgoed was is seker nie te sleg nie, maar strykwerk ook nie, ook nie skottelgoed was of huiswerk nie, ek doen maar alles self.
Ek en bediendes kom nie goed oor die weg nie, dit pla my hoe hulle goed nie weer op dieselfde plek of op dieselfde wyse terug sit as wat dit was nie, ek soek altyd iets nadat ‘n bediende skoon gemaak het en dit dryf my teen die mure uit.

Nee wat, ek doen maar eerder alles self.

27 08 2008
Pagoda32

Niks fout daarmee nie…kan jy dalk so dag of drie saam met my vrou spandeer? Dalk vryf van daai selfvoldaanheid aan haar af en sy voel daarna dieselfde!

Ek self stryk gereeld, as die gier my pak…en ‘n commenter het dit op die kop geslaan..dis terapeuties vir my ook. Wasgoed was is te maklik vir my…slet alles in een balie en druk start.

27 08 2008
demoerin

:lol: , Ek hou ook van self was…..stasoft ruik so lekker. Stryk en skoonmaak is vir Elsie, die blackomatic.

27 08 2008
René

Janey – niks fout met jou oor jy boeke snuif nie – ek doen dit ook!!! En daar is mos NIKS fout met jou of my nie! :mrgreen:

Ek is MAL oor wasgoed was! Ek het ‘n swart feetjie wat my huis skoonmaak en al die wasgoed takies ook doen, maar party Saterdae is ek so lus vir wasgoed was dat ek sommer die komberse of beddegoed begin was – al is dit reeds in die week gewas! Daar is op aarde min goed wat so lekker voel en ruik soos skoon wasgoed (en veral beddegoed en handdoeke)! En wat ‘n vreugde om jou klerekas oop te maak en jy kry daai skoon wasgoed reuk!

27 08 2008
Sonkind

Jane – jy kon my tweeling gewees het. Ek is mal oor wasgoed in die sonnetjie ophang en my strykyster het vir drie jaar nie eers ‘n “plug” aangehad nie. In die Kaap stryk die wind my klere :lol:

En maak vir my lekker kos en ek sal AL jou skottelgoed vir jou was, met die hand. En afdroog en wegpak en nog daarna jou wasbak ook blinkvryf!

27 08 2008
Pagoda32

Nee jimmel Sonkind! Dan moes ons getrou het!
Ek kook ‘n storm op en die kombuis is elke aand skoon? Wat ‘n bargain!

28 08 2008
rosalindfranklin

Ek ruik ook aan boeke, maar dit is omtrent waar dit stop, ek is ‘n swak wasser :)
Wil van julle nie by ons kom was nie? Toe?

jane, weet jy dat die women’s libbers nooit hul bra’s gebrand het nie? mite…dis nou weer iemand se fantasie gewees.

28 08 2008
netjane

@ Rosa – toe ek daai sin tik toe dink ek by myself “Rosa gaan met jou raas oor jou feite verkeerd is!” ;)

28 08 2008
Warlock

hmmm – siende dat hier so baie skoonmaak talent is dink ek daaraan om n Skoonmaak besigheid oop te maak. Ek het fax nommer – sal na mate van die comments wat nog gaan volg dit hier plaas. Rig dan julle cv’s met opskrif “CLEANING FRENZY” na die nommer. Die beste kandidate in hulle spesialis posisies sal gekies word ;) *eg*

Ek hou van houtwerk, ding is ek het dit nie op skool gehad nie, en eers n jaar terug met n groot bank vir 8 begin eksperimenteer, wat toe n groot sukses uit gedraai het. Nou bou ek kassies, vir myself natuurlik, maar dit gaan nie meer te lank wees voor ek die kombuis gaan oor doen nie. As man haat ek tuinwerk though, gelukkig is die anderhelf weer gaande daaroor. Dus maak ek naweke die kos en spit-spit sy in die tuin rond…

29 08 2008
Emil

EK stryk graag … eerlik. Maar hou nie van skottelgoed was nie! Daar is ietsie grillerig aan borde en koppies was.

30 08 2008
Krista

Ek was eerder skottelgoed . . . dit is my dink-tyd! Wasgoedwas is nie te bad nie, is net vir in- en uitlaai, maar ek stryk nie . . . gald nie! Lyfie het mos in die army geleer stryk!

(Ek moet dalk nie te hardop erken dat ek glad nie baie domesticated is nie . . . ek gaan lê eerder op die boed en boeklees tot die gevoel verby gaan . . . ) :wink:

30 08 2008
Krista

*glad*
*bed*

O gonna, ek dink ek moet nou eerder gaan lê, daai gevoel is weer besig om in miswalms hier om my kop te begin draai . . . miskien is dit dan eerder Klaasvakie se skuld, die sleg-spellery . . .

Lewer kommentaar