6 grade is koud, 5 grader is kouer, 3 grade is onplesierig. 3 grade is veral onplesierig as die wind waai (soveel so dat mens nie hoef te loop nie, die wind dryf jou aan) en dit reën. Ek het locals in kortbroeke gesien.
Die land is pragtig! Die vistas verander vinnig en die swart strande (lava sand) fassineer my. Plek-plek is nog sneeu en tussen die sneeu is die Yslandiese perdjies en Yslandiese skape.
Die perdjies is vreeslik oulik. Mens kan hulle nie regtig ponies noem nie, maar hulle lyk eerder soos regte perde wat gekrimp is. Yslandiese perde is spesiaal omdat hulle ‘n vyfde “gait” het, maar ek weet nie genoeg van perde om verder te kan verduidelik nie.
Die skape is vreeslik snaaks en baie baie skrikkerig vir mense en karre. Engels het ‘n mooi woord vir die gedrag: “skittish”. As die skapies ‘n mens sien laat spaander hulle laat mens net wol sien trek. Sien seker bitter min ‘n mens. Ek, as ‘n stadkind seker, vind dit ook baie snaaks om die skape op die strand te sien rondloop.
Verder is daar ook padtekens wat mens waarsku teen robbe (die pad is nogal ‘n entjie van die strand/see af) en ek wonder nou of robbe so ver gaan “wandel”?
Ek oorleef die gedeelde badkamers, maar net. Alles is skoon en netjies en word goed gediens, maar as ek wil piepie wil ek piepie, nie buite die deur staan en trippel en wag vir iemand nie!
Onward en upwards! Lekker werk vir die wat so ongelukkig is. Hahahahahahahahahaha
Toe die loods die afkondiging maak dat dit ‘n lekker dag in Ysland is en toe byvoeg dat die temperatuur 11 grade is kom ek agter hoekom die eiland se naam Ysland is – die land waar dit koud is, selfs in die middel van die somer.
Liefie merk toe ook op dat Ysland in Yslandies Island heet, wat in Engels eiland lees, en Ysland is ‘n eiland en wonder toe sommer of daar ‘n verband is. (Ek dink hierdie string gedagtes tussen ons het gekom na ‘n paar aande van min slaap.)
Kort nadat ons geland het, het ons vinnig ingeval by die Duty Free om sjokolade en Haribo gummy bears te koop (my gunsteling). Ek praat nog lekker Afrikaans toe die kassiere terug in Afrikaans praat. Sy werk blykbaar net hier vir die somer en gaan dan weer huis toe.
Ons spring toe in ons spoedwa (en ‘n V6 teen R17/liter petrol is nie snaaks nie) en jaag Blue Lagoon toe. Man, maar dit was lekker. Warm water wat nooit koud raak nie, net nou en dan warmer. So melkerige ysblou kleur. Vir 2 ure daar rondgelê totdat ons behoorlik soos oumensies gelyk het, silica gesigsmasker opgesit en ontspan. Begin ‘n Hollandse omie toe met ons in Afrikaans praat, omdat hy in 1964 by Onderstepoort gestudeer het en toe leer Afrikaans praat het, maar intussen bietjie van die Afrikaans verleer het. Lyk my ek sal moet pasop vir Afrikaans in Ysland!
Die Blue Lagoon was ook vir my ‘n eye-opener. Gemeenskaplike aantrekkamers, (darem nie unisex nie!) en storte en so aan. En mens moet sonder jou swembroek stort voor jy in die water mag ingaan en daar staan ‘n tannie met ‘n besem en hou jou dop om seker te maak jy doen dit. Ek was heel bereid om dit te doen, aangesien die storte mooi modern met sterk watervloei was en mens kon die Jeyes Fluid ruik. Skoon. Oppad uit moet mens dan ook al die sout van jou lyf afwas en jou hare goed conditioner invryf, aangesien dit stokstyf staan. Effek van al hierdie stortery – vreeslik baie kaal vroue lywe.
Ek was laas in standerd 7 in L.O. klas tussen ander kaal vroue lywe. Ek gym nie, so word nie by die gym daaraan blootgestel nie. Ek weet mens is nie veronderstel om te kyk nie, maar as almal oral kaal is, waar moet mens kyk?
‘n Paar gedagtes:
1. Baie vrouens is glad nie skaam oor hulle lywe nie en sal so ver gaan as om in hulle evasgewaad voor klomp ander wildvreemdes hulle hare droog te blaas. Meisies sit ook kaal en hou lang gesprekke met wie ook al wil luister.
2. Baie vrouens het genoeg moed vir ‘n brazilian.
3. Klomp kaal vrouens saam gee regtig ‘n liquorice allsorts van tieties.
4. Tattoos op die linker bo-boud is gewild.
5. Die vrouelyf in al sy vorme is eintlik baie mooi.
Toe ons Reykjavik toe ry luister ons radio en hulle saai toe stukkies van Nelson Mandela se 46664 konsert uit.
Drie Suid-Afrikaanse gebeurtenisse in een dag – ek neem dit as ‘n teken van die Universe aan my, everything is going to be just fine.
Verskeie redes, op die oomblik hoofsaaklik omdat my hart seer is en dit lei tot ernstige blog blok vir my.
Verder kom die treklorrie ook môre en ek het nog ‘n rits goed om te doen, onder andere die res van die trou uitnodigings se linte vasplak en nadat ek gister my vingers aan alles vasgeplak het dink ek dit gaan vandag nogal stamina vat om nie my moer te strip nie.
Saterdag gaan ons Ysland toe en ek dink die gemeenskaplike badkamers gaan my verder tot stilswye skok. Meeste van die plekke het gratis internet en ek vat my rekenaar saam, so ek glo my hart sal sag raak en dan sal ek weer begin blog of fotos opsit, omdat ek julle so vreeslik mis as ek weg is.
Laastens moet ek ook dink aan ‘n make-over vir die blog, aangesien “Sweedse stories en ander nonsens” nie meer van toepassing gaan wees nie en somehow het “die lewe van ‘n fleksi-tyd prokureur” net nie dieselfde ring nie.
Intussen laat ek julle met die liedjie wat ek altyd op repeat sit en kliphard speel totdat ek die boodskap begin glo.
(Terloops, as ek môre weer blog wil ek niks hoor van die sogenaamde “blog vakansie” nie! )
Met die dat ons nou op pad terug is Suid-Afrika toe is dit my en Liefie se normale Sondag gesprek oor ons gebakte eiers of ons die regte ding doen. Wat anders kan ons doen? Hoekom doen ons dit? Is dit ‘n lewe wat ons nou hier het? Gaan ons weer ‘n lewe in Suid-Afrika hê?
Is familie en sonskyn en ‘n gemaklike lewe vergelykbaar met die houtgeruste manier waarop ons hier kan lewe? In restaurante merk mense hulle tafels met hulle handsakke terwyl hulle, hulle bestellings gaan plaas. In Suid-Afrika is daai handsak weg. Of oordryf ek? As Liefie weg is vir besigheid en ek hoor ‘n geluid hier draai ek om en slaap verder. Geen nare gedagtes flits eers deur my brein nie. In Suid-Afrika kom ek by die huis en sit die “beams” rondom die huis aan. Ek dink nie eers meer daaroor nie. En ek is nie ‘n bang mens nie. Hier het my permanente bewustheid van elke mens in my nabyheid vervaag. In Suid-Afrika is dit tweede natuur om elke mens, kar, beweging en ongeruimdheid waar te neem, soms onbewustelik.
Teenoor al die bogenoemde is daar die realiteit dat die land nie kan verbeter sonder sy mense nie. Ons is twee goed gekwalifiseerde individue. Ek glo die land het ons nodig, maar ai. In my brein draai daar tog die gedagte dat as ek meer as ‘n jaar kon uithou en nou eers lekker begin bly, kan ek mos maar 5 jaar ook uithou en die EU paspoort kry. Net vir daai agterdeur opsie. Ek wil nie so oor my eie land voel nie.
Ek luister toe vandag na hierdie liedjie van Creed en dit het vir my mooi by die politieke situasie in SA gepas, veral hierdie sin: “what if your words could be judged like a crime?”. Vir die vir wie die rock bietjie hard is, lees die woorde.
“What If”
I can’t find the rhyme in all my reason
Lost sense of time and all seasons
Feel I’ve been beaten down
By the words of men who have no grounds
Can’t sleep beneath the trees of wisdom
When your ax has cut the roots that feed them
Forked tongues in bitter mouths
Can drive a man to bleed from inside out
What if you did?
What if you lied?
What if I avenge?
What if eye for an eye?
I’ve seen the wicked fruit of your vine
Destroy the man who lacks a strong mind
Human pride sings a vengeful song
Inspired by the times you’ve been walked on
My stage is shared by many millions
Who lift their hands up high because they feel this
We are one We are strong
The more you hold us down the more we press on
What if you did?
What if you lied?
What if I avenge?
What if eye for an eye?
[Guitar Break]
I know I can’t hold the hate inside my mind
‘Cause what consumes your thoughts controls your life
So I’ll just ask a question
A lonely simple question
I’ll just ask one question
What if? What if?
What if? What if?
What If I?
What if? What if?
What if? What if?
What If I?
What if? What if?
What if? What if?
What If I?
What if? What if?
What if? What if?
What If I?
What if you did?
What if you lied?
What if I avenge?
What if eye for an eye?
Vrydag word my goedjies gepak en dan sien ek my besittings eers weer oor 2 maande terwyl hulle oor die see reis. Dis nogal ‘n vreemde gevoel.
Ek en Liefie het oor die naweek voor ons klerekaste gestaan en moes besluit wat ons dink ons sal dra as ons terug is in Suid-Afrika, sodat ons dit wat ons dadelik nodig het in ‘n tas kan pak om terug te vat.
Ek moes sommer net so uit die lug uit ‘n paar uitrustings bymekaargooi. Liefie het nie baie gesukkel nie, ‘n paar werk pakke in die tas gelaai en skoene en hemde om daarby te pas. 2 of 3 jeans vir oor die naweek en ‘n paar t-hemde en daar gaat hy. “If I need anything else, I’ll buy it”. Ek het vir ure gestaan en trippel en hmm en ha. 20 kg elk bagasie bring mens ook nou nie ver nie. En ek hou van “dress”. Ruil omtrent elke dag my handsak. En my skoen versameling! Ek troos my darem daaraan dat nie al my skoene saamgekom het Swede toe nie, so ek gaan weer kan kennis maak met ou bekendes terug in Johannesburg. So ek moes maar klere wat almal bymekaar pas inpak, kon geen “odd” kleure ingooi nie, want dan kort dit weer spesiale skoene of ‘n trui of iets. Dis erg om ‘n vrou te wees.
Hou in gedagte dat ons ook in hierdie 2x 20kg bagasie klere vir ‘n week in Ysland (koud), ‘n week in die suide van Swede (medium) en ‘n week in die suide van Duitsland (warm) moet hê, net om dan terug te gaan Suid-Afrika (koud) toe. O, en 2 slaapsakke.
Verder probeer ek vir oulaas my lewe hier uitsorteer en alles tot die minimum te sny. Ek wil nie met een ekstra till slippie trek nie, want dan moet ek dit weer aan die anderkant gaan uitsorteer en ek dink dinge gaan mal genoeg gaan. 1 Augustus begin ek weer werk. (O die pyngedagte!).
Ek moet ook ‘n kar koop en siende dat ek niks van karre weet nie, nie juis deur karre meegevoer raak nie en ‘n beperkte hoeveelheid geld het, gaan dit ook interessant wees.
Maar! Ek kan weer bad! Ek gaan weer ‘n Stephina hê! ‘n Tuin! Woolworths ready meals! Sonskyn!
Die pos het deur die voordeur geval en oudergewoonte het ek gaan loer wat aangaan. ‘n Sweedse brief wag vir my. Sweedse gebabbel, met groot woorde, maar my prokureursoog ken ‘n aanmaning as ek een sien. They look the same in any language.
Die uistaande skuld is 160 SEK. Dis net so oor die R200. Die invorderingskoste bring dit tot ‘n mooi 800 SEK. R1040. Vir die eerste keer sien ek die Sweedse woord wat waarskynlik wêreldwyd meeste in omloop is: Ombudsman. Ek moes geraai het dat daar ‘n nasionale invorderingsorganisasie is. Alles hier is baie “big brother is watching you”. Die skuldeiser stel ‘n invorderingsagentskap/prokureur aan en hulle verwys dan weer die saak na die regeringsinstelling. En elkeen tel hulle geldjies by.
Ek bel al die nommers (die skuldeiser, die invorderingsagentskap, die regeringsinstelling) net om seker te maak ek verstaan sake reg en om uit te vind waar de moer die oorspronklike 160 SEK vandaan kom. Vir 160 SEK gaan hulle hof toe, in die land waar ‘n 100 jou omtrent niks koop nie. Miskien twee lattés en ‘n danish.
In elk geval, ek land by die Sweedse weergawe van “your call is important to us” op, en begin verwoed knoppies druk. Die Sweeds wat ek so mooi elke dag verstaan vlieg by die venster uit as dit by call centres kom. Ek dink hulle kry die mense met die vreemdste aksente om die opsies te gee. So ek druk gewoonlik so patroon van 1-1-2 en hoop vir die beste. Vertel my hele storie vir wie wil luister net om hierdie sin te hoor (keer op keer op keer op keer) “uhm, I didn’t hear anything you said.” Dis nou as hulle nie so skrik om Engels te hoor en net die foon neergooi nie. So ek bel weer en begin met ‘n goeie Sweedse “Hej!” en spring dan met die Engels weg. Beter resultate.
Die 160 SEK is afkomstig van ‘n rekening wat ons laat betaal het. Omdat ons die rekening laat ontvang het, maar om ‘n Sweed te oortuig dat Svenska Post nie 100% werk nie is onmoontlik. Nou wonder ek maar net, hoe moet ek weet daar’s ‘n 160 boete vir laat betaling as hulle nie hierdie fooi in die volgende rekening vervat nie? Blykbaar moes ek net weet. Of dis die antwoord wat hulle my gee.
“Wat is my opsies”, vra ek. “Jy moet die brief teken om te sê jy’t dit ontvang”. “Erken ek meer as net ontvangs as ek die brief teken”, vra ek. Lang stilte. “Jy moet die brief teken.” Teen hierdie tyd wil ek al vir Johan/Anna/Maria/Erik opfok. “Is dit net die 800 op die brief wat betaal moet word, of het daar intussen nog koste opgeloop, ek wil betaal en klaar betaal”. “Wat het jy gevra, ek het niks gehoor wat jy gesê het nie”.
Ek dink dit gaan minder pynvol wees as ek net my kop herhaaldelik teen die muur stamp.
Toe ek vanoggend pannekoekdeeg aanmaak en die vanilla essence ingooi word ek met ‘n spoed terugverplaas na ‘n hele klomp plekke en gebeurtenisse. My brein het die herinneringe sommer so gekompakteer en ‘n mengsel van kerkbasaar, kinderpartytjies en verjaardagkoeke gemaak. Ek kon die cupcakes ruik.
In die ou dae, toe die eerste Mei nog nie ‘n vakansiedag was nie het ek altyd koek ingevat skool toe as ek verjaar. My ma het vir ‘n tuisnywerheid gebak en hou nie van sukkel nie. Sommer vroeg-vroeg met die lede self gereël om die koeke en koekies en rice crispy cones te maak. Ek het nie gespeel as dit my eetgoed kom nie, maar in my hart was ek nooit tevrede nie.
Reg deur laerskool was daar ‘n tweeling saammet my in die klas. ‘n Seun en ‘n meisiekind. Hulle het op die 24ste Maart verjaar. Hulle het elke jaar, vir 7 jaar lank (ek glo miskien in die Hoërskool ook, ek was net nie daar om dit te ervaar nie) ‘n roomyskoek gehad. ‘n DUBBEL roomyskoek, want hulle was 2. Om die roomyskoek afterond is die hele klas dan oor die naweek, gewoonlik op ‘n Sondag, na sondagskool, Wild Waters toe gevat. Dit was ‘n lang rit vir ons, regoor die stad en dan kon ons slides en super-tubes gaan ry en mal gaan, courtesy van die tweeling.
Wat is jou “motto”? Die vraag het my tussen die oë geslaan en ek kon eers nie antwoord nie. Gedink en gedink, heel demoerin vir myself omdat ek nie ‘n uitdruklike spreuk of iets het om my leefwyse aan te toon nie. Sommer gedink oor waar mens die eerste keer met leuses in aanraking kom.
My laerskool se leuse was “Nooit Terug”. ‘n Goeie leuse, maar mens kan ook nie so van die verlede vergeet nie, mens het wat jy leer nodig om vorentoe te gaan. My hoërskool se leuse was “Volhard”. Iets wat ek nou en dan onthou om te doen, veral as dit by nog ‘n rukkie langer slaap of nog ‘n hoofstuk in ‘n boek kom.
Toe tref dit my. Die leuse wat elke dag in my kop ronddraai, dit wat ek wil wees, wil doen, waarvolgens ek wil lewe. Dit wat ek (omtrent) elke dag nie regkry nie.
“Carpe Diem”.
Miskien as ek lank genoeg daarin volhard en nooit terug kyk op die kere wat ek daarin misluk het nie, sal ek dit tog regkry om die dag aan te gryp.
Ek dink ek is besig om ‘n verkoue te kry. Die nies-nies-nies is daar, die krapperige keel is daar. Ek wag in spanning vir verdere tekens. Om ‘n verkoue in die somer te kry is net nie reg nie. Om dit erger te maak kan ek nie bad nie.
In my lewe maak ‘n bad alles reg. As die wêreld vir my te veel raak klim ek in die bad. (Ek het ook al in die bad geklim sonder om water in te tap en net daar gesit, dit het my some how ook laat beter voel). As ek die dag nukkerig is weet Liefie al en sê hy sommer maklik “why don’t you take a bath angel?”. As ek klaar gebad het is daar nie meer warm water in die geyser oor nie. Ek lees in die bad, ek dink in die bad, ek vernuwe myself in die bad.
Ons Sweedse apartment het nie ‘n bad nie. Vir 14 maande lank stort ek al. Dis net nie dieselfde nie. Liefie het laasjaar vir ‘n paar maande in die suide van Oostenryk gewerk en ek het so vir weke op ‘n keer gaan kuier. Ek vermoed ek het net die hotel lewe aanvaar omdat ek 4 keer op ‘n dag kon bad.
Ek en Liefie bespreek elke nou en dan wat ons eerste gaan doen as ons terug is in Suid-Afrika. Biltong koop by Impala Slaghuis, ‘n sak vol kruidenierware koop en lag oor die prys, uitstrek in ons tuin, vinnig ry, fliek, fliek, fliek, Vida e Caffé toe gaan vir koffie en portugese vla tertjies, binne in die huis bly as die son skyn, want ons weet hy gaan môre weer skyn en so aan. My antwoord, bo al die res, is bad. Ek gaan bad en bad en weer bad en nog ‘n keer bad en as ons warm water op is gaan ek na my suster toe ry en daar ook bad. Want ek kan.
Wie sê wat