Waar is die dae?

15 05 2008

Ek weet nie presies hoe dit gebeur het dat my matriekafskeid foto die reis meegemaak het Stockholm toe en nie agtergebly het in ‘n boks in Johannesburg nie. Ek weet ook nie hoekom ek toegelaat het dat die fotograaf my in so ‘n belaglike posisie afneem nie. Ek weet ook nie wat met die tyd tussen toe en nou gebeur het nie, want ek voel nog 18.

Ek dink dis weer tyd vir ‘n tag. Wys julle matriekafskeid fotos toe! Selfs die scary 80’s fotos. (Veral die scary 80’s fotos!)

Ek tag vir Da Mario, René en vir die Soldaat (sodat ons kan sien of hulle nog altyd sulke hot stuff was!).


Aksies

Information

19 responses

15 05 2008
Parenthesis

Evil, evil – I can’t wait to see all those white suits and purple bow ties ;)

15 05 2008
Da Mario

Oi… ek weet nie eers waar my pics is nie!! Ek glo dis iewers by my Ma, en ek het nie ‘n scanner nie en en en… :D
Thanks vir die tag, ek sal bietjie gaan soek as ek weer eendag huis toe gaan…. ;)

16 05 2008
kaalvoetinireen

18 till I die sing Bryan Adams….ek staan daarby!!!
Gelukkig het ek nie sulke foto’s naby om te wys nie! Ek haat foto’s…voel altyd so half broderig en ek lyk ook soos een :lol:

16 05 2008
kaalvoetinireen

Ek kan altyd my kleinboet se foto’s post want die het ek actually op my rekenaar…don’t know why…

16 05 2008
demoerin

So ‘n grasieuse pose, laat my dink aan Queen Beatrice of iemand.

16 05 2008
René

Meisie – maar jy het pragtig gelyk jong!!

You’re ON girl!!! Kan nou nie verseker dat dit ‘n mooi prentjie gaan wees nie – maar ek sal die beste een uitsoek die naweek! Promise!!

Kom nou Da Mario – moet nou nie ‘n pissie wees nie – jy gaan darem seker nie terugstaan vir so ‘n “tag” nie??

16 05 2008
netjane

Ag nee man DM! Dan beter jy iemand anders tag voor ek jou gat skop.

Demoerin & Parenthesis: Net vir julle moeite om te comment het julle sopas ‘n tag gewen.

KVIR: 18 till I die – Ek hoor jou, ek het al lankal ophou ouer word…

René: Thanks! En dankie dat jy jou prentjies ook gaan wys… :)

16 05 2008
Emil

Ehehe! DM, verskonings! Kwansuis by jou ma – ek is seker daar hang een iewers teen ‘n muur daar by jou :lol:

Man, dis darem lank terug. Bryan Adams het toe nog net “Heaven” uit!

16 05 2008
Rustig

Kan nie eens onthou of ek matriek gedoen het nie. Lyk of jy by die Oscars was.

16 05 2008
Wipneus!

Pasop “Royalty” julle het kompetisie….. :lol:

Uhmmm ek is nie so braaf om my foto’s te wys nie…

16 05 2008
netjane

@ Rustig & Wipneus!: Ons Jo’burg poppies doen dinge in style ;)

16 05 2008
Pikkelik

Jy het tog so pragtig gelyk, so jonk, onskuldig en broos… Sweet!

16 05 2008
rosalindfranklin

Nou praat jy darem. Nice.

Ek pak nou die aand reg en kom op my matriekafskeidrok af, kan jy dit glo.

En toe pas ek hom aan om te sien of ek nog kan inkom. Die ritsluiter op die rug kon met so 15 cm nie toekom nie.

So my skouers is breer. Maar om my heupe en boude pas hy. Maar die ergste is dat ek in matriek gedink het ek is vet! Ai tog.Youth is wasted on the young.

16 05 2008
netjane

Ag Rosa, post vir ons fotos van die rok (jy hoef nie in dit te wees nie). Niemand wil saamspeel aan my tag nie!

16 05 2008
rosalindfranklin

Jou rok is regtig pragtig. Ek moet se dat dit presies die tipe rok is wat ek ook sou gekies het.

Klassiek en tydloos.

OK, natuurlik wag ek scan hom (die oorspronklike uit 1990) maar ek gaan my kop afsny. Gee my so uur af wat…:)

16 05 2008
rosalindfranklin

Die rok is op….LOL

16 05 2008
Parenthesis

I’d do the same, but have no idea where these photos might be. That was a long time ago ;0

17 05 2008
Die Gestorwe Soldaat

Oi, TagJane! Ek belowe met my hand op my hart dat ek wraggies nie eens een matriekafskeidfoto het nie! Zilch! Maar ek sal darem seker êrens iets soortgelyk kan opgrawe…

20 05 2008
…1996… « Woestynsand tussen my tone

[...] 20, 2008 at 10:44 am (Uncategorized) Hier is nou NetJane, soos [...]

Lewer kommentaar