Mens kry so gevoel as iets gebeur wat jy nie verwag het. Dis nie verbasing nie, dis net so ‘n “gevoel”. Nie lekkerkry of blydskap nie, dis iets anders. So tipe van gevoel wat die woord “haai” sou gewees het.
Ek sit nou hier met so ‘n gevoel. Ek het nie noodwendig gedink die ding wat gebeur het gaan nie gebeur nie, ek het net nie gedink dit gaan gebeur soos wat dit gebeur het nie. Is ek kripties?
Dankie vir die oproep. Dankie vir die hulp. Dankie dat dit glad nie weird was nie en dankie dat ons pelle is. Ek waardeer dit.
Baie kripties. Maar tog verstaanbaar. ‘Haai!’
‘n Oproep kan ‘n mens se dag maak!
Kripties? Onverstaanbaar. Maar dis ok!
Ek kan nogal verstaan hoe jy voel want ek het ook al baie oor sulke oomblikke gedink, en soms gebeur dinge onder heel ander omstandighede en op maniere as wat jy gedink het dit sou.
Dis op ‘n manier amper soos om ‘n girl die eerste keer te soen, jy het ‘n vermoede dit gaan heel lekker wees maar jy weet nooit verseker voor dit nie gebeur het nie. En dan moet jy maar hoop dis nie weird of iets nie…