Ek het al baie moeilike goed in my lewe gedoen, maar iets wat ek gedink het sommer chop-chop gedoen sal word is besig om my grys hare te gee.
Dis regtig moeilik en verg baie moeite om tafel plasings vir die troue te doen. Ek het nie baie trougaste nie, waarskynlik in die omgewing van 60. (Effens van die onderwerp af: hoekom het mense so ‘n moerse fobie om te RSVP. Ja of Nee. Dis nie so moeilik nie). In elk geval. Eerstens het ek nie ‘n tradisionele bruidstafel nie, aangesien ek en Liefie nie strooimeisies of -jonkers het nie. Liefie se pa is reeds oorlede en dit sal half stupid lyk as ons tweetjies en my ma en pa en sy ma daar sit en tone tel. Ek kan nie waag om my broer en suster aan die tafel te sit nie, aangesien hulle klein kindertjies het en my sussie se kinders effens van ‘n handvol is. Liefie se suster en sy broer se vrou is nie juis die beste van vriende nie en so word nie lys van moontlike opsies korter…
Verder het ek nie ronde tafels gekies nie, maar vierkantiges en reghoekiges wat dan in verskillende kombinasies bymekaar gesit kan word. Sekere gaste kan net by ander gaste gesit word. Mens kan mos nie twee susters wat mekaar lank nie gesien het nie en ver gereis het om die troue by te woon skei nie? Verder is daar gaste wat by niemand anders pas nie. Dan is daar gaste wat so mooi bymekaar pas, maar as mens hulle bymekaar sit is dit amper te obvious. Ons het drie couples wat van Duitsland af kom. Dan sit ons nog met die Griek wat met ‘n Boerin getroud is, maar nie die Taal so lekker praat nie, maar mens wil die Boerin by haar pelle sit en om dan vir die Griek ‘n Engelssprekende “maatjie” te gee sit mens nog ‘n Engelse mens by die tafel, maar eweskielik is die situasie nou so dat al die plaasmense moet Engels praat en die een is ‘n skaapboer van De Aar wat glad nie die rooitaal mooi praat nie.
Dan nog besluit waar ek en Liefie moet sit en ons wil nie favourites speel nie en sekere mense dink nog dis ‘n groot eer om by die bruidspaar te sit. Ek oorweeg dit sterk om randomly vir sekere gaste rooi stickers op te plak soos hulle instap en dan later aan te kondig: “sal almal met rooi stickers asseblief by die bruidstafel aanmeld. It’s your lucky day!”.
Met die gemeet en gepas van name kom ek agter ek het ‘n eks boyfriend aan die bruidstafel laat opeindig en asof dit nie vir al my skoolpelle weird genoeg is dat ek ‘n eks boyfriend troue toe nooi nie, sit ek hom nog aan die hooftafel ook! Verder bring nie een van die gays partners nie of het hulle nie partners nie en ek wil nou ook nie ‘n pienk tafel skep nie. Dan onthou ek die dominee, fotograaf en haarkapper moet ook iewers sit. Ek kan seker ook nie die haarkapper en sy nuwe lover wat spesiaal vir ‘n dirty weekend kom om my hare te doen langs die dominee sit nie. Mens kan nie kinders van hulle ouers skei nie en hoe boring is dit vir ouers om aan tafel met ander ouers met kinders te sit? Dan kon hulle net sowel Spur toe gegaan het. Ons het ‘n enkele Muslim paartjie en my broer is so lief vir Osama jokes.
Daar’s min crossover gaste en daarby bedoel ek die wat mense in meer as een groep ken en dus as skakel kan optree. Van die min crossover gaste is ‘n Sjinese Mauritian wat Engels met ‘n swaar Franse aksent praat/
Dis moeilik se ek julle. Moeilik.

Wie sê wat