F(r)okkerasies!

7 04 2008

Ek kuier vreeslik lekker en die troureëlings gaan voor die wind – die enigste GROOT UITSTAANDE KWESSIE is my trourok…

 

Hier is my paspoort storie (soos geskryf kort na die gebeurtenis!):

Outjies, ek tik hierdie terwyl ek nog in ‘n toestand van skok is (waar’s my Rescue Remedy as ek dit nodig het?) Ek land mooi by Heathrow, almal staan in die tonnel wat die vliegtuig met die gebou verbind en kan nie verder gaan nie want al die deure is gesluit en “alarmed”. Ek glimlag lekker, dink dat mense durf om Suid-Afrika ‘n derde wêreld land te noem en gaan toe maar aan.

Deur sekuriteit, en met die dat mens glad nie aan die mandjies waarin al jou persoonlike goed gescan word mag raak nie kan ek toe net aanskou hoe my paspoort tussen die silwer rollertjies deurval en iewers onder die scanning masjien land. Die wag merk dit nie op nie en loop weg. Ek gaan toe maar na die ander sekuriteit toe en vra mooi beskaafd dat iemand onder die masjien inklim en my paspoort vir my gee. Iemand doen dit toe ook. Geen paspoort. Ek bly kalm. Ek vra mooi dat as hulle nie dink my paspoort is hulle energie werd nie of hulle supervisor moontlik anders sal dink. Supervisor soek ook. Geen paspoort. Ek maak praatjies met al die ander mense wat hulle skoene weer aantrek terwyl ek hoop op ‘n mirakel.

Supervisor kom met die idee vorendag dat ek moontlik nooit ‘n paspoort gehad het nie en dus verbeel het dat die ding geval het. Ek vra hom (kalm) of die dames by die BA toonbank ook gedroom het toe hulle my paspoort nommer ingetik het net nadat ek op Heathrow geland het. Verder wonder ek toe ook (kalm) hardop hoe ek moontlik van Stockholm tot in London gekom het sonder ‘n paspoort. Supervisor sê hy dink ek moet my tas en handsak uitpak en dat hy my persoonlik sal frisk, want moontlik het ek eintlik die paspoort by my. Ons doen dit. Daar is nie ‘n paspoort nie.

Ek kon deurgaans kalm bly want ek het my nuwe paspoort met my nuwe Sweedse visa ook in my besit. (Geen idee hoekom ek die nuwe een ingepak het nie, die “ou” ene is nog geldig tot aan die einde van Augustus). Ek het natuurlik vir niemand gesê ek het ‘n ander paspoort ook nie, want dan sou niemand vir die ou een gesoek het nie. Toe dit uitkom dat ek ‘n nuwe paspoort het word ek met agterdog bejeën. Ek wonder weer hardop (nogsteeds kalm) dat ek meer geld kon gemaak het om my ou paspoort te verkoop as om dit eerder net randomly weg te moer en as ek sou besluit het om my paspoort weg te moer sal ek dit nie doen terwyl ek in transit is nie, maar nadat ek reeds die nuwe land binnegegaan het om sodoende refugee status te claim.

Supervisor kom tot die besef dat my paspoort deur die rollertjies geval het en in ‘n leë mandjie op die onderste conveyor belt beland het. Iemand anders het dus nou (sonder dat hulle dit weet, of miskien weet hulle, maar hou net daarvan om na my paspoort foto te kyk want hulle dink ek is sexy) my paspoort.

Teen hierdie tyd is my liggaam nog in skok mode, (“maar jy het nog ‘n paspoort!” hoor ek julle almal sê, ja, maar ek is ‘n girl en sulke goed onstel my) en ek is baie kalm. My penarie word ooral oor gewalkie-talkie en ek word begelei Customer Services toe. My nuwe paspoort nommer word by die sisteem ingevoer. Almal dink alles is reg en verstaan nie hoekom my onderlip bewe nie.

Ek vaar by WH Smith in koop ‘n sak vol tydskrifte omdat dit die enigste goed is waarop ek op daai oomblik kon gefokus het. Retail therapy. Ek sien dat my hande bewe. Ek koop water ook, maar weet dat ek eintlik net ‘n klomp drank wil hê.

Ek besluit om daaroor te blog.

Ek voel beter!

My enigste hoop is dat iemand my paspoort het, besluit om die ding te hou, my te Facebook en dan te poke. Happy ending and all that. Die waarheid gaan wees dat een of ander Nigeriese druglord (at best) of ‘n radikale islamiet (at worst) nou my paspoort het en dat ek van nou af jare se bollies by immigrasie gaan hê.

Ten minste het my tas gearriveer.


Aksies

Information

19 responses

7 04 2008
Da Mario

Whahahaha!!! :lol:

Jammer ek lag, maar ek kan net imagine. Ten minste het jy dit mooi kalm hanteer. En ek glo darem nie jy hoef te worry oor ‘n “radikale islamiet” nie, ek dink jou naam gaan nie mooi saam met ‘n baard en tulband nie… :razz:
As dit my paspoort was sou hulle waarskynlik gedink het dat die hissy fit wat Naomi Campbell daar gegooi het toe hulle haar tas verloor het ‘n Sondagskool teepartytjie was. :wink:
En ek is bly die retail therapy het gewerk en dat die land van Sonskyn jou goeddoen. :mrgreen:

7 04 2008
luca

your blog is beutiful… if you want you can visit mine on http://www.oscurosire.wordpress.com

7 04 2008
Roer

Ai, ek sou ook so lawaai het al het ek ‘n ’spare’ gehad. Sterkte!

7 04 2008
Louisa

Goeie genade! Ek sou ‘n vloermoer of note gegooi het as so iets met my moes gebeur. Die laaste paspoort waarvoor ek aansoek gedien het het amper 5 maande gevat om by my uit te kom. :-|

7 04 2008
hanlie

Kyk, ‘n reistog wat sonder voorval verloop is deesdae ‘n uitsondering! Ek is darem bly jy’s veilig hier, met bagasie en al!

7 04 2008
sonkind

Jy is ‘n lady, deur en deur. As dit my paspoort was, en ongeag of ek reeds ‘n ander, nuwe een in my besit gehad het, want dit gaan oor die beginsel van die saak, sou ek gesorg het dat Heathrow en Supervisor en sommer die res van die inkomende en uitgaande passasiers hierdie Suid-Afrikaner in hul dag des lewens NOOIT vergeet het nie.

Osama Bin Laden en die Two Towers en al daai sou soos ‘n Sondagskoolpiekniek gelyk het nadat ek my vloertamboer uitgevoer het. Al moes die Supervisor self deur daau gleuf klim, sou hy gesorg het dat ek iewers ‘n ander paspoort in die hande kry, soos in gister!

Jy beter hoop jy is nie intussen GETROUD met ‘n Nigeriese druglord of Islamiet nie!

8 04 2008
kaalvoetinireen

Ek sou ‘n eiland gebou het! Jy het dit baie goed hanteer, ek dink nie ek sou dit kon regkry nie… hopelik het jy nie verdere issues met jou verlore/geleende/gesteelde/gedeelde paspoort nie :-)

8 04 2008
Dellie

Hehe, skuus dat ek lag, maar jy beskryf dit so snaaks! :lol:

Darem bly alles het goed afgeloop en jy het nie jou bagasie verloor nie!

Lekker kuier, en sterkte met die trou reëlings. :wink:

8 04 2008
Pikkelik

Genade maar jy bly kalm, ek sal maar liewer nie weer travel nie… Bly jy is darem in 1 stuk!

8 04 2008
vygie

O allawêreld tog! Ek is niks goed met burokrasie nie. Dirk moes my al meermale wegsleep van een of ander toonbank terwyl ek hom smeek om my toe te laat om die persoon daaragter net een, NET EEN klap te gaan gee. Jy was merkwaardig kalm.

8 04 2008
platterfuss

Ek sou een ongefokkenlooflike tantrum gegooi het… uit prinsiep uit…. Hehehe!!!!!

Eish, en ek en Heathrow se ‘doane-mense’ het al hoeka ‘n stelletjie afgetrap!!!! So… maybe moet ek maar my tantrums vir ander lughawes hou! :-)

8 04 2008
Wipneus!

Wow, ons kan van geduld by jou kom leer!

9 04 2008
TristonJ

OOOO jine! Ek sou moord gepleeg het!

9 04 2008
Die Gestorwe Soldaat

Jy’s stil – is jou op honeymoon?? ;-)

9 04 2008
rosalindfranklin

Dis blerrie erg ek sou my gat afgeskrik het en dan gehuil het.
Of nog erger ‘n radikale islamiet besluit om met met jou te trou (sonder dat jy weet) en so die land binne te kom…dink net, mev. Aboedja.

10 04 2008
11 04 2008
boendoe

Ag nee, mens het dit nie nodig nie! Maar dis Murphy’s Law vir jou.

11 04 2008
duskant

He he dis nogals bad luck! Sterkte en ek admireer ook jou kalmte ;-)

12 04 2008
mykopop

Eish!

Lewer kommentaar