Posted by: netjane | May 17, 2008

Is ek blogger genoeg?

Die Gestorwe Soldaat het die vraag gevra. “Is jy blogger genoeg?”. Blogger genoeg om wat te doen? By LitNet se nuwe blogs te gaan blog.

Ek het begin by Blogs24, geskuif Iblog toe en uiteindelik hier by WordPress opgeëindig. Ek is warm ontvang. Die bloggers hier is vriendelik, bemoedigend, interessant, soms lekker common, baie slim, tong in die kies, aspris, kwaai, hartseer, vol issues, maar altyd opreg. Hulle is my vriende. Ek praat met hulle oor my oggend koffie. As ek laat middag iets soek om my aandag af te lei is hulle steeds daar. In die aande maak ek ‘n draai voor ek gaan slaap.

Ek stem nie altyd saam nie met al die opinies nie, sommige blogs lees ek glad nie, soms lees ek skelm sonder om enige kommentaar te los, baie blogs lees ek getrou en raak sommer beneuk as die bloggers die dag nie iets post nie. In al my blog wandelinge is ek net Jane. Netjane. NetJane. Niemand anders nie. Nie iemand vreeslik invloedryk nie. Nie iemand met baie geld nie. Nie iemand wat altyd die antwoorde ken nie. Nie iemand hoogdrawend nie. Nie iemand wat altyd reg spel nie. Nie iemand wat die regte boeke lees, die regte wyn drink, die regte labels dra, die regte flieks kyk en in die regte sirkels beweeg nie. Nie iemand wat altyd ‘n vreeslike opinie oor iets het nie. Ek is net ‘n leser wat probeer skryf. Skryf oor dit wat ek voel en dink en ervaar. Skryf oor donker dae en die met baie sonskyn. Skryf oor goed wat ek onthou of wil vergeet. Skryf oor onbenullige sake en ander beseulagtige gebeurtenisse. En ek lees oor alles. En ek leer. Ek boer lekker op die WordPress plaas. Ek hou van my buurmense.

So is ek blogger genoeg? Om díe wat die “groot” stap na die sogenaamde “belangrike blogs” toe neem te ondersteun? Ja. Is ek blogger genoeg om te erken dis vir my te lekker hier om daaraan te dink om op nog ‘n plaas te gaan ploeg? Ja. Is ek blogger genoeg om my perke te ken en te aanvaar? Ja. Is ek blogger genoeg om die reuse van LitNet aan te vat? Nee wat, hulle kan maar op my turf kom fight. Ek laaik dit hier.

 

Responses

Ek hou van jou inskrywing. Ek wonder waar kry DGS die tyd om op so baie blogs te blog. Ek hou graag dop hoe hierdie Goliat en Dawid geveg ontwikkel. Ek sukkel om by meer as een post per dag uit te kom.

Die vraag is, hoeveel blogs kan ek ook per dag lees? Ek sal graag meer wil, maar tyd laat my nie toe nie. Moet nog iewers by my kantoor ook uitkom.

Ek’s met jou Jane. Die pseudo-intellektueles staan my in elk geval nie regtig aan nie… Ek was al by ‘n Litnet funksie en het my amper doodgelag vir die mense.

Soos Riaan tereg opmerk, waar sal ek die tyd vandaan kry.

EK het ook ‘n blog daar begin na aanleiding van Soldaat se post. Een ek sal sommer lekker in so paar bekgeveggies daar betrokke gaan raak…. net omdat ek kan!! :lol:
Hoop nie een van hulle het vir Riaan op die payroll nie, anders kry ek seker een van die dae nog ‘n briefie!! :???:

WordPress sal altyd my bloghuis bly, maar soms moet mens bietjie gaan reis, so ek dink DGS en DM (en ek ook), en wie ook al mag bykom, gaan net so bietjie reis daar in Litnet-land, maar dan kom ons altyd weer huis toe ;-)

Riaan: My grootste rede om nie nog ‘n blog te begin nie is omdat ek nie nog meer blogs kan lees as wat ek klaar doen nie! Veral nie as ek weer moet begin werk nie!

Hanlie: Right on! Of is dit nou write on? ;) Hou ek myself nou pseudo-intellektueel. Haha!

Da Mario: jy gaan g’n vir die bekgevegte nie, jy gaan vir die girls! :mrgreen:

Sonkind: Ons gaan julle mis as julle te lekker daar begin kuier - ons klomp hier by WP het maar sagte hartjies.

Blogger genoeg? Blogging beslis!

En wat is anyway “reg”?

Dit is amper al ‘n voltydse tydsverdryf om deur my blogroll te werk. Om self te blog, nog vir bosparra ook weekliks iets te doen, self te skryf, wyn te proe, my seun groot te maak, my vrou te romantiseer, werk, klasgee, kliënte sien …. Bliksem, ou Denis Waitley help my ‘n moerse hou: “Out of need springs desire, and out of desire springs the energy and the will to win.”

Ek is nog nie moeg nie en baie tempted om weekliks ook Litnet te tackle. Le wel, net tempted :wink:

Jy’s ‘n man met baie hooi op jou vurk Emil! Ek hoop nie jou lysie take is in orde van belangrikheid nie. ;)

Die bloggers moet my nie verkeerd verstaan nie -ek het niks teen diegene wat wel besluit om by LitNet te gaan blog nie, ek self het net nie die inspirasie nie en ook nie lus vir die perspirasie nie, maar ek was tempted.

Netjane, ek hou baie van hierdie inskrywing! Jou bek kort jem!

HEEEEEHAAAAA!!!!! Jip, ek sal daar by Litnet gaan lees wat daar te skryf is, maar self daar gaan blog, never…. hulle sal my vir brekfis opvreet. EN ek like my blog, EN ek maak nog my kinders ook groot, EN ek werk van die huis af, EN ek het wragtig nie nog tyd nie…. So NETJANE, ek bly maar NETHIER by jou, die uwe NETPikkelik :lol:

Ek stem met jou 100% saam. En WordPress hou my besig genoeg soos dit is. Ek het nie lus om my breins uit te brand of in mondelingse gevegte betrokke te raak nie. Ek’s happy net HIER!!

Nee ! Ek sukkel al genoeg. My Afrikaanse onderwyser het laat eed aflê dat ek nooit artikels of boeke sal skryf nie. Of ek opstel inlewer of nie ek het altyd net 50% gekry. Verder sukkel ek my vrek om gedagtes in woorde om te skakel. My verstand is in “hyper drive”, dan sukkel my kake nog om die woorde te vorm, dan praat ek nie eers van die hande wat moet skryf nie. Ek los dit maar vir die intelektuele “guru’s.
Ek sal maar lees!

Hoor Hoor! Jy sê die ding so mooi.
Ek kan baie dinge doen, maar ek doen nie die debat ding nie. Ek sal dit los vir die ouens wat kan. (maar ek sal graag gaan lees en “slim” word)

Netjane. Ek het vannaand oor presies dieselfde ding geskryf. Ek stem saam met jou.

Goed gesê!

My blogroll vat my ‘n groot klomp tyd om deur te draf, en ek het nog my ander blog op blogspot ook, ek het niks meer tyd nie. Ek gaan definitief nie blog lees opgee om op Litnet te blog nie, blog lees is vir my soooo lekker….

Al my gunsteling blogs is op wordpress. Maar verseker gaan ek al my mense lees op Litnet.

uh uh my tyd raak te min om my werk te doen :lol: Ons gaan nie eet soos ek rondspring tussen die blogs nie.

lol dit laat my soos ‘n indringer voel tussen al die wordpress blogs

ai.. kry ek myself nou jammer hehe

Goed gestel NetJane! Ek stem saam. Dis ‘n lekker plek die. Mens het anyway net soveel tyd beskikbaar. Mooibly.

Pikkie, stem saam met jou, bly NETHIER so dan is ek nou seker NETZee! :)

hahaha, ja, dit vat langer om deur die blogrolls te werk as om nuwe posts te skryf. Tog bly dit lekker en ek dink ek sal saam gaan lees en debatteer en so die ander soos DM en DGS ondersteun, maar self iets daar ook nog te doen sal ek my werk moet bedank…hahaha…en DM mens kan nie van Jack’s alleen lewe nie!

:lol: nee netjane, darem nie die volgorde van prioriteit nie. Maar mens sou baie daarvan op ‘n psigodinamiese vlak kon maak - vir hierdie een keer glo ek in toeval :wink:

Jy is steeds alliepad welkom hier! ;)

Goeie inskrywing … en ek stem saam met jou.
Lekker dag!

Aaaah, ek hou so baie van hierdie een sinnetjie van jou: “Ek is net ‘n leser wat probeer skryf”. Pragtig. Ek dink dis wonderlik dat mense wil skryf, maak nie saak wat hulle of ander van hulleself dink nie.

Moenie skrik vir LitNet nie.

Leave a response

Your response:

Categories