Stockholm snapshots

4 06 2008

Hierdie skip is tans op toer in die Baltiese see en doen aan by verskeie hawens

Foto’s!

Dis nie die beste in die wêreld nie (ek dink ek het op een of ander manier ‘n setting op my kamera verander, want deesdae lyk dinge nie meer vir my so lekker nie).

Lekker kyk, ek hoop julle kan uit die foto’s agterkom hoe mal is ek oor Stockholm!

 

 Twee foto’s van die “changing of the guards” by die Paleis. Die uitrustings is vir my belaglik!

‘n Ry tipiese “apartments”. Meeste van die woonstelblokke in Stockholm is in ‘n skakering van een van hierdie kleure geverf.

 ’n Huis naby die water – nie moeilik om in Stockholm te kry nie, want daar’s omtrent orals water! Die mense op die jetty eet lekker roomys.

 Houtbootjies. Die absolute hoeveelheid bote in Stockholm sal my altyd bybly.

 Die Stadsaal. Die drie goue krone is die simbool van Stockholm.

 ’n Vista van Stockholm (Baltiese see is sigbaar) geneem vanaf die televisie toring. Die bote is veerbote oppad na Finland.

 

‘n Straat in Gamla Stan, die ou stad. Die straatjies is nog baie nou en die huise het baie karakter.

Die kerk wat uitsteek is my gunsteling in Stockholm, ek’s mal oor die toring.

  


Aksies

Information

19 responses

4 06 2008
kaalvoetinireen

Daar is absoluut niks fout met jou foto’s nie!!! Stockholm is regtig baie mooi en ek sal beslis eendag daar ‘n draai wil maak. Ek hou veral van die ou geboue en die karakter. EK het ‘n Prof gehad wat gereeld daar gaan werk het en hy het altyd die mooiste foto’s teruggebring.

Dankie vir die blik op ‘n ongelooflike plek…

4 06 2008
René

/me sit in die hoekie en vee selfbejammerings traantjies af!

Nou wil ek ook BAIE graag Stockholm toe gaan! Dis onge-freaken-looflik baie mooi!!!

4 06 2008
boerinballingskap

Dankie dat ons deur jou lens na daai mooi wereld kan kyk. Hoe lyk dit dan so mooi sonnig? Het gedog Swede is net koud, bewolk en grou? Wys jou net hoe verkeerd mens kan wees.

4 06 2008
Reisiger

Stunning!! Ek kan sien hoekom jy moeilik van Stockholm gaan afskeid neem. Dis ongelooflik mooi!! Ek dink jy moet êrens in die toekoms vir ons bloggers ‘n toer reël na die Skandinawiese lande en dan’s jy sommer ons toergids. Hoe klink dit vir jou Jane?!! ;-)

4 06 2008
netjane

Ons het op die oomblik vreeslik lekker weer Boer, 25 grade, met sonskyn van 4 uur in die oggend tot na 10 in die aand!

Reisiger – ek’s in!

4 06 2008
Eendjie

Pragtig! Laat my dink aan Holland.

4 06 2008
Wipneus!

Fantasties, ek moet hierdie plek besoek….ek is versot op ou geboue ek skimp altyd by Nikita om vir my ou geboue te wys.

Daardie foto van die skip is baie, baie mooi!

Dankie NJ.

4 06 2008
Reisiger

Die son wat so vroeg opkom en so laat ondergaan was vir my vreeslik snaaks toe ons Europa die eerste keer besoek het! Ons het stokflou terug gekom want ons het watter tyd in die aand eers gaan slaap en was baie vroeg weer op oor ons niks wou mis nie!!

4 06 2008
René

Flip daai boot is mooi!!!!

4 06 2008
Pikkelik

Wow, die foto’s is stunning, maar daai guard se uniforms is nie net stupid nie, kyk hoe dikbek is daai ventjie… hiehiehie….

4 06 2008
Pikkelik

Amper vergeet ek, jy het huiswerk!!! :twisted:

4 06 2008
riaanoosthuysen

Dit is baie mooi

4 06 2008
Parenthesis

Sheer escapism! Thank you for sharing these with us – it brightened up a rather dreary winter’s day no end.

4 06 2008
Emil

Nog Bote!!!! Ek is ‘n Hollander – ek seil!!! Nog bote!!

5 06 2008
demoerin

Ai, jy sal maak dat ek nou dadelik my tasse begin pak!

5 06 2008
maeree

ah, hoe verlang ek nou! ek is twee jaar terug weg uit swede, maar rou nog steeds.

5 06 2008
Paula

Dit is pragtig daar!

5 06 2008
Dellie

Jou foto’s is stunning, man! Dankie vir die loertjie. :wink:

6 06 2008
Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak

[...] kon agteroor sit en ‘n PC-reisiger wees deur Stockholm, en terugsit en deel in die vreugde van ‘n nuwe baba RickyLouw, klein Mandla..o fok, sorry, [...]

Lewer kommentaar