Posted by: netjane | May 22, 2008

Indringer spesie

Ek en Liefie kom gisteraand laat by die huis na ete saammet ‘n groep vriende. Ek staan in die badkamer en haal half traag my grimering af, dink by myself dat die afhaal van wat jy nounet opgesit het my pyn met make-up is. Dink toe aan hoe mens as 18-jariges moeg geparty sommer net in die bed geval het, niks make-up om af te haal nie. Toe sien ek iets in die spieël glinster. Ek maak dit toe af as ‘n “trick of the light”, maar die glinstering wil nie stop nie. Ek soek en soek. Dis ‘n haar. Ek skrik myself koud. ‘n Gryshaar!

Liefie word ingeroep om die saak te bevestig en die haar uit te trek. (Ek vermoed elke vrou wat haar eerste grys haar ontdek doen dieselfde) Hy lag en sê “You’re getting old!”. Toe hy sien dit was nie presies die regte antwoord vir die scenario voor hom nie, kyk hy verward rond en voeg by: “Don’t worry, it’s just a stray one”. Nou hoekom moet die haar op my kop kom verdwaal?

Ag hel. Ek gaan nou nooit weer in die spieël kan kyk sonder om te soek vir nog ‘n verdwaalde haar nie. Nou as die son op net so ‘n hoek val dat mens die lyntjies om jou oog in jou sonbril gereflekteer kan sien gaan ek fyn kyk vir die fyn lyntjies. Ek gaan aandag aan die revita-lift en ander liegstories wat die skoonheidshuise adverteer begin gee. Kinders sê vir my tannie.

*sug*

 

Responses

Whahaha - en jy noem MY oud!? Ek het ten minste nog nie een verdwaalde grys haar op my kop gekry nie en het geen doel vir revita-lift en al daai putty wat die cosmetic companies aan mens wil afsmeer (letterlik) nie!

Ek het gister amper ‘n “werkende jongmens” ‘n oorveeg gegee wat vir my kom staan en tannie noem!! Pffft :roll:

Onthou maar net altyd Janey - dis nie plooie nie - dis maar net lyntjies wat bewys : you’ve been there and you’ve got the lines to proof it! Leef-lyntjies wat geen geld kan koop nie!

Plooie maak gelukkig nie seer nie né!!!

Welkom by die klub :)

Ek het al die gryshare ophou tel en as ek verder uittrek gaan ek blos word :)

Kom ek bars gou jou bubble… as jy een grys haartjie uittrek, hou nature glad nie daarvan nie, en stuur 10 nuwes in sy plek… hehehe!

Soos Paula sê: welkom by die klub! :lol:

Daar is net een raad, glo my, jy sal moet aansluit by die buisiebrigade! Jip - Excelence is jou voorland…. :lol: :lol:

Toemaar, ek het ook al so paar strays gekry…ek pluk hulle vinnig uit! Ek se vir myself dis die son, want ek onthou jare terug toe my pa eendag van die army af teruggekom het was hy spierwit van so in die son wees…sy hare het toe darem weer reggekom maar nou is hy maar ‘n grysluis :-)

Ek laat nou my haarkleur uitgroei na al die jare en wonder hoekom die spul so vaal is… Binnekort is dit ek en die suurlemoene!

Ja nee die tyd het gekom, gaan lees maar daar by my eerste lyntjie inskrywing en natuurlik sal jy binnekort by die doggy parlour begin draai maak om jou haartjies te fix.

Toemaar Janie jy is nog jonk maak dit af as natuurlike High Lights :lol:

Met grysheid kom wysheid!

Dis psigo-simptomatiese van al die gesprekke oor oud wrd omdat jy mos ons almal gekry het om videos uit ons geboorte jaar te plaaas en daarmee saam verneem ons toe mos almal hoe die jare aangestap het en nou wonder jy hoekom daar skielik ‘n skamele verdwaalde gryshaartjie omduik - die skrif is aan die muur - jy’s nie meer 18 nie :wink:

Maar wees nie bekommerd nie - teen die agtergrond van ‘n wit troutrek sal niemand opmerk nie :grin:

Haai Emil - hoe klink dit vir my jy verlustig jou in my smart? ;)

:lol: @ Emil

Yep Jane, die wysheid bring grysheid ;-)

Ek hou van jou weergawe Sonkind - die wysheid bring grysheid. Inderdaad. :)

Welkom grys haartjie! Wag, ek kyk gou, nope, niks hier by my nie….. Thanks Studio International!

Dis vir my ook niks lekker nie. Onvermybaar, maar ek beveg dit met alles wat ek in die hande kan kry. Ydelheid, ek weet, maar ek hou nie net van boedel oorgee nie!

Ek raak bles. Regtig en daarvoor help geen dye nie.

Welkom by die klub! Ek verkies om myne platinum hare te noem. Moet nooit ‘n platinum haar uittrek nie- kyk net hoe lyk FW vandag.

Ek het te min hare om nog te wil uitpluk. As daar ‘n gryse is, moet hy maar NET daar bly, maar gelukkig het hulle nog nie kop uit gesteek nie. Die plooie het wel…

Leave a response

Your response:

Categories